Persoorsig van destyds, Duitsland:
"Zeitungsblitz", spesiale uitgawe oor Groening se suksesse, uitgawe
Nr.1, begin Sep. 1949

"Die nag van die groot genesings"
In die volgende reëls bring ons u 'n objektiewe feitelike berig
van ons spesiale verslaggewer wat as verteenwoordiger van die pers op 27 en
28 Augustus 15 uur lank aan die voete van die groot geloofsgeneser Bruno
Groening kon deurbring saam met etlike honderde mense wat die pogings tot
genesing by die Traberhof ervaar het.
Die eerste genesings van die dag
Ons korrespondent berig:
Reeds die oggend het vir vele van die genesingsoekendes wat tot die
middag in spreekkore na "hulle Groening" geroep het, groot geluk gebring toe
hy hom in 'n kort toespraak tot die wagtendes gerig het. Daarvan wil ek
egter nie vertel nie, maar eerder van die selfmeegemaakte, unieke en
onvergeetlike ure van die namiddag en die aand:
Op een of ander manier is die lug besonder met spanning gelaai, weens een
of ander oorsaak is daar vandag, Saterdag, besonder baie siekes en
nuuskieriges voor die Traberhof saamgetrek, en hierdie spanning styg van uur
tot uur, toe dit bekend word dat mnr Groening vanaand nog 'n keer die
wagtendes sou toespreek. Filmapparaat word op die balkon, terras en
parkeerplek opgestel en die toestroming van mense neem steeds toe.
Ek vra intussen uit na die nuutste genesingsuksesse, wat ek dink ek die
leser en die kring om Groening verskuldig is met nugtere rapportering sonder
om sensasiebelus te wees.
Dan word ek deur mev Würsti uit Rosenheim, Münchnerstr. 42 op 'n
geloofwaardige manier vertel dat sy tot vanmiddag weens haar verlamming nie
kon buig nie en geen voet van die grond kon lig nie. Stralend van vreugde
gaan sy vir die eerste keer sonder die hulp van iemand anders haar eggenoot
tegemoet na die toespraak van Groening en kan weer buk soos enige gesonde
mens.
Net soos mnr Haas van München staan 'n vrou uit Endorf uit haar rolstoel
op, iemand wat ons almal altyd net as lêend geken het, en probeer vir die
eerste keer te loop.
Ek gaan sit aan die tafel van 'n kennis wie se vrou die filmaktrise Karin
L e m
b e c
k uit München-Laim as opvallende brunette aan al die "lang blywende
gaste" bekend is. Sy vertel my van die genesing van die maandelange
verlamming van haar linkerarm wat daardie oggend oor die telefoon om tienuur
deur Groening plaasgevind het. Vanaf die oomblik van aankoms by die
Traberhof gaan die "stralekrans" van Groening oombliklik en so skielik aan
die werk dat mev L. koue rillings kry en uitroep: "Om Gods wil, wat is aan
die gang met my arm? Ek kan hom nie meer voel nie!" - en met dieselfde
"afwesige" en verlamde arm wat sy vroeër nie eers tot tafelhoogte kon lig
nie, reik sy onwillekeurig na haar gesig en 'n paar oomblikke later volkome
onbehinderd oor haar baie groot sonhoed. Deur innerlike ontroering bars sy
in trane van vreugde en dankbaarheid uit, trane wat alle woorde onnodig
maak. Eers ure later is sy in staat om met 'n hart vol dankbaarheid mnr
Groening se hand te skud, maar die groot helper weer dit beskeie af: "U moet
my nie bedank nie maar die groot Skepper daarbo wat my die krag geskenk het
om reeds vanoggend in 'n telefoongesprek met u man hierdie genesing in
werking te stel wat God sonder my toedoen op die oomblik van binnekoms reeds
voltrek het. U geloof het u gehelp, mevrou!"
