Suksesberig
Genesing van jarelange verlamming aan die linkerkant na beroerte[1]
Anna K. (64) uit W.:
Na 'n beroerte aanval op 44-jarige leeftyd op 30 Augustus 1976 was my
linkerkant verlam. Ek was ses weke lank in die universiteitskliniek. Daarna is
ek na 'n ander hospitaal waar ek nog ses weke moes bly. Ek het infusies en
massering ontvang met terapeutiese gimnastiek. My linkerarm en linkerbeen het
nogtans verlam gebly soos vantevore. Die dokter het my daarop gewys dat ek moes
leer om voortaan met hierdie verlamming saam te leef. Na 'n verblyf van drie
maande in die hospitaal kom ek toe tuis. My man moes my volledige versorg: was,
hare kam, na die toilet sleep, in die bed sit. Bowendien moes hy die hele
huishouding oorneem omdat ek tot niks meer in staat was nie. Ek kon darem nog
aan tafel eet met my gesonde regterarm. Ek het gereeld massering en
elektroterapie ontvang wat ten minste daartoe gelei het dat ek twee tone kon
beweeg. Om self op te staan en te loop was ondenkbaar.
In die lente van 1977 was ek ten minste sover dat ek met twee krukke alleen
in die huis kon rondbeweeg. Daarby het ek die verlamde been agternagesleep omdat
ek immers slegs op die gesonde een kon loop. In 1978 was my toestand so ver
verbeter dat ek kleinighede kon kook. Ek kon met my linkerhand weliswaar 'n pan
vashou maar dit het dikwels gebeur dat die hand skielik 'n kramp kry, die pan
vashou en van die stoof af trek, waarmee ek my dan gebrand het. Vir verdere
huiswerk kon ek slegs sittend stryk of groente skoonmaak, vir die res moes my
man sorg. Met die massering het ek opgehou omdat dit geen genesing gebring het
nie.
In 1981 kry ek vir die verlamde been 'n plastiek spalk van die knie tot by
die bal van die voet omdat die voet altyd na links skeefgedraai het weens die
verlamming, ondanks die gebruik van krukke. Vandat ek die spalk gekry het, het
ek nog net die regterkruk gebruik. Met die loop het dit al beter gegaan. Ek kon
trappe klim met die slepende been. Om buitekant die huis of langer stukke te
loop was egter nie moontlik nie.
My man moes verder steeds vir die huishouding sorg. Die verlammingstoestand
het vir die volgende agt jaar onveranderd gebly - daar was nóg verslegting nóg
verbetering. Na die beroerte van 1976 het ek langsamerhand aan depressie begin
ly. Ek kon niks sinvols meer doen nie. Om sneeuvlokkies te tel, na voëls te kyk
en TV te kyk was my enigste aktiwiteite van die dag. Selfs my kleinkinders kon
my nie meer opbeur nie.
Sedert 1985 het ek nog aan slaaploosheid ook gely. Ek kon nie meer deur 'n
nag slaap nie. Soms het ek lank voor die TV gesit sodat die slaaplose nag nie so
lank moes voel nie. Ek wou nie slaappille neem nie. Loxomotil tablette is
voorgeskryf teen depressie, wat ek egter net drie maal geneem het aangesien ek
baie bang is vir verslawing.
Aan die begin van Oktober 1989 was ek geestelik wanhopig en het gevoel ek is
aan die einde van my kragte. Ek het gedink ek is 'n nuttelose wese en wou my eie
lewe neem. Ek het reeds die pille reggesit toe ek skielik die idee kry om eers
die posbus leeg te maak. Daar vind ek o.a. 'n tydskrif, "Die Zwei" wat ek in die
kombuis vinnig deurblaai en op 'n lang artikel oor Bruno Groening en geestelike
genesing afkom. Onmiddellik skakel ek toe mev Häusler, wie se nommer as kontak
moontlikheid gegee word en sy gee my hoop dat ek deur Bruno Groening hulp kon
kry. Na die telefoongesprek het dit beter met my gegaan en ek het in spanning en
hoop gewag op die inleiding tot die leer van Bruno Groening.
