Verdiepende beskrywing van die Bruno Groening VriendekringInleidingIn die jaar 1950 kom Grete Häusler na 'n voordrag van Bruno Groening in München. Hier het sy die spontane genesing ontvang van drie siektes wat voorheen deur medici as ongeneeslik beskryf is. Daarna spreek sy die wens uit om meer van Bruno Groening en sy leerstellings te hore te kom. So het Grete Häusler in die daaropvolgende jare meermale die geleentheid gehad om sy voordragte by te woon. Sy het baie genesings self meegemaak wat bewerkstellig is deur die Heilstrom* wat vanuit Bruno Groening uitgegaan het. In Oostenryk bou sy 23 groepe op en lei hulle tot 1957. Daarna trek sy na Duitsland en beleef Bruno Groening ook daar. As groepleidster en een van Bruno Groening se beste vriende leer sy self van hom hoe om op sy terrein te werk te gaan. Na die afsterwe van Bruno Groening in die jaar 1959, voel sy die Heilstrom* verder en genesings vind plaas deur die verspreiding van die leer. Sy herinner haar aan sy woorde: "Alle mense moet sterwe, ek ook, maar ek sal nie dood wees nie. As ek geroep word en God wil, help ek verder!" Tientalle jare lank werk Grete Häusler onvermoeid met alle middele tot haar beskikking om hulpsoekende mense op hierdie wyse te help. Opbou van die Bruno Groening VriendekringOoreenkomstig die voorbeeld van Bruno Groenings het Grete Häusler 'n vriendekring opgebou. Onder "Bruno Groening vriende" word mense verstaan wat op grond van die leer van Bruno Groening verbonde voel. Hulle maak hulle identiteit bekend, neem na eie goeddunke aan byeenkomste, kongresse ensovoorts deel en ontvang leermateriaal. Die vriendekring word slegs deur vrywillige skenkings en gratis medewerking onderhou. Intussen is daar tans reeds meer as 1800 (soos op 1/2005) sulke groepe in Duitsland, ander nabye Europese lande en ook toenemend wêreldwyd. Tienduisende vriende ontmoet mekaar gereëld elke drie weke in gemeenskapsbyeenkomste. Die leiers van de byeenkomste en meehelpende vriende kom in werkgroepe bymekaar om take wat gedoen moet word te bespreek en te koördineer. Die aktiewe vriende werk op eie verantwoordelikheid aan hulle take en dink en voel gelyktydig vir die hele organisasie wat deur Grete Häusler gelei word. Behalwe die plaaslike groepe vir volwassenes, jeug en kinders, het daar ook spesialiteitsgroepe ontstaan, bv. die wreldwye ondersteuning van afsonderlike vriende in verskillende tale of die groepe vir rehabilitasie van dwelmverslaafdes. Vir vriende in die mediese beroepe is daar die Medies-Wetenskaplike Studiegroep. Uit die begeerte om 'n boek oor Bruno Groening en sy leer te skryf en uit te gee, het 'n eie uitgewery ontstaan. Uit 'n klein begin het die Grete Häusler uitgewery ontstaan met die doel om Bruno Groening, sy leerstellings en die werk wat daaruit ontstaan het aan die publiek toeganklik te maak. 'n Wye verskeidenheid eie werke uit die vriendekring het intussen op die mark gekom, in die Internet winkel en op esoteriese uitstallings sowel as op internasionale boekuitstallings met groeiende sukses. Terselfdertyd bied die eie uitgewery ook 'n groot verskeidenheid van ander geestelike lektuur van heelwat ander uitgewers. Vanuit belangstelling in die teaterwêreld het die begeerte onstaan om 'n film te produseer. Die roman "Der Sonnenbruder" (die sonbroer) en "Der Wunderapostel" (Die wonder-apostel) van die bekende Oostenrykse skrywer Hans Sterneder het die gewensde materiaal verskaf. Die film "Der Wunderapostel" word in die openbaar vertoon en is ook op video verkrygbaar. Heelwat vaklui uit die filmbedryf en die meeste toeskouers praat met groot lof oor die inhoud en kwaliteit van hierdie film. Vir organisatoriese doeleindes is die Grete Häusler Film maatskappy gestig. Belangrike kenmerke van die Bruno Groening-VriendekringDie waarborg van vrye wil van elke mensDie beginsel van die vrye wil as wenslike basis vir die leer van Bruno Groening word deurgaans in die vriendekring gehandhaaf. Lidmaatskap van die groep lei nêrens tot regsaanspreeklike, finansiële of godsdienstige verbinding of verpligting nie en kan enige tyd opgesê word. Dit is vergelykbaar met 'n goeie private vriendskap. In die vriendekring is daar byvoorbeeld geen trou betuigings, aflegging van 'n belofte of eed of inswerings nie. In teenstelling ondervind baie vriende uit die leerstellings van Bruno Groening innerlike bevryding uit psigiese dwang, sorge, angs, nood, pyn en lyding. Finansiering en boekhoudingIn die Bruno Groening vriendekring word geen toegangsgeld, ledegeld, administrasiefooie of andere finansiële verpligtings gehef