'n Tweede dame, mev Wagner van München-Laim, uit dieselfde distrik as mev
Lembeck, ly reeds vier jaar aan 'n brein embolisme met (intussen reeds
verbeterde) senuwee verlamming aan die linkerkant, word op 'n afstand
behandel deurdat Groening in die boonste kamer op haar konsentreer. Ons volg
die uitwerking gespanne maar weens die heersende drukte kon die dame nie die
nodige konsentrasie tot stand bring nie. Om dieselfde rede was 'n latere
poging die nag in die meester se persoonlike teenwoordigheid ook
onbevredigend, aangesien die innerlike gereedheid, die geestelike
konsentrasie en die bykomende voorstelling net 'n paar uur na die
afstandsbehandeling erg belemmerend was.
Hier, soos in twee verdere gevalle, word weer duidelik bewys dat 'n
aandrang op 'n privaat onderhoud met Groening onder die aanname dat die
telepatiese behandeling gefaal het, maar net 'n teken van wantroue in die
groot geneser is.
En nou is die tyd skielik daar. Dig teen mekaar staan die honderde mense.
Dit is reeds halfagt in die aand. Die perde is lankal reeds van die weiveld
weg en die son strooi goud oor ons pragtige blou berge. Die spanning styg,
word amper ondraaglik. Dan word Groening toegejuig as hy kortliks op die
balkon verskyn. Hy vra om 'n paar minute se geduld om homself in stilte in
te stel op die baie mense op wie hy wil konsentreer. Mnr S. uit sy groep van
medewerkers, dui aan dat die siekes na vore moet beweeg binne die gesigsveld
en verduidelik saggies wat hulle moet doen: die hande oop met die palms na
bo, moet op die bobene rus, die bene langs mekaar maar nie teenmekaar nie,
die gedagtes moet afgewend word van siekte - dit is sy raad. Juis hierdie
spanningsbelaaide, stille verwagting, hierdie innerlike geestelike
voorbereiding op die oomblik van die inwerking van die genesende krag van
Groening, veroorsaak die grootste moontlike genesingsukses. 'n Sagte
fluistering gaan deur die skare. Dis onmoontlik om die situasie en stemming
weer te gee, hierdie ontroerende, gelowige atmosfeer te beskryf, waarin
hierdie arme siek mense met al hulle sigbare en onsigbare lyding, met min of
meer vaste geloof op die oomblik van genesing wag.
Intussen het 15 minute verloop met die voorbereiding vir 'n dokumentêre
opname, minute wat 'n mens voel net eenmaal beleef kan word, so 'n
energie-belaaide verwagting dat 'n mens jou eie hart sowel as die van jou
buurman kan voel klop. 'n Medewerker van Groening vra intussen verskeie
mense waar hulle vandaan kom. Plekke uit alle oorde en sones van Duitsland
word genoem: Die Allgäu, Schwabenland, Keulen en Frankfort, van Opper- en
Onder-Beiere, van die meer van Konstanz en die Noordsee, ja selfs uit Berlyn
en natuurlik baie van die onmiddellike omgewing. Dit was later vir Groening
'n persoonlike plesier dat 'n ou oorlogskameraad wat onder die skare
teenwoordig was, hom opgesoek het en vertel het van die swaar lot van
Russiese gevangenisskap in Karelië en Finland. Die mensemassa word weereens
versoek om geen vrae aan Groening te rig nie maar om hulle heeltemal in te
stel op dit wat hy sou sê
Groening praat met die wagtendes
Skemer het nou reeds gedaal. Van alle kante skyn die vloedligte en die
filmapparate begin saggies loop. Alle ander geluide verstom en alle oë rus
op die balkon waar mnr Groening om 20:15 verskyn saam met sy gasheer,
medewerkers en geneesde persone. Nou volg 'n paar minute van diepe stilte,
waarin die groot helper van die mensdom sy hande vou en na die hemel kyk.
Dan maak hy volle kontak met die gelowige genesingsoekendes, deur na elke
ontroerde gesig te kyk.
