| Die een het in hom 'n wondergeneser gesien, die
ander 'n kwaksalwer. Die genesings deur hom gedoen het miljoene mense geskud.
Bybelse tonele het afgespeel: Lammes kon weer loop, blindes weer sien, dowes
weer hoor.
In 1959 is hy oorlede, maar die geldigheid van sy woorde: "Daar is niks
ongeneeslik nie, God is die grootste dokter" word tot vandag toe bewys deur
medies gedokumenteerde genesings.
Die wonder duur voort, duisende ervaar in die huidge tyd hulp en leiding deur
sy leer.
Bruno Groening: "Elkeen word sy eie dokter. Vertrou en glo, die goddelike
krag help en genees."
Bruno Groening bereik in September 1949 die hoogtepunt van sy werk toe tot 30
000 mense na die Traberhof by Rosenheim, naby München stroom.
'n Ooggetuie berig:
"Dit was die dae en nagte voor die groot
massagenesings van 9 September 1949 - Bruno Groening
self was in hierdie tyd onderweg na Noord-Duitsland, toe die eerste
afstandsgenesings onder die wagtendes plaasgevind het.
Onder die oorweldigende indruk van sulke gebeurtenisse het daar stadigaan 'n
verandering onder die siekes ingetree: Voor hulle oë was 'n krag aan die werk
waarvoor daar geen menslike verklaring was nie, en hierdie krag het hulp
gebring, waar geen mens meer kon help nie.
Toe Bruno Groening die volgende namiddag voor die hulpsoekers staan, vind hy
hulle soos nooit van te vore nie innerlik gelouter, gereed om die genesing te
ontvang. Vir amper 'n uur lank staan hy swygend voor die biddende menigte, besig
om hulle leed in hom op te neem en te verwerk. Terwyl hy dan die woorde van God,
die Vader van alle mense spreek, word Bybelse tonele verwerklik.
Siekes staan van hulle draagbare op, lammes gooi hulle krukke weg en kon
loop, 'n blinde kind kan weer sien, dankgeroep kondig meer nuwe genesings aan
wat uiterlik tog net gedeeltelik sigbaar kan wees. Nog lank daarna word nog
steeds nuwe genesings bekend wat in hierdie dae voltrek is of begin het.
Gereeld kom die Bruno Groening vriende in die vele plaaslike gemeenskappe
bymekaar om hulle daar gesamentlik op die ontvangs van die helende krag in te
stel. Hier word ook gereeld spesiale inleidingsvoordragte in die leer van Bruno
Groening gehou vir geïnteresseerdes en hulpsoekers. Daar word gewys hoe die
helende krag deur ooreenstemmende liggaams- en geesteshouding bewus in die
liggaam opgeneem kan word. Elkeen kan weer sy eie dokter word.
Alhoewel Bruno Groening in 1959 oorlede is, gaan die genesings voort.
Verbasende genesings vind plaas, ook van langdurige organiese lyding.
Bruno Groening: "Wie die hoë geluk het om sy gesondheid weer deur my terug
te kry, hy moet God telkens uit die diepste van sy hart bedank. Ek is slegs Sy
werktuig en dienskneg. My liggaam sal in die aarde gelê word maar ek sal nie
dood wees nie. As iemand my roep, kom ek en help verder. As dit sover is, sal
elkeen uit homself die hulp en genesing kan bereik."
Dokters van die Medies-Wetenskaplike Studiegroep (MWF) hou gereeld in vele
lande gratis inligtingsvoordragte oor die mediese bewysbaarheid van genesings op
geestelike wyse deur die leer van Bruno Groening.
Deur die kundigheid van die MWF kon daar in die laaste jare duisende
suksesberigte volgens die leer van Bruno Groening aangeteken en gedeeltelik
gedokumenteer word. Dit kon medies bewys word dat selfs die swaarste organiese
siektes heeltemal en permanent genees kan word. Die suksesberigte omvat die mees
verskeidene lyding, psigosomaties sowel as liggaamlik. |