Die Bruno Groening vriendekring
Kortliks
Die Bruno Groening vriendekring sit die werk van Bruno Groening voort. Die vriendekring is 'n samekoms van mense wat deur die leerstelling van Bruno Groening genesing wil bereik of dit reeds bereik het.
Hoof van die vriendekring is Grete Häusler. Sy het Bruno Groening in Augustus 1950 ontmoet en is reeds by die eerste ontmoeting genees van drie sogenaamde ongeneesbare siektes. In die jare wat daarop volg, het sy hom dikwels ontmoet, nou met hom saamgewerk, en dit haar ten doel gestel om sy leerstellings oor te dra aan hulpsoekendes. Hierdie toewyding het in 1979 gelei tot die stigting van die Bruno Groening vriendekring.
Vandag is daar 'n paar honderd sulke groepe in Duitsland en aangrensende Europese lande en in 'n toenemende mate ook węreldwyd. Tienduisende mense kom in die reël drie-weekliks bymekaar in plaaslike groepe en bring 'n paar uur bymekaar deur. Die leiers van die groepe en hulle helpers kom in werksgroepe bymekaar om aktiwiteite te bespreek en te koördineer. Die aktiewe vriende werk op eie verantwoordelikheid en alles word vrywillig en sonder vergoeding gedoen.
Behalwe die plaaslike gemeenskappe vir volwassenes, jeugdiges en kinders, het daar ook spesiale gemeenskappe ontstaan, bv. diegene wat węreldwyd omsien na vriende in verskillende tale of spesiale groepe vir hulp aan dwelmverslaafdes. Vir diegene in die geneeskundige beroepe is daar die Medies-wetenskaplike studiegroep MWF (die Duitse naam hiervoor is die "Medizinisch Wissenschaftliche Fachgruppe" en die afkorting MWF word in alle tale gebruik wanneer daarna verwys word.)
Lidmaatskap van die vriendekring is onafhanklik van enige kerklike, ander godsdienstige of ideologiese verband. Daar is ook geen finansiële of regsaanspreeklikheid nie. Die werk van Bruno Groening word uitsluitlik gefinansier deur vrywillige bydraes. In ooreenstemming met Bruno Groening se eie voorbeeld word daar in die vriendekring geen geneeskundige ondersoek, konsultasie, behandeling, terapie of diagnose gedoen nie. Die inneem van medisyne of besoek aan 'n geneesheer word nňg aanbeveel nňg afgeraai. Elke genesing is 'n geskenk van bo en dus 'n goddelike genadegawe. Daarom is 'n belofte op genesing onmoontlik en word dit ook nie in die Bruno Groening vriendekring gegee nie.