Nuwe rigtings en teenkragteSakemanne rondom GroeningEen van hierdie aanbiedings is gedoen deur Otto Meckelburg, 'n sakeman van Wangerooge. Uit dankbaarheid vir die genesing van sy vrou wou hy vir Bruno Groening help en lê aan hom konkrete planne voor vir die oprigting van genesingsentra. Bruno Groening gaan akkoord daarmee en Meckelburg word sy "bestuurder". Aan die einde van Desember gaan hulle altwee na Wangerooge. Hier spreek Groening byeenkomste toe wat deur Meckelburg gereël is en doen ontelbare gensings. Hy gee sy volle vertroue aan die voormalige konsentrasiekamp kommandant. In 'n beëdigde verklaring wat op 8 Januarie 1950 in Wangerooge uirgereik is, lê hy die toekoms van sy werk heeltemal in die hande van Meckelburg: "Mnr Groening verklaar sy ooreenstemming met hierdie planne van mnr Meckelburg en is verplig om sy persoon tot die bereiking van hierdie doel ten volle beskikbaar te stel. Hy sal alles in sy vermoë doen om die nodige ondersteuning te verleen aan Meckelburg by die stigting van die vereniging en die daaropvolgende aktiwiteite daarvan. Mnr Groening neem hierdie verantwoordelikheid in die teenwoordigheid nie alleen van mnr Meckelburg persoonlik nie, maar ook in die teenwoordigheid van diegene betrokke by die stigting van die vereniging met bogemelde doelstellings. Verder verbind mnr Groening hom daartoe om hierdie ondersteuning aan geen ander persoon of groep te verleen nie. Hy sal sy aktiwiteite beperk tot voordeel van die vereniging en slegs in ooreenstemming met mnr Meckelburg." Reeds in Januarie stig Meckelburg die "Vereniging vir die navorsing van die genesingsmetodes van Groening". Hy self word besturende direkteur teen 'n maandelikse salaris van 1000 DM. Bruno Groening ontvang geen geld nie. Dit blyk dat Meckelburg sy belofte nie nakom nie. Hy sien Groening slegs as 'n bron van geld en verwys spottend na hom as die "beste perd in die stal." Vir die siekes voel hy vere. Hy het Groening met 'n kontrak aan hom verbind en die "wonderhelper" moes doen wat hy van hom verlang. Eers teen Junie 1950 kon Groening homself van Meckelburg bevry, waarop laasgenoemde wraak gesweer het: "Groening sal ek nog vernietig, ek breek elke been in sy liggaam."
In die tyd wat hierop volg, hou Groening voordragte in die pension Weikersheim in Gräfelfing. Die joernalis dr. Kurt Trampler het hom ingeneem en die byeenkomste georganiseer. Hy het Groening reeds geken sedert herfs 1949. Destyds was hy verslaggewer van 'n Münchense koerant wat na die Traberhof gekom het en onverwags genesing ontvang het van 'n beenkwaal. Uit dankbaarheid skryf hy die boek "Die groot ommekeer" en tree namens Groening by die owerhede op. Net soos by Enderlin is die voordragte in Gräfelfing goed bygewoon. Ongelooflike genesings het plaasgevind. Dog ook die verbinding met Trampler was van korte duur. Op 'n dag het hy gedink dat hy nou genoeg van Groening geleer het. Hy het van hom weggebreek en begin om selfstandig as alternatiewe geneser op te tree. Bedrieërs toegelaatOor en oor het mense opgeduik onder die voorwendsel dat hulle Bruno Groening wou help. Baie was egter maar net geinteresseerd daarin om profyt uit sy vermoëns te maak. Hy het blykbaar 'n onweerstaanbare aantrekkingskrag vir sulke mense gehad. Wanneer hulle dan nie hulle doelstellings kon bereik nie of hy probeer het om van hulle weg te breek, het hulle dikwels met langdurige hofsake probeer om hom te dwing om hulle te betaal. So was daar byvoorbeeld mev Hülsmann. Nadat dit geblyk het dat sy niks geld uit Groening kon maak nie, kla sy hom voor die arbeidshof aan. Sy bereken die tyd wat sy haarself voorheen vrywillig aan hom beskikbaar gestel het as werksure en eis terugwerkende betaling daarvoor. Tot sy dood toe moes Bruno Groening haar maandeliks afbetaal. Dit was ook geen enkelgeval nie. Op hierdie of 'n soortgelyke manier wys baie van sy voormalige medewerkers hulle ware kleure. Waarom het Bruno Groening hoegenaamd hierdie sogenaamde helpers so naby aan hom toegelaat? Waarom het hy sulke "besigheidsmense" nie eenvoudig op 'n afstand gehou nie? In 'n voordrag op 31 Augustus 1950 in München laat hy hom hieroor uit:
