Opstelling, toetsing en mediese dokumentasie van genesings op geestelik wyse in binne- en buiteland

'n Wesentlike aspek van die werk van die dokters van die Medies-Wetenskaplike Studiegroep (MWF) is die sistematiese opstelling en toetsing van geestelike genesings.

Daarvoor word geneesdes in die gemeenskappe van die Bruno Groening Vriendekring geleer om suksesberigte gekwalifiseerd aan te teken. So kon intussen 'n internasionale netwerk opgebou word vir die opstelling van genesings binne die gemeenskappe van die vriendekring:

Wanneer 'n genesing plaasvind in een van die gemeenskappe van die vriendekring, binne- of buitelands, stel die plaaslike medewerkers 'n kortberig daaroor op en stuur dit aan die leidende dokter van die MWF, Matthias Kamp. Terselfdertyd word begin met die opstelling van 'n suksesberig. Vir opstelling van 'n suksesberig is daar 'n handleiding en vraelys, wat net soos by kliniese voorgeskiedenis van die siekte, deur spesifieke vrae oor die toestand van die geneesde vóór en ná genesing uiteengesit word. Hierdie berig word op plaaslike vlak geproeflees en dan na 'n sentrale plek in Hamburg aangestuur. Van daaraf word dit aan 'n groep van by die 40 dokters van die MWF voorgelê vir nagaan van die inhoud. Vrae oor plaaslike of mediese kontrole word deur die plaaslike medewerkers met die geneesde afgehandel. As die vrae tot die tevredenheid van die toetsinstansies beantwoord is, volg nog 'n nie-mediese sowel as mediese eindkontrole.

Daarna word die suksesberig op rekenaar gesit en volgens jaargang en siektes gesorteer en bewaar. Te same met opname van die berig word dokumentasie opgestel deur die leier van die MWF, vir sover dit uit 'n mediese oogpunt sinvol is. Dokters van die MWF vra volledige mediese verslae aan van voor die genesing en lei 'n na-ondersoek deur onafhanklike plaaslike kollegas. Die dokumente word by die afgehandelde berig bygevoeg en dikwels kom daar nog uitvoerige mediese kommentaar by.

Wesenlik meer arbeidsintensief is die opstelling en toetsing van suksesberigte uit vreemde lande weens die noodwendige vertaling.

Behalwe die genesings word ook demonstreerbare hulp in die persoonlike of werksomgewing en onverklaarbare veranderings deur die inwerking van die helende krag op diere en plante aangeteken. Sedert einde 1988 is duisende gevalle van hulp en genesing skriftelik deur die MWF aangeteken.