Menings oor Bruno Groening"Vanuit meebelewenis en die diepe insig in die leer van Bruno Groening, die daaruit resulterende genesings en sy kennis vol wysheid, sy eenvoudige en godvrugtige aard, sy krag en sekerheid uitstralende persoonlikheid, veroorloof ek my om 'n mening uit te spreek: So klein van postuur as wat hy ook is, so magtig groot is hy omdat hy sy hele wil en unieke kennis vir die welsyn van die mensheid gee." Anny barones Ebner von Eschenbach :: "Ek het hom nooit as 'n kwaksalwer beskou nie. (...) Daar was by my geen twyfel nie dat daar kragte van hom uitgegaan het wat genesing in mense bewerkstellig het." Biskop dr. Hermann Kunst :: "Ek het hom leer ken as 'n man met die beste wil en absoluut suiwer bedoelings. Sy besondere vermoëns was vir my sonder twyfel; hyself is daarvan duidelik bewus." Dr. Wilhelm Beyer :: "Groening is nie 'n privaatpersoon nie maar iemand in wie se lewe duisende mense geïnteresseerd is, mense wat genesing ontvang het en nog duisende wat genesing van hom sou kon ontvang. Bowendien is hy die draer, een van die markantste draers, van 'n nuutverskene lewensidee. (...) Mens moet ook bedink hoe 'n mens die ontdekking van oerkragte, wat in die fenomeen Groening tevoorskyn gekom het, vir die bewussyn van die mensdom kan behou en hoe mens hierdie kragte kan benut, waardeur baie mense die so seldsame en wonderlike hulp ontvang het." Dr. Josef Gemassmer :: "Groening is 'n buitengewone fenomeen, wetenskaplik onverklaarbaar (...) Hy kan vergelyk word met Sokrates, Jeanne d'Arc, Ghandi en Albert Schweitzer omdat hy ook homself heeltemal vir die welsyn van die gemeenskap opoffer. Sy wonderbaarlike suksesse is so uniek, dat hy reeds uitgegroei het tot 'n historiese persoonlikheid. Opkomende generasies sal hulle met hom en sy werk besighou." Josef Hohmann, Hoof van 'n hoërskool, historikus en psigiese navorser :: "As Bruno Groening in bepaalde kringe volledig misken en verloën was, dan was dit eerder omdat hy aan sy tydgenote te eensydig voorgestel is. Sy eerlik bedoelde menseliefde was te veel na buite beklemtoon, ja, dit het sy eintlike, heel veelsydige wese oorskadu: dié van die Christen, die boodskapper en die verkondiger. Die kern van sy lewensinhoud en sy strewe was slegs aan min mense, te min, bekend." Hella Emrich, mediese dokter :: "Die fenomeen Groening het my as dokter in so'n mate geïnteresseer dat ek vir vele weke dikwels dag en nag aan sy sy deurgebring het. (...) Groening bied 'n raaisel vir ons dokters: Eerstens kan hy siekes met die ernstigste kwale, waaronder selfs blindheid – dit het ek self beleef – deur persoonlike kontak en die diepste konsentrasie in 'n kort tydjie genees of ten minste verligting gee. Tweedens kan Groening met wat hy noem afstandsgenesing, dieselfde resultate bereik, naamlik volledige genesing of aansienlike verbetering. Afstandsgenesings het ek ook beleef." Dr. Zetti, Algemene Praktisyn :: "Ongetwyfeld gaan daar van Bruno Groening 'n groot, voelbare krag uit en baie van sy suksesse grens aan dit wat mens in die volksmond 'wonderwerke' noem." Dr. Jens Bergfeldt :: "My vrou (...) was in die vyftiger jare swaar siek met bloedvinte. Allge pogings tot genesing deur huisdokter, spesialiste (my vader was 'n internis) (...) was vir baie jare onsuksesvol, net soos die boererate van biergis, pietersielie ens. Ons hoor toe van Bruno Groening deur vriende, wat my vrou 'n paar keer saamgeneem het. Met latere besoeke was ek ook teenwoordig, dikwels saam met ons huisdokter dr. R. Braumüller, in die klein kring van Plochingen. Ons persoonlike indruk was positief: eerlike bemoeiing, bereid om te help, goeie uitstraling. Na ongeveer twee tot drie maande was daar geen bloedvinte meer nie, my vrou was permanent genees." Prof. Dr. Rolf Gutbrod :: "Hy was een van daardie leermeesters van die mensheid, soos maar heel selde in ons westerse wêreld verskyn omdat in ons geïndustrialiseerde en in elke opsig oorversadigde tyd die mense nie meer rus vind vir besinning en inkeer nie. " Hermann Riedinger, Hoof bestekopnemer :: "Niemand kan ontken dat Bruno Groening reeds baie siekes genees het wat tot dan toe as ongeneeslik beskou is. Konvensionele kennis is gou om te verklaar dat dit niks buitegewoons is nie in soverre dit oor siektes gaan wat 'n psigiese oorsaak het. Waarom die konvensionele medisyne tot nou to so weinig sukses gehad het met hierdie behandelingsmetode, word egter nie gesê nie. Of is daar so min van hierdie gevalle dat mens liewer heeltemal daaroor swyg? Die 'nuwe geneesmetode' in Herford is in elkgeval die ophef werd wat daarvan gemaak word." Dr. A. Kaul, filosoof :: "Wat ek tot nou toe van Groening se geneessuksesse gesien het, spreek van die genesende krag van Groening, wat ek as 'n natuurfenomeen beskou. " Dr. Fr. J. Casaretto, leier van die Instituut vir Kliniese Sielkunde en Parapsigologie in Krefeld :: "In elkgeval behoort dokters en siekes dankbaar te wees dat daar weer so'n man soos Groening verskyn het en opslae maak. Op hierdie manier word die wetenskaplike gewete van die twintigste eeu wakkergeskud." Prof. Schultz-Henke :: "Geagte mnr Groening, in die 'Frankenpost' lees ek van u genesings en hofsaak. My oortuiging is: Die Here kan en het deur mense wonderbaarlike dinge volbring en na die berig glo ek in die waarheid van u genesings." Alois Reichenberger, katolieke priester :: "Natuurlik is die talryke berigte oor genesings deur Bruno Groening nie wetenskapllik verklaarbaar nie. Enkele sentrale begrippe soos die 'bonatuurlike Heilstrom'* is vir my nie verklaarbaar nie. Ek het seer seker respek vir die genesingsuksesse van Bruno Groening en wil nie probeer om bewysbare verklarings te konstrueer nie. " Dr. Johannes Horlemann, algemene praktisyn, sielkundige :: "Bruno Groening is sonder twyfel met geestelike genesende kragte begaaf en het buitengewone sukses met sy geestelike genesingsmetode. Hy het hierdie gawe ontvang,
Dr. Walter Lutz |