"Wat mense tot dusver nie ongedaan kon laat nie was om te probeer om met hierdie klein man met sy kennis en vermoë geld te verdien. Hulle het geglo dat hier 'n goudmyn was. Hulle het ook gedeeltelik die moontlikheid gehad om geld te verdien maar kon goddank die geleentheid nie benut nie. Sulke mense moet daar ook wees, en weliswaar juis daarom om aan te toon wie die mens is, dat hy oor lyke sal loop en nie omgee of die siekes gehelp word of nie. Daar is mense wat oor lyke sal loop en die siekes eenvoudig sal laat linkslê. Hierdie mense het nooit daarvoor gevra nie, het niks ongedaan gelaat om in my nabyheid te kom nie. Ek weet die vraag het hier en daar opgekom, as die man dan soveel weet, hoekom het hy dit nie sien kom nie, miskien weet hy niks nie. Of en in welke mate ek iets weet sal julle nog later stuk vir stuk agterkom. Hierdie materiaal was juis nodig vir die ontwikkeling om vir julle almal die pad oop te maak." In haar boek "Hier ist die Wahrheit an und um Bruno Groening" ("Hier is die waarheid van en oor Bruno Groening") beskryf Grete Häusler die volgende gebeurtenis: "Toe ek eenmaal afskeid van Bruno Groening neem en hom alles van die beste toewens en s: 'Mnr Bruno Groening ek wens dat u slegs rus vir die werk sal vind en geen las van valse medewerkers sal hê nie', toe antwoord hy tot my grootste verbasing: 'Nee, heeltemal verkeerd, dit moet so wees!' Ek het dit destyds nie verstaan nie, maar hy het verduidelik hoekom hy dit alles moes doen en deurmaak. Hiermee het hy aan my 'n groot geheim openbaar: "Ek weet wat 'n mens in hom omdra. As ek egter vir die mense sou sê: 'Daar is 'n leuenaar, daar is 'n bedrieër, 'n dief,' dan sou niemand my glo nie. Wat moet ek doen? Ek moet hierdie mense na my toe trek, om hulle die goeie te leer, hulle tot ommekeer te bring en hulle dan die geleentheid te gee om te lieg, te bedrieg en te steel. As hulle dit dan nogtans doen, dan weet elkeen wie hulle is. Dan laat ek hulle na aan my kom, dan is ek nie bang nie, dan veg ek." Die eerste groot hofsaak
"Die hof vind dit nie toepaslik om die beskuldigde te veroordeel op die basis van eensydige deskundige getuienis nie. Of die aktiwiteite van Groening onder die wet op alternatiewe geneeskunde val is twyfelagtig omdat dit onder iets ressorteer waarvan ons vandag heeltemal te min kennis het." In die appèl is die uitspraak van onskuldig voorbehou maar die aktiwiteite van Groening is duidelik gedefinieer as synde geneespraktyk onder die wet op alternatiewe geneeskunde: "Die aangeklaagde het dus sonder permit en sonder om 'n dokter te wees, diagnose, genesing en verligting van siektes, lyding of fisiese skade toegepas, wat onder die wet as genesende aktiwiteit beskryf kan word. [...] Die aangeklaagde kan egter nie veroordeel word nie omdat hy weens die objektiewe aard van geneespraktyk 'n eerlike oordeelsfout begaan het en dus nie met voorbedagte rade opgetree het nie." Omdat die eerlike oordeelsfout wat Bruno Groening sou gemaak het, in die uitspraak genoem is, was dit ten spyte van die onskuldig bevinding 'n effektiewe verbod op sy geneespraktyk. Van hierdie tydstip af het