Nou begin Groening praat, in sy diep simpatieke stem wat soveel mense kan
boei, eenvoudige woorde wat van diepste gevoel getuig:
"My liewe genesingsoekendes! Vandag, soos elke ander dag, kom mense
hiernatoe, arme lydende mense wat genesing soek en dit ook sal kry. Daar is
egter ook mense wat uit nuuskierigheid kom, party wat self weet dat hulle
skepties is. Ek voel dit baie duidelik en ek wil julle vra om julle gedagtes
meer te verskuil en eers toe te laat dat die feite julle oortuig. Hier gaan
dit nie om vermaak en 'n goedkoop demonstrasie van wonderwerke nie, daarvoor
is die oomblik te ernstig en die leed van die mense om my heen te groot.
Ek het niemand hierheen geroep nie. In teendeel ek het u gevra om te wag
tot die dag waarop julle op geordende wyse hulp kan ontvang.
Wie nie aan my glo nie hoef nie meer te kom nie!
Ek weet dat baie van julle op hierdie oomblik reeds op pad na genesing
is! Ek is van plan om hier in O p
p e r
- B e
i e r
e te bly en ek wil u vra om geduld
te hê totdat openbare genesing vergun word en die genesingsentrums opgerig
is. Net hy wat die goddelike geloof in hom het, het die reg op
genesing. Ongelukkig is daar mense wat dit jare gelede reeds verloor het of
deur die modder gesleep het.
Ek sê vir julle: Die enigste dokter, die dokter van alle mense is en bly
onse God die Here. Net Hy alleen kan help. Hy help egter net
gelowiges wat bereid is om hulle ou siektes weg te gooi. Julle hoef nie aan
die klein Groening te glo nie maar vertroue in my moet julle hê. Ek soek nie
julle dank nie, aan God alleen kom dit toe - ek doen net my plig!
Aangesien julle nie ingelig is nie, wil ek julle graag vertel: laat
julle vrees en geld by die huis maar bring julle siektes en baie tyd
saam waarvan ek julle sal beroof. Julle moet almal menslik wees met mekaar,
nie hatig of vals nie. Moet niks sleg aan iemand doen nie en moet nooit
afgunstig wees nie. Die beste en grootste geskenk op aarde is nie rykdom of
geld nie maar gesondheid wat meer werd is as enige besitting op aarde. Julle
het van my medewerkers verneem wat julle moet doen ten einde die grootste
moontlike werking te voel. Ek wil geen openbare genesing hier doen nie! Ek
moet eers seker wees dat ek in die openbaar mag help. Tog was dit nog altyd
so gewees dat mense wat in my nabyheid is, genees is. Julle hoef my niks van
julle lyding te vertel nie, ek sien deur julle en weet alles van julle af!"
Mnr Groening gee nou 'n paar eenvoudige voorbeelde van die krag van sy
invloed wat deur uitroepe bevestig word. Dan gaan hy voort:
"Nou het elkeen ontvang wat hy wou hê maar net dié wat verbonde voel met
sy God.
As alles goed gaan wil ek met hierdie plek as kern verskeie
genesingsoorde oprig, in noue samewerking met die dokters, om almal te help.
Aan almal wat namens hulle siek familielede hierheen gekom het, wil ek sê:
Ek is reeds by hulle!‘
As julle huistoe gaan sal julle vind dat die siekes nie meer in presies
dieselfde toestand is as toe julle hulle verlaat het nie!"
Langdurige applous bedank die onselfsugtige man vir sy woorde.
Twee regeringsbeamptes vir Groening
Heel onverwags kom mnr P i
t z e
r, hoof van polisie in München uit die
agtergrond na vore:
"My liewe Rosenheimers! Ek praat hier uit my huidige persoonlike
ondervinding. In die eerste plek het ek hierheen gekom as 'n siek mens, maar
ook as 'n Beierse amptenaar en waarnemer. Ek het nog nooit in my lewe so'n
uitstekende diagnose, selfs van beroemde professore, gekry as hier van mnr
Groening nie, binne enkele oomblikke en sonder dat hy my liggaam aangeraak
het. Ek persoonlik glo vas aan my genesing en ek neem tot by die hoogste
regeringsvlakke verantwoordelikheid vir dit wat hier plaasvind, of dit nou
sekere mense - u weet wie ek bedoel - pas of nie. Die deurslaggewende is dat
siekes gehelp word. Ek was vir vier jaar fetilik dag en nag op diens en het
daardeur 'n ernstige siekte op die hals gehaal, waarop ek reeds 'n fortuin
bestee het, met geen sukses nie. Ek praat vir myself en namens julle almal -
en dit moet orals gehoor word, omdat ek gesond moet bly vir alle ordentlike
mense. Ek dank u, mnr Groening, vir die hulp. Mag God u krag gee om baie
mense te help wat met vaste geloof en oop harte na u kom.
