Suksesberig

Genesing van hardhorendheid na gehoorverlies[1]

Juergen B. (53) uit H.:

In my linkeroor het ek vir minstens vyf jaar 'n hardhorendheid gehad, wat eers mettertyd opgeval het. In my daaglikse lewe het dit herhaaldelik voorgekom dat iemand my aanspreek maar dat ek eers na herhaaldelike pogings gereageer het. Wanneer ek saam met ander mense TV gekyk het, het ek nie verstaan wat gesê word nie en moes vra dat die klank harder gestel word. My verloofde wat ek vier en 'n half jaar gelede leer ken het, het my herhaaldelik daarop attent gemaak dat ek tog na 'n oorspesialis moes gaan.

Toe ek dus in Mei 1991 uiteindelik na die oorspesialis gaan om 'n gehoortoets te laat doen, was die uitslag: skielike gehoorverlies met daaropvolgende hardhorendheid links. Die dokter het letterlik gesê:

"As u net hierdie oor gehad het, sou u omtrent niks kon hoor nie. By die volgende besoek moet ons praat oor 'n gehoorapparaat."

'n Vriendin het tydens 'n gesprek vertel dat sy iets het wat my gesond kan maak. So het ek bewus geword van die Bruno Groening Vriendekring. Ek kon my nuuskierigheid nie bedwing nie en op 07-08-1991 word ek in die leer van Bruno Groening ingelei.

Behalwe vir 'n vakansie kort nadat ek in die Vriendekring ingelei is, het ek gereeld die gemeenskapsbyeenkomste bygewoon. In die begin was my gehoorvermoë presies net soos dit was voor die inleiding. 'n Rukkie later, omtrent begin November, sit ek eendag by 'n kliënt en wag. Daar was sagte musiek in die agtergrond. Skielik val dit my op dat ek die sagte musiek heeltemal duidelik kan hoor, terwyl dit vir jare nie meer die geval was nie. Ek hou my linkeroor toe om te luister. Dan wissel ek die hand en hou die regteroor toe om te vergelyk. Die musiek was heel sag maar ek kon dit met beide ore ewe hard hoor!

Verbaas wissel ek die hande 'n paar keer, maar die resultaat was dieselfde. Die musiek het met beide ore dieselfde volume gehad. Toe weet ek dat ek my gehoor volledig teruggekry het. Dit was 'n wonderbaarlike gevoel.

Ek het nou die mediese bevestiging gekry. Ek het 'n nuwe gehoortoets laat doen en die dokter het my teruggevonde gehoor bevestig. Ek is vir hierdie genesing van ganse harte dankbaar.


Mediese kommentaar:

Klank wat deur die oorskulp opgevang word, word deur die buitenste gehoorgang na die trommelvlies gelei. Deur die druk van die geluid tril die trommelvlies. Hierdie trilling word in die middeloor deur die gehoorbeentjies op die sogenaamde stiebeuel oorgedra. Die beweging daarvan lei tot volume verskuiwings van die vog van die binne-oor. Hierdeur word 'n membraan wat deur die slakkehuisvormige binne-oor loop (basilêre membraan), in beweging gebring ooreenkomstig die binnekomende frekwensie van die klankgolf. Dit lei weer tot 'n prikkeling van die bepaalde sintuigselle wat met die gehoorsenuwee in verbinding is.

Daar is 'n onderskeid tussen hardhorendheid te wyte aan klankgeleiding en hardhorendheid te wyte aan klankgevoeligheid. Die oorsaak van klankgeleidende hardhorendheid is in die gehoorgang of in die middeloor, terwyl klankgevoelige hardhorendheid te wyte is aan beskadiging van die binne-oor of die gehoorsenuwee.

By mnr B. was daar 'n binne-oor hardhorendheid (klankgevoeligheidsdoofheid) van die linkeroor aanwesig wat deur die dokter teruggevoer kon word na 'n voorgeskiedenis van skielike gehoorverlies. Die gehoorverlies deur hom beskrywe is in die oudiogram van sy oor- neus- en keel spesialis dr. J. Van 21-05-1991 op indrukwekkende wyse gedokumenteer:

"Die gehoordrempel links was in die lae frekwensies tot 1 kHz by 35 dB gehoorverlies en het by 8 kHz afgeneem na 80 tot 90 dB gehoorverlies."[2]

Daar was ook, hoewel duidelik geringer, hardhorendheid van die binne-oor aan die regterkant:

"... regs vanaf 3 kHz afnemend na 50 tot 60 dB gehoorverlies."[3]

Die duidelike gehoorbeperking was ook opvallend vir mense in sy onmiddellike omgewing. Mev Uta Thielke sê in 'n beëdigde verklaring:

"Ek het mnr B. 4½ jaar gelede leer ken en het destyds gou vasgestel dat hy blykbaar aan ernstige hardhorendheid gely het. Dit was opmerklik dat hy, wanneer mens (ek) hom aanspreek, glad nie, of eers na herhaling gereageer het.

Dit was gereeld en in die mees verskillende situasies waarneembaar, veral wanneer mens aan sy linkerkant gesit het. Hy het my (en ook ander mense) gevra om tog harder te praat. Die TV en klankversterker was deurgaans baie hard gestel.

Vanaf ongeveer Oktober-November 1991 was die genoemde hardhorendheid nie meer daar nie. Sedertdien reageer mnr B. heeltemal normaal."[4]

Die werking van die genesende krag is ook in die ooreenkomstige oudiogramme wat mnr B. na sy genesing laat doen het, duidelik te sien. Hy het twee oor- neus- en keelspesialiste besoek. Dr. J. uit H. het 'n duidelik gehoorverbetering bevestig en dr. L. uit H. het bevestig dat hy normale gehoor vir sy ouderdom het:

"In die gehoordrempel oudiogram van 04-03-1992 lê die binne-oor prestasie tot 3 kHz by 10dB, daarna neem dit regs af met 30dB by 6 kHz en links met 40 dB by 6 kHz."[5]

Waar die gehoor van die linkeroor voorheen so verminder was dat mnr B. in die gewone spraakfrekwensies slegs harde gepraat kon hoor, kan hy nou selfs gefluister hoor.


Verwysings:

A-MWF = Argief van die Medies-Wetenskaplike Studiegroep D-Hamburg/Hennef-Sieg

[1] Suksesberig van Jürgen B. uit H., A-MWF

[2] Mediese verklaring van dr. J., Oor- neus- en keelspesialis uit H. van 23-04-1992, A-MWF

[3] idem.

[4] Verklaring van Uta T. uit U., A-MWF

[5] Mediese verklaring van dr. L., Oor- neus- en keelspesialis uit H. van 12-03-1992, A MWF