Op 11 Oktober 1989 word ek toe ingelei in die leer van Bruno Groening.
Reeds tydens die inleiding kon ek die Heilstrom* voel: my liggaam het warm
geword en ek het 'n sterk hoofpyn gehad aan die regterkant, dus presies op die
plek waar die bloeding 13 jaar vantevore was. Na die inleiding is die hoofpyn
weg, en ek het ligter as vantevore gevoel. Daagliks om 9:00 en 21:00 stel ek
myself in en beleef elke keer 'n aangename warm gevoel.
Op 19 Oktober 1989, agt dae na die inleiding, kon ek my genesing belewe: ek
lê op die kombuisbank vir 'n middagslapie toe ek skielik wakkerskrik met die
gevoel dat ek kan loop. Daarop staan ek op en stap deur die kombuis oor die
trappies na die tuin toe en stap daar rond, heeltemal sonder kruk, kierie of
spalk. My linkervoet kon ek goed neersit sonder om te swik, die been kon ek
willekeurig beweeg!
Ek kon dit skaars glo! Die verlamming in die drie tone was ook weg! Ek was
verheug! Toe my man by die huis kom, was hy ook aangenaam verras maar
twyfelagtig of die genesing sou hou. Hierdie twyfelgedagtes het ek egter
heeltemal geïgnoreer.
Op 23 Oktober 1989 is ek vir die eerste keer in dertien jaar weer alleen stad
toe, sonder kruk, kierie of spalk. Sedert 19 Oktober kon ek ook weer my eie
huiswerk behartig: beddens opmaak, kook, wasgoed ophang, skoonmaak, alles sonder
probleme. Alles wat ek vir dertien jaar glad nie, of beperk met baie moeite moes
doen. My eerste gemeenskapsbyeenkoms was op 27 Oktober 1989 in Fichtelberg. Ek
gaan gereeld na byeenkomste en ook na konferensies van die Bruno Groening
vriende.
Ek verheug my weer in die lewe en is aktief saam met my kleinkinders
(sleeritte, wandelings) en is weer vir hulle 'n vrolike ouma. Die depressie is
heeltemal weg, gedagtes van selfmoord ken ek nie meer nie en ook die
slapeloosheid het na die inleiding verdwyn. Meesal gaan slaap ek na die
Einstellen* om 21:30 en slaap deur tot 06:30. Ek is diep dankbaar vir 'n
nuutgevonde lewe.
Mediese kommentaar:
Breinbloeding ontstaan meesal deurdat 'n brein bloedvat bars as gevolg van
hoë bloeddruk. Die bloed dring die breinweefsel binne wat vernietiging van die
weefsel veroorsaak. Rondom die bloeding ontstaan 'n edeem deur bykomstige
vogophoping in die breinweefsel. Dikwels word die aangrensende breinmassa
verskuif of saamgedruk. Die ooreenkomstige simptome hang af van die plek waar
die bloeding plaasgevind het. Dikwels tree 'n hemi-parese (eensydige verlamming)
in. In die begin kan 'n duidelike verbetering van die neurologiese simptoombeeld
voorkom deur die terugsak van die edeem en die reabsorpsie van die bloed, maar
uitvalverskynsels wat jare lank geduur het, is nie in staat om te herstel nie,
omdat die betrokke breinweefsel definitief vernietig is.