Volhard net volle vertroue in Groening se genesingskrag en help almal
saam om die laaste probleme op te los. My vriend in die plaaslike parlement
sal daarvoor sorg dat eendag, miskien spoedig, mnr Groening 'n lisensie vir
genesing ontvang."
Hierop neem die parlementêre afgevaardige H a
g n die woord:
"Ek wou nie eintlik praat nie omdat ek baie skepties oor die hele
Groening aangeleentheid was, en myself wou oortuig van wat hier gebeur. Ek
het vandag sulke hartroerende gebeurtenisse belewe, dat ek nie woorde het om
dit te beskryf nie. Meer kan ek nie sê nie. Ek vra julle almal: Glo aan die
roeping van mnr Groening!"
Weer is daar luide applous van die ontroerde skare.
Die nagtelike genesings in Traberhof
Nou praat Groening van die balkon af met enkele ernstige en tragiese
gevalle van verlamming.
Mev Monika B a u
m g ä
r t n
e r van Bad Aibling, wat reeds dae lank by die
Traberhof wag, het jare gelede by die berg Watzmann afgeval. In die ongeluk
is haar ruggraat beseer an haar onderlyf verlam. Nou wend sy 'n groot poging
aan om met die grootste inspanning en geweldige sweet, vir die eerste keer
in jare op te staan al is dit ook net vir 'n kort rukkie. Nou doen Groening
'n beroep op ander siekes met verlamde of stywe ledemate om dit te beweeg of
te buig. Ek kan met moeite deurdring tot by die betreurenswaardige invalide
mnr Georg Aigner van Rosenheim-Thallerbräu, wat nou stralend van vreugde en
met harde klapgeluide vasberade demonstreer hoe hy sy gewrigte kan buig.
Trots sit hy sy regterhakskeen op sy linkerknie en omgekeerd. Dit was vir
die skeptici die tweede geval wat al die teenwoordiges oortuig het.
Uiteindelik, by 'n meesterbakker van Bad Aibling, verdwyn 'n jarelange
senuweeskok binne 'n paar minute. Die geringe oorblywende simptome, belowe
Bruno Groening, sal binne enkele weke heeltemal verdwyn.
Groening praat weer met die verbaasde skare:
"As daar verbeterings ingetree het by julle familielede en vriende by die
huis, laat my asseblief weet. Gebruik vandag se datum as verwysing, sodat ek
kan weet hoeveel genesings daar vandag was.
Ek wens julle almal 'n baie goeie nagrus toe en volledige genesing in die
naam van God."
Daarmee gaan die groot geneser met sy medewerkers terug in die huis, om
sonder onderbreking van vroeg die ogggend af, verder aan die dokters en die
pers gevalle van sy genesingskuns met sukses te bewys.
Terwyl ek tot dusver uitsluitlik by die siekes gebly het om ten nouste
kontak met hulle te behou, kon ek nou op uitnodiging van die Hawart familie,
persoonlik die behandeling van die ernstigste gevalle bywoon. Deur die lang
ry van mense wat in die vertrek wag, betree ek die privaatvertrekke. Ten
spyte van al my objektiwiteit, kon ek nie help om bewus te word van 'n
kragtige aura nie. Mnr Groening kom na my en druk my hand. 'n Oomblik voel
dit asof sy sterk maar vriendelike blik dwarsdeur my kyk. Sy eerste woorde
aan my getuig van die groot teleurstelling wat hy al met die pers beleef
het.
