Lewenswyshede van Bruno Groening (uittreksel)Vertrou en glo, die goddelike krag help en genees. Daar is baie wat nie verklaar kan word nie, niks egter wat nie kan plaasvind nie. Om die heil te ervaar, liewe vriende, dis die waarheid. Die grootste dokter van die ganse mensdom is en bly onse Heer! Geld is mag; gesondheid egter is almag. Om ryk te wees beteken om gesond te wees. As jy die goddelike wil bereik, moet jy daarna streef. Die gees het mag oor die materiële. My doel en werk is maar net om alle mense op aarde na die regte pad, die goddelike pad, terug te bring. Dit is die groot ommekeer. 'n Gesonde gees beheer sy liggaam. Die mens maak soos hy wil. Soos sy wil is, so is sy denke. Op sy denke volg die daad. Soos die oorsaak, so die gevolg! Wat goed is kan net deur dade bewys word. Dade spreek vir hulleself. Terug na die natuur! Terug na onse Heer! Terug na die geloof aan die goedheid van mense. Moet asseblief nie liggelowig wees nie! Ek herhaal wat ek altyd sê: julle hoef nie te glo wat ek sê nie! Dit vra ek nie. Al plig wat jy het is om jouself te oortuig! Geen mens kan genesing bring nie. Net God is die geneser. Die edel mens dink aan sy plig; die onontwikkelde dink net aan wins. Die mens is 'n skepsel van die liefde. Wat in liefde geskape is kan net in liefde leef. (God is liefde). Vir God is niks onmoontlik nie! Sien af van haat en nyd, want julle leef soos julle is. Haat en nyd veroorsaak twis en stryd. Oordink elke woord en elke sin wat jy spreek en elke gedagte wat jy opneem, of dit werd is om opgeneem te word. Oordink alles noukeurig of jy reg gehandel het. Roep jouself daagliks tot orde, d.w.s. tot God! Elke mens is die skepper van sy eie geluk want wat jy saai sal jy maai. Siekte hoort nie by die mens nie. Aanhoudende goeie oorwin die bose. Die liggaam, liewe vriende, is 'n goddelike geskenk. Om maar net een gedagte op te neem het die mens krag nodig, het hy energie nodig en daarom moet jy juis daarvoor sorg dat jy daagliks nuwe energie opneem. Wees lief vir die lewe - vir God! God is oral. Ek wil nie dat selfs 'n enkele wat vandag reeds aan my vriendekring behoort, nog steeds onder die liggelowiges tel nie! Jy moet nie 'n liggelowige wees nie. Jy het die plig, net soos ekself, om jou van alles te oortuig! Twee here, my liewe vriende, kan julle nie dien nie, nie aan die eenkant die bose and aan die ander kant God nie! Godsverbonde te wees - dit, my liewe vriende, is alles! Wat jy opneem, wat jy aanneem, dit het jy. Sou jy altyd net die goeie opneem, die bose ter syde stel, het jy altyd net die goeie. Julle het God verlaat en voel julleself ook verlate deur God, maar nou word julle teruggeroep. Die mens is deur God mooi, goed en gesond geskape. So wil Hy die mens hê. In die begin was ons een met God; daar was net liefde, harmonie en gesondheid: alles was een. Toe die eerste mens egter van die stem van die bose, wat buite die eenheid was, geluister het en gesondig het, is hierdie eenheid verpletter en sedertdien is die mens nie meer een met God nie. 'n Diep kloof het ontstaan tussen God en die mens; daar is geen verbinding meer nie. Die mens, alleen en aangewese op homself, word op sy lewensweg deur die bose versoek en na die dieptes afgetrek, ten spyte van sy gelowigheid en gebede. Gedurende julle lewens was julle af in die dieptes. Daar het julle ongeluk, pyn en diepe lyding ervaar. Ek sê vir julle: moenie nog dieper gaan nie, maar bid vir die groot ommekeer! Staan op en ek sal vir jou 'n brug oor die kloof bou! Wyk af van die pad van lyding en betree die een van goddelikheid! Hier bestaan geen ongelukkigheid, pyn of iets wat ongeneeslik is nie; hier is net goedheid. Hierdie pad lei jou terug na God! |