By mev K. was daar op 29-08-1976 'n hewige pyn in die nek en later ook in die
voorhoof. 'n Dag later moes sy 'n paar maal hewig braak en het daarna
inmekaargesak sonder om weer te kon opstaan. Sy kon haar linkerarm en –been nie
meer beweeg nie. By opname in die kliniek is bevestig dat haar linkerarm en
–been verlam is. Die vog wat deur 'n lumbale punksie (onttrekking van rugmurg
vloeistof) verkry is, het swak tot middelmatige bloeding aangedui. [2] Met die
diagnose van
"interkraniale bloeding met hemiplegie links"[3]
is sy al op die tweede dag na 'n nabygeleë universiteitskliniek gestuur. Daar
is die diagnose van breinbloeding deur middel van rekenaargesteunde tomografie
(CAT scan) bevestig. [4]
Ten spyte van intensiewe behandeling was daar egter geen wesentlike
verbetering van die swaar verlamming nie. Mev. K. het 'n steunspalk en kruk
gekry en was sedertdien aan haar huislike omgewing gekluister. Vir haar was daar
volgens mediese maatstawwe geen hoop op genesing nie. In die daaropvolgende
dertien jaar het sy baie depressief geraak en selfmoordgedagtes ontwikkel. Op 4
Oktober 1989, sewe dae voor haar inleiding in die leer van Bruno Groening, word
haar mediese toestand as volg beskryf:
"Bene: regterbeen is in alle gewrigte voldoende beweeglik (...),
ligte spasma in linkerbeen, gewrigte passief voldoende beweeglik, dorsale
buiging van linkervoet onuitvoerbaar.
Beweging van linkertone: swak. Linkerbeen duidelik koeler as
regterbeen.
Kragvermindering in die hele linkerbeen, reguit gestrek kan dit slegs
effens opgetel word. Atrofie van linker beenspiere, verskil met regterbeen aan
die middel van die bobeen met 4 cm, aan die onderbeen met 2 cm (...)
Arms (...) beperking van rowwe krag in die linkerhand. Matige atrofie
van die linker armspiere."[5]
In die rapport van die neuroloog wat 'n na-ondersoek gedoen het ongeveer 'n
jaar na die genesing, staan:
"(...) in die omgewing van die lang bane was daar aan beide kante
geen verskil en geen parese nie." [6]
Onder "lang bane" word die senuwees verstaan wat die spiere van die arms en
bene bedien. Daarvolgens was die verlamming soos beskryf in die mediese
sertifikate van 1989, nie meer aanwesig nie.
Op 1 Junie 1992 het mev K. 'n ander neuroloog besoek. Ook hy kon met die
ondersoek geen tekens van verlamming van arms en bene vasstel nie. [7]
By 'n meting van die omtrek van haar bene aan die begin van Julie 1992, word
aangetoon dat die atrofie (spierdistrofie) van die linkerbeen soos beskryf in
die mediese sertifikaat van 1989 (sien hierbo) nie meer bestaan nie. Terwyl die
omtrek van die linker bobeen en onderbeen in 1989 onderskeidelik 4 cm en 2 cm
minder was as dié van die regterbeen [8], was daar by meting van beenomtrek in
1992 geen verskil meer nie. Dit is 'n verdere bewys van die nuut ontstane senu
herstel van die spiere na die genesing. 'n Verklaring vir hierdie verloop kan 'n
mens as dokter nie verstrek nie. Dit weerspreek elke mediese ervaring dat 'n
organiese verlamming wat meer as 13 jaar aangehou het binne enkele dae kon
verdwyn.
Verwysings:
A-MWF = Argief van die Mediese-Wetenskaplike Studiegroep
D-Hamburg/Hennef-Sieg [1] Suksesberig van mev Anna K., A-MWF [2] uit die
ontslagsertifikaat van die stadshospitaal in W. van 31-08-1976, A-MWF [3] sien
ook 2 [4] ontslagsertifikaat van 13-10-1976, universitetskliniek in E., A-MWF
[5] uit die mediese verslag van 09-10-1989 van superintendent dr. O. uit R.,
A-MWF [6] spesialis mening, dr. K., neuroloog te W., A-MWF [7] spesialis
mening, dr. G., neuroloog te W., A-MWF |