1949 - in die middelpunt van openbare belangstelling

Die "wonderdokter van Herford"

Die negejarige Dieter Hülsmann was reeds geruime tyd bedlêend. Hy het aan progressiewe spierdistrofie gely en nie een van die dokters en professore wat geraadpleeg is kon hom help nie. Nadat Bruno Groening hom oor die kind ontferm het, kon hy weer loop. Ingenieur Hülsmann, oorweldig deur die skielike genesing van sy seun, vra die gas om aan te bly. Hy wou nog ander siekes uitnooi wat deur die wonderman gehelp moes word.

Bruno Groening neem die aanbod aan en van dag tot dag kom meer en meer hulpsoekers. Meer en meer mense hoor van die wondergebeurtenisse rondom Groening. Dit duur nie lank nie, of sy naam is op almal se lippe. Koerante berig oor die "wonderdokter" en in die Britse sone word dit 'n daaglikse besprekingspunt. Duisende stroom na die Wilhelmsplatz en die mensemassa pak die huis toe.

Wilhelmsplatz 7 in Herford

Bruno Groening in Herford op die balkon van die huis op Wilhelmsplatz nr. 7

Manfred Lütgenhorst van die "Münchner Merkur" skryf op 24 Junie 1949 onder andere:

"Toe ek die oggend om 10:30 in Herford aankom, staan daar voor die tweeverdieping huis op die Wilhelmsplatz omtrent 'n duisend mense. Dit was 'n onbeskryflike beeld van ellende. Tallose verlamdes in rystoele, ander wat deur hulle familie gedra word, blindes, doofstommes, moeders met geestelik en fisies gestremde kinders, oumatjies en jongmans, almal drom saam en kreun. Bykans honderd motors, vragmotors en busse was op die plein geparkeer, almal het van heinde en verre gekom.

'Glo julle dat julle genees gaan word?' vra ek aan die siekes. Hulle knik. 'Jy moes gister hier gewees het', antwoord een. 'Mnr Groening was nie hier nie maar in Viersen in die Rynland, en hier voor die huis het vyf verlamdes opgestaan en gesond huistoe gegaan. Afstandsgenesing - die huis het hulle genees.' Die ander siekes bevestig dit.

'n Geneesde persoon in Herford 'n Geneesde persoon in Herford 'n Geneesde persoon in Herford

Ek gaan verder deur die skare en skryf hulle wonderlike vertellings neer. Dit alleen is genoeg om 'n boek vol te maak. Toe ek 'n sigaret aansteek, sê 'n jongman langs my: 'Verkoop asseblief vir my een!' Hy dra 'n uniformjas en lyk soos 'n teruggekeerde uit Rusland. Ek gee hom die sigaret. Hy steek dit aan en sê: 'Sien jy, ek kan alles weer self doen.' Hy beweeg sy regterarms en vingers en sy regterbeen. 'Is jy ook deur Groening genees?' vra ek. 'Ja, ek is in Rusland aan die regterkant verlam. Mnr Groening het my aangekyk en nou is ek weer volkome gesond, ek kan dit nog nie glo nie.' Vrolik swaai hy sy ledemate rond.

