Suksesberig

Genesing van 'n aangebore defek van die dunderm en proteïenverlies sindroom (intestinale limfangiëktasie)

Raimund S. (14) uit H.:

Christel S. (51) berig oor die genesing van haar seun Raimund: [1]

Ons het 'n moeilike tyd deurgemaak maar ons is daardeur. Ons seun Raimund is op 22 09 1983 gebore en vir vyf maande, terwyl ek hom self gevoed het, het dit goed gegaan. Toe begin dit: die ooglede was vol water, sy stoelgang was oormatig, wit en onwelriekend.

Die dokter het nie geweet wat hom makeer het nie en hy is in die hospitaal opgeneem. Dit was 12 Maart 1984. Daar is vasgestel dat hy 'n proteïen tekort het. Dit was egter nie duidelik hoe die proteïen verlore gegaan het nie. Na drie weke het die ondersoeke getoon dat Raimund 'n afwyking van die limfatiese stelsel in sy dunderm gehad het. Daardeur het die proteïen verlore gegaan. Wat egter die ergste was, was dat Raimund feitlik geen natuurlike immuniteit gehad het nie. Dit was so min dat die dokters nie geweet het wat om te doen nie.

Die hopeloosheid van die situasie wat my in die hospitaal meegedeel is was vir my verpletterend. Ek is vertel dat my seun nooit soos sy broer sou kon speel nie. Ek moes daarmee verlief neem en my lewe daarvolgens inrig.

Raimund word toe oorgeplaas na die universiteitskliniek in G. Die professor het my wel hoop gegee maar op my vraag: "Sal my kind ooit gesond word?" gee hy onomwonde te kenne dat ek nie op genesing kan reken nie, en dat die kind op 'n lewenslange dieet sou moes gaan om aan die lewe te bly. Ek kon en wou dit nie aanvaar nie en het gehoop op 'n wonderwerk.

'n Kennis aan wie ek my vertwyfeling meegedeel het, sonder dat ek geweet het dat sy van die Bruno Groening gemeenskap was, het sonder my medewete saam met ander vriende van die gemeenskap hulle ingestel om die genesingskrag vir my en my seun op te neem.

So het alles toe anders verloop as wat die dokters voorspel het. Alles het reggekom.

Die dieet wat Raimund vir sy lewe lank moes volhou, het ek vanaf Mei 1984 stukkie vir stukkie vervang met normale kos. Sedert die einde van 1984 eet hy heeltemal normaal. Ten spyte van die dokters se voorspellings het daar nie meer enige siektesimptome voorgekom nie.

Toe my kennis my uiteindelik aan die einde van 1984 van die leer van Bruno Groening vertel, het ek dadelik gevra om voorgestel te word, omdat ek deur my seun se genesing reeds oortuig was van dit wat gesê is.

My kind is nou dertien jaar oud en heeltemal gesond. Hy speel met sy broer en eet alles.

By al die na-ondersoeke in die volgende jare het ek aanvanklik nie vir die dokters gesê dat Raimund nie meer op die dieet is nie. Die proteïenwaarde, die immuniteit, alle metings het gestyg en op normale vlakke gebly. Toe ek die moed bymekaarskraap om die dokters te vertel dat ek die dieet lank gelede reeds gestaak het, kon hulle nie glo dat Raimund ten spyte van al hulle voorspellings ten volle genees is nie.

Hoe dankbaar my man en ek vir hierdie groot geskenk is, kan nie in woorde uitgedruk word nie. Raimund was altyd so bleek soos 'n laken. Die oë was dof. Nou straal sy oë, hy het rooi wange en staan niks terug vir sy broer nie.


Mediese kommentaar:

Deur 'n dunderm biopsie (monsterneming uit die dunderm) is by Raimund S. Op 6 maande oud 'n diagnose van intestinale limfangiëkstasie histologies vasgestel. [2] Hierdie siektebeeld is gekarakteriseer deur verspreide proteïen verlies deur die derm, 'n vermindering in die bloed proteïenvlak met wateropbou in die weefsel (edeem) en 'n vermindering van die limfosiete en immunoglobulien in die bloed (proteïene wat verantwoordelik is vir weerstand teen infeksie). Morfologies is dit veroorsaak deur 'n aangebore afwyking van die limfvatstelsel in die derm. Die laboratorium metings van April 1984 wys duidelik in watter bedreigde toestand die kind as gevolg van hierdie siekte was. Die totale proteïen was met 2,6 g/dl [3] (normaal is 7 0 8 g/dl) baie laag, soos ook die immunoglobulien G (IgG) van 34,1 mg/dl [4] (normaal is 190 – 860 mg/dl).

Die groot omvang van die defek word deur nog 'n spesiale toets duidelik waarin die hoeveelheid liggaamsproteïene wat deur die derm verlore gaan, vasgestel kan word. Soos uit die finale verslag ná die binnepasiënt behandeling van Raimund in die universiteitskliniek van G. op 6-05-84 duidelik word, kon in die chroom-51 albumientoets gewys word dat Raimund 52% van die binne-aarse toediening van chroom-51 gemerkte albumien binne slegs vier dae verloor het. [5] Die normale waarde lê onder die 1%! Sonder behandeling sou Raimund by verdere verlies van proteïen in die derm spoedig nie meer lewensvatbaar gewees het nie. Tydens sy verblyf in die hospitaal is die kind binne-aars met proteïen gevoer maar op die lange duur sou die enigste terapeutiese maatreël 'n spesiale dieet wees.