Gedurende 'n paar interessante behandelings van kinderverlamming met
sigbare sukses, word omtrent middernag 'n kring voorberei in die eksotiese
glashuis. Onder die lig van vier vloedligte versamel 24 mense, waaronder 'n
dokter van twee pasiënte, dr. Meyer van die hospitaal vir gestremdes van Bad
Tölz, sowel as 'n vroulike dokter, 'n mediese student en mense wat ander
help wat nie kan loop nie. Die reën dreun op die glasdak en die drie
fotograwe rig hulle kameras op die pasiënte. Elke afsonderlike geval word
voor en na die behandeling verfilm om 'n dokumentêre film te maak vir
publieke inligting. Soos altyd berei Bruno Groening homself voor in 'n
sykamer. Sy assistent mnr Schmidt verskyn en vra ook hier die aanwesiges om
hulle innerlik en uiterlik voor te berei. Dan maak hy die verbluffende
opmerking - blykbaar as medium van Groening - dat daar onder die aanwesiges
'n man is wat sy ongegronde skeptisisme moet verander of die vertrek moet
verlaat, om die psigiese verbinding met die genesingsoekendes nie te
onderbreek nie. Dog niemand verlaat die vertrek nie.
Dan verskyn Groening in die deur en vra die aanwesiges om net te
konsentreer op wat in elkeen se eie liggaam plaasvind.
Groening betree die kring en hou hom intensief besig met mev Baumgärtner,
uit Bad Aibling wat weereens persoonlik aan hom voorgestel is. Dit word
stil. Afwisselend begin die kameras te draai. Skielik draai Groening na die
pasiënt en vra: "En wat voel u nou?" Gewoonlik lui
die antwoord dan: 'n gekriewel in die voete en 'n trekgevoel in die kuite,
'n steekpyn in die blaas of nierarea, 'n heftige gerommel in die ingewande,
'n drukking in die maagholte of daar is 'n sigbare en heftige geskud van die
hele liggaam. So is die behandelingsimptome by feitlik alle mense. Nou
konsentreer die meester sentimeter akkuraat op die aangetaste deel wat die
verlamming veroorsaak het. Hy laat mev B. driemaal diep asemhaal. Dan skree
die pasiënt skielik "deur!". Groening wend hom nou af van die pasiënt sodat
sy hom nie kan sien nie en beduie met verbluffende gebaretaal vir die
dokters hoe 'n mens 'n bepaalde senuwee, sonder operasie, kan afsny en weer
aanwerk terwyl die pasiënt hom verbeel dat hy al die pyn van die operasie
voel. In die verdere behandeling voel die pasiënt "lig", sy kan haar liggaam
skaars voel, toon almeer euforiese gevoelens, swaai haar linkerarm op, druk
op die stoel se leuning en wend 'n tweede poging aan om op te staan.
"Sy sal binnekort weer loop!" - is Groening se
diagnose.
Behandeling van moeilike gevalle
Evelyn G s c
h w i
n d uit M ü
n ch e
n is 'n agtjarige meisietjie wat tot dusver vir
jare feitlik blind was met ernstige skade aan die kornea en het reeds vyf
operasies ondergaan. Na 'n paar behandelings op dieselfde dag sien sy reeds
meer, sonder bril, as wat sy nog ooit kon sien, byvoorbeeld a verbysnellende
trein op 500 meter. Die sluier voor haar linkeroog neem Bruno Groening weg
deur haar linkerhand oor die oog te laat hou en dan vinnig weg te trek op sy
bevel. Hierna kan sy elke besonderheid in die vertrek sien en opnoem.
Nou versoek Groening drie mans wat vroulike pasiënte begelei om op die
balkon te gaan staan aangesien hulle teenwoordigheid steurend werk op die
pasiënte. Dan deel hy balletjies uit wat hy van die silwerpapier uit leë
sigaretdosies self gerol het en wat skynbaar magnetiese krag het. Hulle is
so gesog dat hulle reeds op die swart mark - natuurlik as vervalsing - in
München te koop aangebied word.
Hierdie "kragdraertjies" moet kontak met Groening moontlik maak oor lang
afstande om so die nodige konsentrasie te vergemaklik wat vir
afstandsgenesing noodwendig is.
