Voorbeelde van medies gedokumenteerde suksesberigte van
Genesing van 'n aangebore proteïenverlies sindroom (intestinale limfangiëktasie)Raimund S. uit H.:Kort na geboorte het Raimund helder onwelriekende stoelgange gehad met edeem van sekere liggaamsdele. 'n Doktersondersoek het 'n duidelik verminderde bloedproteïen vlak (2,6 g/dl teenoor normale 7-8 g/dl) opgewys. Na verwysing na die hospitaal is daar deur monstername uit die dunderm 'n intestinale limfangiëkstasie vasgestel, 'n aangebore verandering van die limfaatstelsel van die derm. Die kind het as gevolg daarvan 50 maal meer as normaal proteïene in die derm verloor. Deur proteïen infusies en 'n spesiale dieet wat lewenslank volgehou sou moes word, kon die simptome vermy word. Die moeder het met 'n bekende die ernstige siekte van haar kind bespreek en dié neem toe sonder die wete van die moeder en kind die genesingskrag volgens die leer van Bruno Groening vir die kind op. Die genesing is op indrukwekkende wyse deur gereelde laboratorium kontrole van die universiteitskliniek in G. tot 1987 gevolg. Daar was 'n waarnemingstyd van 11 jaar. Die seun is verder gesond en het tot vandag toe geen spesiale dieet nodig nie. Die verloop van sake kan slegs verklaar word as mens die bestaan van 'n genesende krag aanvaar wat van mens tot mens oor afstande oorgedra kan word. Met suggestie deur buitestanders of outosuggestie kan 'n mens die genesing van 'n aangebore organiese kwaal sonder medewete van die betrokkene nie verklaar nie. Genesing van 'n eensydige verlamming na breinbloedingAnna K. uit W.:Na 'n breinbloeding in 1976 ly mev K. aan verlamming van die linkerkant. Geen terapeutiese behandeling het verbetering gebring nie. Toegerus met 'n beenspalk en 'n kruk was die swaar gestremde sedertdien aan die huis gekluister. 'n Toenemende neerslagtigheid as gevolg van die swak vooruitsig van haar persoonlike toestand lei in 1989 tot gedagtes van selfmoord. By hierdie genesing word die belangrikheid van objektiewe beriggewing deur die pers onderstreep. Op die dag van die beplande selfmoord ontvang mev K. 'n tydskrif met 'n berig oor die Bruno Groening Vriendekring. Net as gevolg van hierdie artikel neem sy nie haar eie lewe nie, maar maak kontak met die Vriendekring. 'n Geneesde persoon van die buurt verduidelik 'n klein rukkie later hoe sy deur die opneem van die genesende krag volgens die leer van Bruno Groening genees is. Voortaan neem mev K. ook op hierdie wyse die genesende krag op. Geen behandeling word toegepas nie, sy neem net tuis die helende krag op. Skaars twee weke later kon sy die kruk en beenstut wegsit en sedertdien benodig sy dit nie meer nie. Twee onafhanklike neuroloë bevestig in vakgerigte uitsprake die verdwyning van die verlamming. Genesing van chroniese poliartritisDagmar M. uit K.:'n Moeder van vyf kinders kry rumatiek wat deur die behandelende internis beskryf is as met 'n "ernstige kliniese verloop". Gewrigspyne en swelling, rumatiekknobbels en die aanvang van misvorming van die vingerbasisgewrigte lei ondanks antirumatiese terapie, tot steeds groter beperkings. Haar skoonmoeder en eggenoot moes steeds meer huishoudelike werk oorneem. Na kontak met die leer van Bruno Groening en die gereelde opname van die genesende krag, tree daar verbetering in. Dit is indrukwekkend dat daar gedurende die waarnemingsperiode van ses jaar daarna geen terugsinking was nie. Mediese gesproke is dit ook van groot belang dat die genesing nie alleen sigbaar aan haar liggaam was nie maar ook deur laboratoriumtoetse weerspieël word (CRP, Rumatiekfaktor, BSG) Genesing van hardhorendheid na skielike gehoorverliesJürgen B. uit H.:Hardhorendheid, veral van die linkeroor, lei mnr B. na 'n oor- neus- en keelspesialis. Met behulp van 'n oudiogram kon die gehoorverlies duidelik bevestig word. Die dokter raai mnr B. aan om onmiddellik 'n gehoorapparaat te kry. Mnr B. kon egter nie dadelik so'n besluit neem nie. Deur 'n kennis verneem hy van die moontlikheid van geestelike genesing in die Bruno Groening Vriendekring en gaan in Augustus 1991 na 'n byeenkoms. Daarna neem hy die genesende krag volgens die leer van Bruno Groening gereeld op. Reeds drie maande later beleef hy die genesing. Heeltemal onverwags kon hy selfs sagte geluide weer hoor. Kontrole deur twee onafhanklike oor- neus- en keel spesialiste bevestig op indrukwekkende wyse die herwinning van die 56-jarige man se gehoor. Tot vandag toe (na 'n waarnemingsperiode van 8 jaar) duur die genesing voort. Daar was geen verdere gehoorverlies nie. Merkwaardig in hierdie geval is die objektiewe bewys met behulp van oudiogramme. Genesing van ernstige spatare in beide beneMargarete M. uit A.:Jare lank ly mev M. aan spatare in beide bene. Die bene was dikwels geswel en pynlik na 'n kort rukkie se gestaan. Drukkouse het verligting gebring maar kon die voortgang van die siekte nie keer nie. Na kontak met die leer van Bruno Groening was daar binne 'n kort tydjie 'n verbetering in die swakheid van die bloedvate. Sy benodig geen drukkouse meer nie, kan sonder pyn lang tye staan en daar is geen swelling van die been meer nie. Hierdie genesing is indrukwekkend gedokumenteer deur 'n dubbele sonografiese na-ondersoek van die bloedvate in die bene. Die verwyding van die bloedvate as gevolg van bindweefsel swakheid kon met die mediese ondersoek nie meer waargeneem word nie. Medies gesproke het onherstelbare skade sigbaar verdwyn. |