Hierdie baie streng dieet kon mev S. as moeder nie konsekwent deurvoer nie. Reeds 14 dae na sy ontslag uit die universiteitskliniek, begin sy weens medelye met haar kind, wat geen siekte simptome meer vertoon het nie, stadigaan die dieet met verbode voedsel te vervang. Aangesien Raimund die kos so goed verdra het, ten spyte van die mediese prognose, voer sy hom sedert die einde van 1984 heeltemal normaal, sonder om die dokters by die gereelde kontrole daarvan te vertel. Aangesien sy die na-ondersoeke as buite-pasiënt gereeld laat doen het, kon mens die verloop van die proteïenwaardes in die bloed sowel as die immunoglobulien oor amper twee jaar noukeurig volg.

Raimund was van 12-03-1984 tot 05-04-1984 in die hospitaal op K. en is op 05-04-1984 na die universiteitskliniek in G. oorgeplaas. Daar is hy tot 27-04-1984 as binnepasiënt behandel. Die eerste buitepasiënt kontrole het op 08-06-1984 plaasgevind. Dan volg verdere afsprake op 19-10-1984, 28-11-1984, 20-02-1985, 27-06-1985, 25-11-1985 en 29-01-1987.

In April 1984 begin die kennis van mev S. om die genesende krag volgens die leer van Bruno Groening vir Raimund op te neem. Die aanvanklike styging in die proteïen en immuniteitsvlakke is medies verklaarbaar deur die vervanging daarvan in die hospitaal en ontbrekende verlies as gevolg van die streng dieet. Na ontslag uit die hospitaal aan die einde van April moes daar egter by die volgende kontrole weer 'n afname in bloedproteïnkonsentrasie gewees het aangesien normale voeding die morfologiese veranderings van die limfatiese stelsel weer moes beïnvloed het. Medies gesien sou dit ten minste by die kontrole na 1984 te wagte gewees het. Die proteïen konsentrasie het egter tot by die laaste kontrole in 1987 op normale vlakke gebly. Op 29-01-1987 na meer as twee jaar sonder dieet is 'n normale totale proteïen waarde van 7,4 g/dl (normaal is 7-8 g/dl), met onopvallende elektroforese (72% albumien) en normale immunoglobulien (IgG 642 mg/dl) gevind. [6]

Op 06-05-1984 skryf die behandelende dokter van die universiteitskliniek prof. dr. G in 'n mediese verslag aan Raimund se ouers:

"By bogenoemde kind bestaan 'n siekte waarby [...] 'n lewenslange dieet volgehou moet word. Aangesien hierdie voeding wesenlik duurder is as normale voedsel, beteken dit vir die ouers van hierdie kind heelwat hoër finansiële uitgawes..."[7]

By die laaste kontrole as buitepasiënt in Januarie 1987 sê die behandelende dokter van die kinderkliniek prof. dr. G. in 'n finale uitspraak aan die pediater dr. O wat die na-behandeling doen:

"Ek is tevrede met die verdere verloop. Selfs al is die dieet nie konsekwent deurgevoer nie was daar geen verlies van immunoglobulien of limfosiete nie. Dit sou natuurlik heel interessant wees om weer die dermslymvlies te ondersoek..." [8]

Tot op hede (1996) het Raimund geen verdere probleme nie, 'n duidelike bewys van die genesing van die kind.

Hierdie genesing is besonder opmerklik aangesien nóg die kind nóg die moeder bewus was van die opneem van die genesingskrag. Mens kan dus nie van 'n soort suggestiewe beïnvloeding praat nie. Verder was dit 'n organies aangebore kwaal, ver verwyderd van enige psigogeniese oorsaak.


Verwysings:

A-MWF = Argief van die Medies-Wetenskaplike Studiegroep D-Hamburg/Hennef-Sieg

[1] Suksesberig van mev S. oor haar seun Raimund, A-MWF

[2] Biopsie van 27-03-84, gesertifiseer deur prof dr. S, van die patologiese instituut van die universiteit in G. aangehaal uit: Finale verslag van verblyf as binnepasiënt van 12 03 1984 tot 05 04 1984 in die kinderhospitaal in K., A-MWF

[3] uit die laboratorium verslag van die mediese toerustinggroep in G. van 05 03 1984, A-MWF

[4] Finale verslag na binnepasiënt behandeling, kinderhospitaal in K. (sien ook 2), A-MWF

[5] Finale verslag na binnepasiënt behandeling, van 05-04-1984 tot 27-04-1984 in die universiteitskinderkliniek in G., A-MWF

[6] Berig van buitepasiënt ondersoek in die universiteitskinderkliniek deur prof. dr. G.,A-MWF

[7] mediese sertifikaat van prof dr. G. universiteitskinderkliniek in G. van 08-06-1984, A-MWF

[8] sien ook 6