nie. Alle take in die vriendekring word volgens die voorbeeld van Bruno Groening uitsluitlik uit vrywillige bydraes en kostelose medewerking van vriende gedra uit dankbaarheid vir hulp en genesing. Op gewone gebied sowel as in die doelgerigte Grete Häusler GmbH uitgewery en film maatskappy is daar geen loon, salaris, winsneming of so iets nie, ook nie vir Grete Häusler self nie, die leidster van die hele organisasie. Reeds vanaf die beskeie begin van die vriendekring is daar sorgvuldig boekgehou van alle uitgawes en kostes van elke groep. Surplus bedrae word bymekaargemaak en vir verskillende opdragte gebruik; hoofsaaklik die gereëlde verskaffing van studiemateriaal vir Duitse en buitelandse vriende, wat kosteloos sonder in agneming van die inkomste van die betrokke vriendekring, aan die verskillende groepe en lande uitgedeel word. Daar is ook 'n moderne boekhoustelsel waarvolgens die afsonderlike groepe boekhou. Amptelike erkenning van die vriendekringVir die waarneming van juridiese en saaklike belange dien 'n klein oorkoepelende vereniging, die "Kreis für geistige Lebenshilfe e.V., Hennef/Sieg" (hierna "Kreis" genoem). Die statute van die Kreis is volgens die werklike werkswyse van die vriendekring opgestel en voldoen aan die wet. Medewerking met nasionale en internasionale organisasies en verenigingsDie Esperantogemeenskap in die Bruno Groening Vriendekring werk saam met honderde vriende in baie lande met die Esperanto-wêreldbond en voer hulle eie leergang in die Esperanto taal deur. Daar is 'n baie vriendskaplike betrekking met die Sentraal-Russiese wetenskaplike navorsingsentrum vir tradisionele volksmedisyne (ENIEM) in Moskou, en in die besonder met sy leier, die vise president van die Russiese vereniging van volksgenesers, prof. Yakov G. Galperin. Die opstelling van vakgerigte berigte oor geloofsgenesing in alle Russiese lande is die hoofrede vir hierdie samewerking. 'n Reeks verdere betrekkinge vir internasionale samewerking is aangeknoop. Die vriendekring is oop vir alle menseToegang tot die vriendekring is oop vir almal. Heelwat vriende sluit aan op persoonlike aanbeveling van familie en vriende. Voor die eerste besoek aan 'n gemeenskaps-byeenkoms word 'n inleiding tot die leer van Bruno Groening gegee. (Inligtingsvoordrag waar 'n aanduiding gegee word hoe om die goddelike Heilstrom* op te neem.) Die meeste hulpsoekers is in die begin heel skepties en wil hulle eers self van alles oortuig. Daaroor het Bruno Groening gesê: "Moet asseblief nie liggelowig wees nie! Ek sê vandag soos altyd: Jy hoef nie te glo wat ek sê nie. Ek wil dit ook nie hê nie. Jy het net een plig: om jouself daarvan te oortuig!" Eers met die praktiese ervaring van hulp en genesing aan eie lyf groei die vertroue in die leer van Bruno Groening en word die geloof versterk dat God die grootste dokter is. Die waarneming van die Heilstrom* en suksesbelewing is vir baie vriende 'n aanhoudende aansporing om voort te gaan op geestelike gebied en steeds meer te leer en te wil ervaar. Ontwikkeling van die persoonlikheid in die vriendekringVeral in die jeuggemeenskap word verskeie kunssinnige byeenkomste gehou soos byvoorbeeld, sang, musiekmaak, volksdanse en drama. Gebaseer op die leer van Bruno Groening word verskeie kunsrigtings beoefen sonder die beperkings van streng kompetisie. Die kuns in die Bruno Groening Vriendekring moet opbouend, mooi en kragtig wees, die gevoelslewe van die mense sensiteer en genesings bevoordeel. Geestelike vryheid van die Bruno Groening-vriendeDie leer van Bruno Groening is vry van dogma, fanatisisme, beswerings, rites en seremonies. Dit is daarop toegespits om die vriende geestelik volwasse te maak en hulle te leer om verantwoordelikheid vir hulself te neem. Bruno Groening het gesê: "Ek wens dat julle meesters in die lewe word! Elkeen is die daarsteller van sy eie geluk, want wat die mens saai, sal hy maai." Elkeen kan 'n fout maak maar tog die gevolg van sy handeling dra volgens die natuurwet van oorsaak en gevolg wat vir alle mense geldig is. Eie ervaring kan egter veel eenvoudiger en vinniger bymekaargemaak word as geldige reëls bekend is. Deur gereëlde uitruil van ervaringsberigte van die vriende word vinnige geestelike ontwikkeling bevorder. "Ons help elkeen mekaar en God help almal", het Bruno Groening gesê. Elkeen moet in sy eie geloof blyDie vriende kom as gelowiges of as ateïste in die vriendekring. Hulle kan gelyktydig aan verskillende geloofsgemeenskappe, oortuigings en kerke behoort. Na een persoonlike genesingsbelewenis neem baie egter 'n lewende geloof in God die Heer op. Bruno Groening het gesê: "Ek wil die kerke weer met gelowige mense vul.