Die laaste hoop van tallose lydendes. Soekers na genesing in die Herford tyd

Ek loop na 'n groep wat om 'n blonde vrou van ongeveer veertig jaar geskaar is. 'Natuurlik', hoor ek die vrou sê, 'is ek ook deur mnr Groening genees. Ek het enorme maagsere gehad, het al maerder geword en kon van die pyn nie meer slaap nie. Ons was twaalf persone by Groening. [...] Hy het my aangekyk en skielik was dit asof die maagsere soos klippe na die grond val. Sedertdien het ek geen pyn meer nie, het begin om gewig aan te sit en die X-strale wat ek laat neem het, wys onteenseglik dat die maagsere verdwyn het. Ek het my beskikbaar gestel vir 'n mediese ondersoekkomitee. Ek kan julle verseker dat hulle stomgeslaan was!' Die vrou gaan voort: 'Maar dis nog niks. Die vorige week staan hier 'n blinde man voor die huis. Hy het 'n paar dae en nagte aanmekaar gewag. Omdat ek dikwels hier verbykom, het dit my opgeval. Ek het hom jammer gekry en hom uitgenooi vir ete. 'Nee', wys hy dit van die hand, 'Ek mag die oomblik nie misloop wanneer mnr Groening hier uitkom nie.' Toe bring ek vir hom broodrolletjies en sê vir hom dat ek sal sorg dat hy na die stasie geneem word. 'Ek het niemand nodig nie want ek sal alleen na die stasie kan stap.' En toe sien ek dit my eie oë. Mnr Groening kom en die jongman skree 'Ek kan weer sien!' Werklikwaar, die sluier is van sy oë gelig. Hy beskryf aan my die aktetas wat ek in die hand het. Hy sê: 'Daar ry 'n motor, en daar is die nommerplaat', en op sy eie kry hy die pad na die stasie. Al die omstanders het van vreugde gehuil.'"

'n Vloed van smeekbriewe in Herford

Versoeke om genesing in Herford

Dit duur nie lank nie, of die owerheid - veral die gesondheidsowerhede - begin hulle met die saak bemoei.

'n Ondersoekkommissie word opgestel en Bruno Groening word verbied om genesing te doen.

Geneesverbod'n Paar invloedryke dokters was sy verklaarde vyande. Hulle doen alles in hul vermoë om sy werk in die wiele te ry en eis dat sy genesende vermoë aan wetenskaplike toetsing onderwerp word.

Die werklike gesindheid wat agter die genesingsverbod geskuil het, word duidelik uit die volgende uitsprake van die betrokke medici: "Groening kan bewys wat hy wil, hy sal nie toegelaat word om genesing te doen nie." "Dit druis in teen die professionaliteit van dokters, om hulle met Groening in te laat."

Aan die einde van Junie moes hy Herford finaal verlaat. Alle pogings om die genesingsverbod opgehef te kry het skipbreuk gely

Die "fenomeen Groening" en die wetenskap

Ongeveer terselfdertyd begin mediese medewerkers van die tydskrif "Revue" om Groening se genesingswelslae te ondersoek. Prof. dr. H. G. Fischer, sielkundige en medikus van Marburg, reis met 'n aantal spesiale korrespondente na Herford. Daar voer hy onderhoude met mense wat genees is en moes tot sy verrassing vasstel dat Groening se "metode" inderdaad suksesvol was. Daarop besluit die "Revue" om saam te werk om 'n wetenskaplike verklaring te probeer kry van die "fenomeen Groening." In die universiteitskliniek te Heidelberg moes die "geneesmetode" van die "wonderdokter" ondersoek word.

Bruno Groening gaan akkoord met die voorstelle van Fischer want hy word 'n positiewe getuigskrif belowe as die ondersoeke goed afloop. Groening het gehoop om hierdeur 'n manier te vind om sy werk weer vrylik te kan doen.

"Revue", uitgawe van 14-08-1949
Oorspronklike persberig

Selfs "ongeneesbare" siektes soos Bechterew se siekte word genees.

Op 27 Julie begin die ondersoeke. Die persone op wie hy sy vermoë moet bewys, word gekies uit oor die 80 000 siekes wat smeekbriewe aan hom geskryf het. Daarby kom nog 'n paar pasiënte van die Ludolf-Krehl kliniek in Heidelberg. Hulle word almal sorgvuldig ondersoek voor die tyd en noukeurige diagnoses word opgestel. Daarna gaan hulle na Groening wat sy "metode" op hulle moet toepas. Daar was die hele tyd dokters teenwoordig. Hulle word getuies daarvan hoe siektes gedeeltelik spontaan verdwyn. Dit word na die tyd deur ondersoeke in die kliniek bevestig. Selfs ongeneesbare siektes soos die Bechterewse siekte word genees.