Intussen begin dit lig te word in die ooste maar die meester toon geen
teken van moegheid nie. Die krag vir sy uitvermoë dra hy skynbaar oor op sy
besoekers want niemand wil die "wonderplek" verlaat nie. Slaap is vir
Groening 'n vreemde begrip. 'n Vinnige handbeweging van sy voorkop oor sy
markante skedel na die agterkop laat enige sweem van moegheid verdwyn. Daar
is heeltyd 'n sigaret in sy hand en hy eet net klein porsies.
Dan word die man wat so in aanvraag is weer na 'n ernstige geval in die
agtertuin ontbied, waar die 35-jarige mnr Fischhaber uit Bad Tölz reeds dae
lank op sy laaste hoop wag. Weens 'n slee- en motorfietsongeluk het mnr
Fischhaber gedeeltelike verlamming van verskeie liggaamsdele opgedoen wat
sedert Mei 1949 steeds versleg het. Drie mediese verslae van bekende
professore van München wissel tussen petrolgasvergiftiging,
ruggraatbesering, swelling van die hoof senuweekanaal en die nuutste
vasstelling deur die dokter wat hom vandag na Groening bring, van 'n
tussenharsing letsel. Reeds twee maande van te vore was mnr Fischhaber in
Herford by Groening wat hom genesing belowe het. Terwyl die niersiekte wat
deur jarelange gebruik van medisyne veroorsaak is, na die besoek aan Herford
ten volle verdwyn het, bly die ander siekteverskynsels gedeeltelik
onveranderd. Die voorbereiding vir hierdie oggendkonsultasie het Groening
reeds die vorige aand met afstandsgenesing deur sy medium gedoen, waartydens
mnr F. 'n gekriewel in sy linkerhand en linkerkuit gevoel het, sowel as
spierpyne in sy linkervoet.
Die rede vir die afwesigheid van genesing of verbetering tot op hede gee
mnr Groening in 'n opsienbare "heldersiende" verklaring deur te sê:
"Pasop vir 'n egpaar wat u bevriend het wat u nie goedgesind is nie. Die
vrou het swart hare, die man is donkerblond met 'n paadjie in sy hare en is
omtrent 1,7 m lank. Hierdie man sal - as jy presies wil weet - twee dae na
jou terugkeer van hier af en wel om 6 uur in die aand u huis besoek. U sal
hom herken omdat hy - voor hy nog die deur toemaak - sy neus in 'n wit
sakdoek sal blaas. Tot op hede verhinder hierdie man u genesing omdat hy al
openlik neerhalend daaroor gepraat het. Hierdie persoon staan tussen u en my
en belemmer die nodige kontak. Vermy hierdie man en u sal binnekort gesond
wees."
Die laaste woorde van die genesingbringer waarmee hy my groet en wat
rigtinggewend vir sy toekomstige werk is, was:
"Ek sou graag pasiënte in 'n paar minute wou genees met die volgende
woorde:
GOEIE DAG! U WAS SIEK! TOTSIENS!
A. Stecher
Opmerking van die redaksie!
Tot sover die berig van ons korrespondent wat ons weergee sonder om
standpunt in te neem.
Ons lesers kan op grond van die feiteverslag self 'n oordeel vel oor die
"genesing" van Groening en of sy toekomstige toelating as "dokter van
natuurgenesing" in die belang van die baie siekes en gestremdes nodig is.
Aangesien Groening van plan is om voorlopig langer in die Traberhof by
Rosenheim te bly, sal ons ter gelegener tyd verdere spesiale uitgawes
publiseer.
Dis nie vir ons moontlik om briewe of ander korrespondensie aan mnr
Groening deur te gee nie. Vanselfsprekend kan enige geïnteresseerde briewe
(sonder foto's) of ander mededelings aan sy adres
Mnr Bruno Groening, Rosenheim-Land, Traberhof
rig. Ander adresse wat miskien op die swart mark rondgaan is vals.
Persoonlike besoeke, vra mnr Groening, moet uitgestel word totdat hy
amptelike toelating verkry.
|