(…) Elke mens moet in sy geloof bly, maar hier in die gemeenskap die geloofskrag opneem." Dit staan elkeen vry om enige geloof aan te hang. Suiwer houding van die leerDie oortuigingskrag van die leer van Bruno Groening lê in die "goeie vrugte" van die hulp en genesing wat op geestelike wyse beleef word. Daarom is dit 'n hoë doelstelling van die vriende om die gegewe leer in sy oorspronklike vorm suiwer te hou en daarvolgens te lewe. Hierdie doel word in die Bruno Groening Vriendekring bereik. Grete Häusler staan daarvoor in dat die leermateriaal sowel as alle ander publikasies wat in die vriendekring verwerk word, volledig met de leer van Bruno Groening ooreenstem. Betrekking en medewerking van doktersReeds tydens sy leeftyd het Bruno Groening hom beywer vir samewerking met dokters. Tydens die Heidelbergse ondersoek het hy hom onderwerp aan 'n toetskommissie van die Heidelbergse universiteitskliniek en die medici beïndruk. Dit het destyds egter nie tot samewerking gelei nie omdat Bruno Groening geen wins wou maak uit sy gawe nie. In die Medies-Wetenskaplike Studiegroep van die Bruno Groening Vriendekring hou duisende mediese vaklui uit alle genesingsberoepe hulle tans reeds besig met geloofsgenesing volgens die leer van Bruno Groening. Daaronder tel honderde dokters Medies-wetenskaplike dokumentasie van die genesingsSedert 1986 het dokters die genesings in die vriendekring sistematies begin ondersoek. Intussen is 'n goeddeurdagte stelsel vir die registrasie en verwerking van suksesberigte opgebou. In die plaaslike gemeenskappe word die genesings wat plaasgevind het in vorms en berigte vasgelê. Alle besonderhede en omstandighede word daarby in aanmerking geneem. Die persoon wat genees is kontroleer alles en onderteken dit ter bevestiging. Daarna word die papierwerk met foto's van die geneesde persoon na die sentrale plek vir verwerking van die suksesberigte gestuur. Vir mediese kontrole word die papiere vervolgens aan spesialiste in die doktersgroep voorgelê. Na gelang van die feite vra die spesialiste vir onafhanklike mediese na-ondersoeke van die geneesde persoon. Dikwels eers na enkele verdere ondersoekstappe ontstaan die medies-wetenskaplike dokumentasie as definitiewe bewys van die feit van geloofsgenesing deur die leer van Bruno Groening, wat dan ook in die openbaar kan standhou. Geen genesingsbelofte nieHulpsoekers wat na die vriendekring kom het dikwels geestelike sowel as liggaamlike genesing nodig. Daarby is dit onbelangrik welke siekte aanwesig is. Al wat belangrik is is die wil om gesond te word en die vaste geloof dat God die grootste dokter is. Elke genesing is 'n geskenk en daarmee 'n goddelike genade. Daarom is 'n belofte van genesing onmoontlik en word dit in die Bruno Groening Vriendekring ook nie gegee nie. So word ook geen eis van die hulpsoeker vir genesing aanvaar nie, ook nie by aanbieding van hoë finansiële bedrae nie. Versterking van geloof in die genesingskragBaie hulpsoekers het self ervaar hoe terneerdrukkend 'n mediese diagnose van "ongeneeslik" kan wees. Skrik, angs en sorge veroorsaak byvoorbeeld direk voelbare liggaamlike beklemming, swakheid en steurnis. In die Bruno Groening Vriendekring moet die hulpsoeker geestelik opgebou word. Die vele beskikbare suksesberigte van geneesde vriende is 'n waardevolle ondersteuning om geloof in eie genesing te versterk. Suggestie en hipnose is as ontoelaatbare beperking van die wil deur Bruno Groening afgewys en is daarom in die vriendekring uitgesluit. Die hulpsoeker moet sy geloofskrag self ontwikkel, ook geloof in die sukses van nog noodsaaklike mediese maatreëls buite die vriendekring. Geen mediese advies of behandeling in die vriendekring nieIn die Bruno Groening Vriendekring word geen diagnose gemaak, terapie gedoen, ondersoek gedoen of behandeling toegepas nie. Medisyne word nie aanbeveel, voorgeskryf of oorhandig nie. Konsultasie van 'n dokter word nie afgeraai nie, ook nie die inneem van medisyne, aanwending van terapie of uitvoer van operasies nie. Die eventuele mediese behandeling van die hulpsoeker bly volledig onafhanklik van behoring tot die vriendekring. Om te help is 'n pligDie belewing van eie genesing en kennis van die baie suksesse het dit vir die Bruno Groening vriende tot 'n morele plig gemaak om hulpsoekers op hierdie uitweg te wys. Die Bruno Groening Vriendekring het uitgegroei tot 'n groot organisasie wat baie mense na geloofsgenesing en 'n lewende geloof in God gelei het en nog sal lei. |