In die getuigskrif wat in die "Revue" verskyn, verklaar Prof. dr. Fischer uitdruklik dat Bruno Groening geen kwaksalwer is nie maar op 'n natuurlike manier 'n begaafde sielkundige is. Daardeur probeer hy om die "fenomeen Groening" vanuit sy sienswyse te verklaar sonder om billik te wees teenoor hom.

Die finale getuigskrif sou opgestel word nadat al die gebeurtenisse ondersoek is. Bruno Groening is belowe dat hy sy genesende vermoë weer vrylik sou kon toepas. Intussen maak die professore Fischer en Weizsäcker (onder wie se beskerming die hele onderneming gestaan het) aan Bruno Groening die volgende voorstel: Spesiale genesingsentra sou opgerig word waar hy saam met dokters moes werk. Leiding en keuse van pasiënte sou hulle vir hulself egter voorbehou. Hierop Bruno Groening se antwoord:

Die finansiële voorwaardes wat in hierdie verband deur Prof. F. aan my gemaak is, was vir my onaanvaarbaar. Natuurlik is heelwat besprekings hieroor gevoer, ook met mense wat die werk wou finansier. Ek kon my nie met die voorstelle van Prof. F vereenselwig nie en het dit van die hand gewys omdat ek  

  1. nie oor 'n enkele pennie geld beskik het nie en dus ook geen finansiële verpligting op my kon neem wat ek nie sou kon nakom nie;
  2. nooit daaraan sou dink om 'n besigheid uit hierdie plan te maak nie.

EDit was dus alles vir my 'n onmoontlike versoek. Buitendien wou ek net dit doen waartoe ek geroepe was: om hulpsoekers te help en my dus tot die beskikking van dokters en psigoterapeute te stel maar nooit daaruit 'n besigheid te maak nie."

Die weiering van Bruno Groening maak dat die professore belangstelling in hom verloor. Die beloofde getuigskrif word nooit gelewer nie. In plaas daarvan om dit vir hom moontlik te maak om sy werk vrylik voort te sit, word dit vir hom nog moeiliker gemaak. Tydens die ondersoeke word begrippe soos "behandeling", "pasiënt" ens. aan sy "geneesmetode" toegevoeg. Hierdeur was konflik met die wet op alternatiewe geneespraktyk natuurlik 'n uitgemaakte saak.

Die Traberhof

Na afloop van die Heidelbergse ondersoeke gaan Bruno Groening in Augustus 1949 na Suid-Duitsland. Hy wou ontkom aan die opskudding wat rondom sy persoon geskep is en het homself teruggetrek na 'n privaat landgoed by Rosenheim, naby München. Aanvanklik kon hy sy teenwoordigheid geheim hou. Nadat die eerste koerante egter oor sy aankoms berig het, het 'n massa toestroming gevolg.

Tot 30000 mense by die Traberhof in Rosenheim naby München in September 1949. Hier het groot massa- en afstandsgenesing plaasgevind.

Tot 30000 mense by die Traberhof in Rosenheim naby München in September 1949. Hier het groot massa- en afstandsgenesing plaasgevind.

Tot 30 000 mense het daagliks op die Traberhof by Rosenheim toegesak. Die pers, radio en nuusfilms het daaroor berig. Selfs 'n film is gemaak met die titel "Groening" wat die gebeurtenisse rondom hom gedokumenteer het.

In 'n spesiale uitgawe in die tweede week van September berig die "Zeitungsblitz":

"Zeitungsblitz", uitgawe nr. 1, begin September 1949
Oorspronklike persberig

Die Traberhof in Rosenheim naby München

"Intussen het meer as tienduisend mense versamel wat in bloedige hitte op die groot oomblik wag dat Groening op die balkon sou verskyn, met die menigte praat en sy genesende krag uitstraal. Dig opmekaar staan die mense saamgepak om die volle werking van sy 'genesende strale' op te vang. Gou begin die reaksies by die ernstigste siekes in hulle rystoele en drastoele te werk of by die alleenstaandes op die rand van die skare.

