Suksesberig
Genesing van ernstige veneuse ontoereikendheid (spatare) [1]
Margarete M. (50) uit A.
Sedert 1983 het ek aan bloedvloei probleme in die bene gely. Weens 'n
aarswakheid is die bloed nie voldoende na bo getransporteer nie, wat 'n
aansienlike stuwing veroorsaak het. Met die verloop van jare het hierdie siekte
steeds erger geword. My huisdokter het 'n chroniese veneuse ontoereikendheid
gediagnoseer en drukkouse voorgeskryf wat ek daagliks gedra het. Dit kon egter
nie die vordering van die siekte stuit nie. Reeds na 'n kort rukkie se staan was
daar 'n amper onuithoudbare gevoel in die bene, asof dit uitmekaar wou breek. Op
warm somersdae was dit besonder erg, by hitte ondraaglik. In die aand was die
bene erg geswel. Ek het elke moontlike geleentheid gebruik om te gaan sit en die
been hoog te plaas om die pyn te verlig. My huisdokter het gesê dat hierdie
kwaal ongeneeslik was en dat ek moes leer om daarmee saam te leef.
In Januarie 1988 is ek bekendgestel met die leer van Bruno Groening en neem
sedertdien die helende krag op.
Na my inleiding in die leer van Bruno Groening het ek, behalwe vir kort
onderbrekings, 'n aangename warm gekriewel in beide bene gevoel. Vier maande na
die inleiding kon ek die drukkouse uittrek. Sedertdien dra ek nylonkouse soos
vroeër en normale skoene. Ek hoef nie meer die bene hoog te plaas nie en kan ure
lank sonder probleme staan. Die swelling het ook nooit weer voorgekom nie.
Mediese kommentaar:
Varikose (spataarvorming) word verdeel in primêre en sekondêre varise
(spatare). By mev M. Was daar primêre varikose. Hierdie siekte ontstaan deur 'n
bindweefsel swakheid en/of minderwaardige kleppe van die oppervlakkige are.
Behalwe vir operatiewe maatreëls bestaan daar die terapeutiese moontlikheid van
die permanente dra van drukkouse om verligting te bereik. Die drukkouse gee meer
steun aan die verwyde weefsel en verbeter so die bloed terugvloei. 'n Genesing
van die are is medies nie moontlik nie, aarklep ontoereikendheid en varise is
uit 'n mediese oogpunt onherroepelike skade. As die aarsiekte oor 'n lang tyd
voortduur kan dit lei tot aarontsteking en bloeding en swere aan die onderbeen.
Die gedagte om lewenslank met dik drukkouse rond te moet loop is sekerlik
bedrukkend. Meeste mense wat dit oorgekom het het geen idee van die beperkinge
wat die dra van sulke kouse meebring nie. Buitendien sal deur die
bindweefselswakheid met die ouderdom eerder 'n verslegting as 'n verbetering
kom, ten spyte van die dra van sulke kouse.
Operatiewe maatreëls sowel as die genoemde komplikasies is mev M. gespaar
gebly. Sy het aansluiting gevind by die deurgegewe genesende krag deur Bruno
Groening en 'n volle genesing ervaar. Die sterk spanningsgevoel in die bene by
weglating van die drukkouse, die voortdurende hooglê van die bene en toename van
die klagte by warmte – van al hierdie probleme is sy bevry en kon die drukkouse
wegsit. 'n Mediese na-ondersoek het die genesing bevestig. In die mediese
verslag staan betreffende die ondersoekresultaat van beide bene o.a.:
"'n Doppler sonografiese ondersoek van beide kante het geen
teken van CVI (chroniese veneuse insuffisiënsie) getoon nie. Geen uiterlike
varikose is waarneembaar nie, aarverloop drukpunte, sowel as tekens van
thrombose is negatief."[2]
Mediese gesproke is hierdie verloop van 'n teruggaan van 'n gemanifesteerde
veneuse insuffisiënsie nie verklaarbaar nie. Hier het 'n teruggang van 'n
onomkeerbare organiese struktuurverandering voorgekom. Dit is iets wat by elke
verantwoordingbewuste dokter groot belangstelling behoort te wek.
Verwysings:
A-MWF = Argief van die Medies-Wetenskaplike Studiegroep D-Hamburg/Hennef-Sieg
[1] Uittreksel uit die suksesberig van Margarete M., A-MWF
[2] Mediese sertifikaat van dr. B. uit A. van 19-09-1991, A-MWF
|