Bruno Groening geweet dat sy aktiwiteite sou ressorteer onder die geneespraktyk soos vervat in die wet op alternatiewe geneeskunde en dus verbied sou wees. Die werklike inhoud van sy werk wat demonstreer dat sy werksmetode niks te doen gehad het met geneespraktyk in die mediese sin nie, is nie erken nie. Die Groening-pilleBruno Groening moes 'n nuwe manier vind om sy werk vrylik voort te sit. Hy wou op 'n wettige en geordende manier werk en alle konflik met die wet op alternatiewe geneeskunde vermy. Hy was selfs bereid om 'n eksamen af te lê om te gesertifiseer as alternatiewe mediese praktisyn maar sy aansoek is van die hand gewys om baie verdagte redes. 'n Goeie moontlikheid om tog die mense te bereik, was die aanbod van Rudolf Bachmann om 'n "biologies-dinamiese laboratorium" te stig. Bachmann wou volgens 'n ou huisresep uit kruie twee biologiese geneesmiddels "G 52" en "L 52" produseer, wat Bruno Groening dan sou laai met sy genesende krag. Bruno Groening het hierdie aanbod aanvaar en die preparate is werklik gemaak. Op 9 Junie 1953 berig hy hieroor: "Vir die vervaardiging van hierdie geneesmiddels was 'n allermodernste laboratorium tot my beskikking met 'n staf van wetenskaplike medewerkers. Volgens my voorskrif is reeds 'n hele reeks geneesmiddels vervaardig waarmee tot dusver ongekende sukses bereik is. Behalwe vir talryke dokters is hierdie geneesmiddels ook deur die universiteitskliniek van München getoets en gesertifiseer. Op grond hiervan het die Beierse staatsministerie 'n lisensie uitgereik vir die vervaardiging van hierdie geneesmiddels. Die farmaseutiese industrie het heelwat belangstelling getoon vir hierdie preparate: Buitelandse fabrieke wou die verspreiding oorneem en bekende firmas in die bondsrepubliek het aangebied om die resepte te koop." Later skryf hy oor die laboratorium preparate: "Mnr Rudolf Bachmann het in 1953 my die aanbod gemaak dat hy my en my werk daadwerklik sou ondersteun. Hyself, mnr Bachmann, het die middels vervaardig en wou daarmee, soos hy gesê het, vir my 'n finansiële basis verskaf, waardeur ek die geleentheid sou hê om my werk (genesingsentra vir hulpsoekende siekes) te finansier. Om vas te stel hoe die geneesmiddels wat deur Bachmann vervaardig is deur die mediese beroep beoordeel sou word, het ek in verbinding getree met die medikus dr. Höcht van München, wat my die vaste versekering gegee het dat die middels heeltemal aanvaarbaar was. Op grond van hierdie versekering het ek my naam verleen aan die laboratorium sodat dit as die 'Bruno Groening Laboratorium' bekend gestaan het. Mnr Bachmann wou hierdie preparate privaat vervaardig om die eenvoudige rede dat hy die groot- en kleinhandel aptekers nie wou ondersteun nie. Hiermee het ek nie saamgestem nie want ek wou dat die preparate net aan apteke gelewer sou word. Dit wou mnr Bachmann nie doen nie; hy was 'n baie ywerige sakeman." Ook Bachmann het geblyk 'n opportunis te wees wat net vir sy eie sak gewerk het. Hy het nie oor die goed toegeruste laboratorium beskik nie en uit die hele projek het daar weinig positiefs vir Bruno Groening gerealiseer. In teendeel: toe Bachmann kort daarna te sterwe kom, het hy groot skuld agtergelaat wat Groening toe namens hom moes terugbetaal. Hieroor nog 'n keer Bruno Groening self: "In die geheel wil ek dit net kortliks noem dat
Die Groening verbondOm ten spyte van die geneesverbod so veel as moontlik mense te bereik het Bruno Groening reeds aan die begin van die vyftiger jare plaaslike groepe gestig. Hier het hy van tyd tot tyd voordragte gelewer en alles daarvoor ingespan om sy leerstelling oor geloof aan hulpsoekers oor te dra.