Weer begin halfblindes te sien, weer staan mense op wat voorheen nie kon loop nie, weer beweeg die verlamdes hulle stywe ledemate. Honderdes berig van verergerde pyne in die aangetaste dele, van trekkings, steke en krieweling, van 'n onbeskryflike 'gevoel van ligtheid' of van hoofpyne wat skielik verdwyn."

'n Onmiddellik geneesde man het geen rystoel meer nodig nie.Nie net by Traberhof het Bybelse tonele hulle afgespeel nie. Waar Groening ookal verskyn het was hy omring van ontelbare siekes. Anita Höhne beskryf die toestand rondom Groening in haar boek "Geloofsgenesers vandag":

"As Groening net maar sy koms aankondig, begin daar reeds pelgrimstogte. Tipiese tonele wat deur die joernalis Rudolf Spitz opgeteken is by so'n besoek van Groening in September 1949 aan München:

'Om 19:00 staan duisende in die Sonnenstrasse. Om 22:30 staan hulle nog daar. Ek het in vyf jare van oorlog baie meegemaak, nooit was ek egter meer getref nie as in die vier ure waarin ek regoor Bruno Groening gesit het en 'n ontsettende parade van ellende en lyding ervaar het. Epileptici, blindes, en verlamdes op krukke het om hom saamgedrom. Moeders het hulle verlamde kinders opgehou. Daar was bewusteloses, 'n geroep het opgeklink, daar was desperate hulpgeroep, smekings, wense, diep sugte.'

Siekes op draagbare, verlamdes en 'n groot mensemassa is waargeneem deur 'n ander joernalis van München, dr. Kurt Trampler, ook by die Traberhof by Rosenheim waar Bruno Groening destyds gewoon het. Trampler het as verslaggewer van die 'Münchner Allgemeinen' gekom - 'n nugtere joernalis wat slegs weergegee het wat hy self gesien en gehoor het:

'Van die balkon hoor ons 'n stem wat nie Groening s'n is nie, en haas ons na die venster. Die polisiehoof van München, Pitzer, is besig om die versameldes toe te spreek. Hy verklaar dat hy reeds jare aan heupjig gely het, wat nou in die teenwoordigheid van Groening beter geword het. Pitzer is beslis nie iemand wat homself aan hipersensitiewe verbeelding sal oorgee nie, maar wat hy self ondervind het, daarvan kan hy getuig. Nou gee hy openlike erkenning aan Groening en die CSU-afgevaardigde Hagen volg met 'n soortgelyke verklaring.'"

Ook die Beierse owerhede was Bruno Groening goedgesind. Die "Münchner Merkur" berig op 7 September 1949 onder die opskrif "Welwillendheid teenoor Groening":

"Die ministerpresident Dr. Erhard het op Maandag by 'n perskonferensie verklaar dat 'n mens die werking van so'n 'uitsonderlike verskynsel' soos Bruno Groening nie as gevolg van 'n paar paragrawe op papier moet laat skipbreuk ly nie. Volgens sy mening is daar geen groot probleme om Groening toe te laat om in Beiere te werk nie.

Die ministerie van binnelandse sake in Beiere het by ons terperse gaan bekend gemaak dat aanvanklike ondersoek van die aktiwiteite van Bruno Groening getoon het dat dit as 'n vrye liefdestaak beskou kan word en dus nie toestemming vereis onder die wet op alternatiewe geneespraktyk nie.

By die Traberhof het 'n groot geskarrel om Groening ontstaan. Daar was besigheidsmense wat uit sy vermoëns wou geldmaak. Hulle het sy naam en aansien skade aangedoen en 'n distansiëring van die owerhede veroorsaak.

Toe die toestande onhoudbaar word, trek Groening homself terug na die berge van Beiere. Hy wou 'n paar aanbiedings oor die oprigting van genesingsentra oorweeg. Dit was sy doelstelling om inrigtings daar te stel waar hulpsoekers op geordende wyse genesing kon ontvang. Dokters sou voor- en na-ondersoeke doen volgens die Heidelbergse voorbeeld en die genesings dokumenteer.