Voorbereidingstyd (1906 - 1948)Toe die koerante in Mei 1949 oor die "wonderdokter van Herford" berig het, het Bruno Groening reeds 'n lewensweg agter hom gehad, ryklik geseën met die vrugte van ervaring en hardgemaak deur die klippe van ontbering. Kindertyd en jeug
"Hier het ek God ondervind, in elke struik, in elke boom, in elke dier, ja selfs in die klippe. Ek kon orals urelank staan en peins - daar was eintlik geen begrip van tyd nie - en steeds was dit vir my asof my hele innerlike lewe tot in die oneindigheid gestrek het." Aan die wilde bakleiery van tydgenote neem hy nie deel nie. So is hy dikwels die voorwerp van kwaadwillige spot en word weens sy andersheid geslaan en bestraf. Mettertyd het daardie aspek van die wese van Bruno Groening herkenbaar geword wat hom later die benaming "wonderdokter" sou bring: in sy teenwoordigheid word diere en mense gesond. Veral tydens die eerste wêreldoorlog besoek hy dikwels die veldhospitale waar hy 'n welkome gas was. Die gewondes voel in sy aanwesigheid goed en vele genees. Siekes laat ook sy moeder roep om met die klein Bruno na hulle toe te kom. In die familie en vriendekring is die genesende werk van die seuntjie baie welkom. Bruno Groening skryf in sy lewensverhaal: "Reeds as jong kind is siek mense in my teenwoordigheid van hulle klagtes bevry, en kinders sowel as volwassenes het by opgewondenheid of rusie deur enkele woorde van my weer rustig geword. Ek het ook as kind tot die gevolgtrekking gekom dat diere wat gewoonlik as sku of kwaai beskou is teenoor my kalm en mak opgetree het. My verhouding met my ouerhuis was daarenteen vreemd en gespanne. Spoedig streef ek na volle selfstandigheid om uit die omgewing van die misverstand van my familie weg te kom." Jare van voorbereiding
"Verskeie kollegas van hom het my vertel dat 'n besondere kenmerk van hom was dat alles wat hy aangepak het, suksesvol was, of dit nou horlosies of radios was wat hy reggemaak het of as metaalwerker werksaam was. Hy het 'n besondere aanleg vir tegniese goed gehad. Hy was ook nie bang om die grofste liggaamlik swaarste werk te doen nie. As hawe-arbeider het hy dieselfde swaar werk gedoen as enige van sy medewerkers. Daarvan het hy geen geheim gemaak nie, dit het immers gehoort by die pad wat deur die dieptes loop om die hoogtes te bereik. 'n Ou Chinese spreekwoord lui: 'Wie nooit deur die moeras gaan nie, kan geen heilige word nie.' Daar is genoeg getuienis van vroeëre metgeselle, waarvan een my eers onlangs bereik het en waarin dit eenvoudig en sonder omhaal staan dat die skrywer, nadat hy vir 'n jaar saam met hom gewerk het, Bruno Groening onthou het as die bes denkbare en fatsoenlikste kameraad wat hy ooit gehad het." Op 21 jaar het hy getrou. Sy vrou het egter geen begrip vir hom gehad nie. Sy wou hom in die bekrompenheid van 'n burgerlike familielewe dwing en het die genesings afgemaak as onsin. Die seuns Harald en Günter wat in 1931 en 1939 gebore is, sterf albei op negejarige leeftyd. Alhoewel talle mense reeds genesing deur Bruno Groening ervaar het, het Gertrud Groening nie in die genesende krag van haar man geglo nie. Sy het die kinders nie aan hom toevertrou nie maar eerder aan die dokters. Konvensionele mediese behandeling kon hulle egter nie help nie. Die twee seuns is in die hospitaal oorlede, Harald in 1939 in Danzig en Günter in 1949 in Dillenburg. Vir Bruno Groening was dit swaar slae. Selfs jare daarna was daar nog trane in sy oë as hy oor sy seuns praat. So was die tyd tussen die twee wêreldoorloë vir hom 'n voorbereiding op sy latere werk. Hy moes menige bittere ervaring meemaak om die mens op alle vlakke van die lewe te kan verstaan en meegevoel met hulle nood te kon hê. In die tweede wêreldoorlog word hy opgeroep in die leër. Daar het dit tot wrywing gekom. Weens sy weiering om mense te skiet sou hy voor 'n krygshof moes verskyn. Op die ou end is hy tog na die front. Hy is gewond, was 'n Russiese krygsgevangene en kom aan die einde van 1945 as staatlose na Wes-Duitsland. Bruno Groening se gedrag in die oorlogtyd was gekenmerk deur sy begeerte om te help. Selfs aan die front benut hy elke geleentheid om tot diens te wees van sy kamerade of die burgerlike bevolking. In 'n Russiese dorp gee hy aan die hongersnood bedreigde mense toegang tot die leër se lewensmiddelvoorrade. Ten tye van sy gevangenisskap beywer hy hom om vir sy kamerade beter klerasie, beter kos en beter verblyf te kry. Talle mense wat aan die gevolge van hongersnood gely het, help hy tot genesing. In die verskrikking van die oorlog het hy niemand gedood nie maar tallose gehelp. In Desember 1945 word hy uit gevangenisskap vrygelaat en begin 'n nuwe bestaan in Dillenburg in die provinse Hesse en bring sy gesin saam. Nadat die tweede seun egter ook oorlede is en sy vrou hom wou verbied om sy helpende werk voort te sit, is hy van haar geskei. Hy het hom verplig gevoel om die genesende kragte waaroor hy beskik het aan die mense beskikbaar te maak. Hy het gesê: "Ek behoort nie aan enkeles nie, ek behoort aan die mensdom." Aan die begin van 1949 voer sy weg na die Ruhrgebied. Deur berigte oor enkele geneesdes kom meer en meer mense van Bruno Groening te hore. Hy trek van huis tot huis, steeds daarheen waar hy nodig was, waar siekes hom om hulp vra. So werk hy in 'n beperkte omgewing totdat hy in Maart 1949 die uitnodiging van 'n ingenieur uit Herford aanvaar om dié se seun te besoek. |