As oorkoepelende organisasie stig hy op 22 November 1953 in Murnau/Seehausen die "Groening verbond." Die verbond moes as vereniging geregistreer word en Bruno Groening so wettige ondersteuning vir sy werk bied. Hierdeur sou verdere konflik met die wet op alternatiewe geneeskunde finaal verhoed word. Die bestuur van die Groening verbond het onder andere bestaan uit: graaf Zeppelin, graaf Matuschka, Anny barones Ebner von Eschenbach, argitek Hermann Riedinger en direkteur Konstantin Weisser met aan die begin ook Rudolf Bachmann as stigterslid, van wie die bond heel gou afgeskei het. Lewenslange president was Bruno Groening. Sekretaris vir die bond was die Heidelbergse joernalis en lektor Egon Arthur Schmidt. Hy was reeeds in Herford na aan die "wonderdokter" en het die vereniging "Ring van Bruno Groening vriende" gestig. Dit het egter nie opgetree soos Bruno Groening verlang het nie en is na 'n kort tydjie ontbind. Groening het hom destyds van Schmidt gedistansieer omdat laasgenoemde geldbydraes verduister het. In 1952 wend Schmidt hom opnuut tot Groening en verklaar dat hy sy dwaling ingesien het. Hy vra om toegelaat te word om weer by die opbou van die werk betrokke te wees en Bruno Groening neem hom weer as medewerker aan. So het Schmidt weer die geleentheid gekry om te wys of hy die welsyn van die siekes werklik op die hart gedra het of maar weer net in sy eie finansiële voordeel belanggestel het. In 1955 het Bruno Groening finaal met Schmidt gebreek angesien laasgenoemde nie sy gesindheid verander het nie. Hy het weer soos voorheen probeer om van die vermoëns van Groening te profiteer. Net soos mev Hülsmann van te vore, maak Schmidt ook 'n aantal dagvaardigings aanhangig teen Groening. Hy wou ook met terugwerkende krag geld vir sy vrywillige medewerking afdwing. Konstantin Weisser en Hermann Riedinger het gesamentlik bestuur van die verbond oorgeneem. Aan die eenkant was dit belowend want hulle het heelwat ondervinding gehad en hulle opleiding kon tot Bruno Groening se voordeel gebruik word. Aan die ander kant weer, was daar die gevaar dat hulle hulself verhewe bo die eenvoudige arbeider sou beskou en dus teen sy wil sou optree omdat hy nie tot dieselfde vlak as hulle opgelei was nie. Mettertyd het dinge inderdaad in hierdie rigting ontwikkel en was dit vir beide swaar om hulle enigiets deur Bruno Groening te laat voorsê. Hulle skyn te vergeet het dat die bond nie alleen die naam van Groening gedra het nie maar ook ter wille van hom bestaan het. Vir hulle word die bond al hoe meer 'n doel in sigself. Van sy eintlike doelstelling, naamlik om die noodlydendes te help, vergeet hulle heeltemal. Dit het gelyk asof hulle nie meer besef het dat die genesings deur Groening plaasgevind het nie en nie die bond nie. So ontwikkel die Groening bond alhoemeer in die teenoorgestelde rigting as waarvoor dit oorspronklik bedoel was. Vir die man wie se naam dit gedra het, word dit 'n gevangenis wat in plaas van hom vry te maak, meer beperk. |