Die Vriendekring: 'n Oorsig
Bruno Groening - 'n eenvoudige man met besondere vermoëns
Bruno Groening is op die 31ste Mei 1906 as die vierde van sewe kinders in
Danzig-Olivia gebore. Reeds as 'n klein seuntjie was hy in staat om 'n helende
invloed op siek mense en diere uit te oefen.
As gevolg van die Eerste Wêreldoorlog kon hy die Volkskool net tot die vyfde
jaar bywoon. Bruno Groening het vir timmerman geleer maar het ook verskeie
ander beroepe beoefen. Hy is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die
weermag opgeroep en was later 'n krygsgevangene. Deur genesing van 'n seun in
Herford, Duitsland, wat deur dokters as ongeneesbaar opgegee is, het hy in
1949 baie in die openbaar bekend geword. Die massagenesings in Traberhof by
Rosenheim naby München het wêreldwye opspraak verwek. Nogtans is hy verbied om
verder in die openbaar te genees. Op 26 Januarie 1959 het die aardse lewe van
Bruno Groening in Parys tot 'n einde gekom.
Die leer van Bruno Groening - hulp en genesing op geestelike wyse
Bruno Groening het sy leerstellings nie gestudeer of ontwikkel nie, dit is vir
hom as geestelike inspirasie gegee. Hy het sy leerstellings in openbare
voordragte aan sy gehoor oorgedra. Die waarheid daarvan word bewys deur die
goeie gevolge of "goeie vrugte" wat die volg van sy leerstellings lewer.
In sy voordragte het Bruno Groening steeds van die standpunt uitgegaan dat
geestelike kragte op die mens inwerk. Die invloed van hierdie kragte is groter
as wat meeste mense dink. Veral gedagtes is deel van hierdie geestelike
kragte. Al meer en meer word die geestelike samestelling van die lewe deur die
wetenskap erken.
Hulp en genesing op geestelike manier, deur die leer van Bruno Groening, open
vir alle mense die moontlikheid om hulself van siekte, sorge en nood te laat
bevry. In watter mate die hulpsoekende hierdie leerstellings volg, hang
natuurlik van elkeen self af.
Bruno Groening het gesê: "God is die sender en die mens die ontvanger van die
krag van genesing."
By Bruno Groening se voordragte het daar dikwels Bybelse tonele afgespeel.
Blindes kon weer sien en verlamdes kon weer loop. Hierdie feite is deur vele
openbaarmakings en berigte van ooggetuies verewig.
En hierdie 'wonderwerke' gaan verder: die 'helende stroom' waarvan Bruno
Groening die mensdom bewus gemaak het, werk vandag nog. Duisende suksesberigte
- grotendeels reeds beproef en opgeteken uit die bevindinge van mediese
ondersoeke deur onafhanklike dokters van die Medies-Wetenskaplike vakgroep
(MWF) in die Bruno Groening-vriendekring - spreek duidelik vir hulself.
"Alle mense moet sterf, ek ook, maar ek sal nie dood wees nie. En as iemand my
dan roep, dan kom ek en help verder, as God wil", het Bruno Groening
geprofeteer.
Die leer van Bruno Groening - Oortuiging uit positiewe resultate
Bruno Groening het mense nie behandel of in die mediese sin genees nie. Hy het
ook nooit na die siektes van die hulpsoekende gevra nie. Inteendeel: hy het
homself baie heftig daarteen verweer om enigiets oor 'n siekte te hoor of
selfs net die naam van die siekte te hoor. Sy uitwerking het alleen deur sy
geloofsvoordragte gevolg, waarin hy die hulpsoekendes geroep het tot 'n groot
ommekeer. Hy het geen beloftes van genesing gemaak nie. Sy voordragte het
gedeeltelik op band en gedeeltelik op skrif behoue gebly.
So ongelooflik as wat dit mag klink: deur sy woorde - sy leerstellings - te
hoor en daarna te luister, het mense, diere en plante gesond geword en dit
gebeur tot vandag nog - nou net soos destyds.
Behalwe vir hulp en genesings is daar ook 'n positiewe uitwerking op die
lewensgesindheid en die verloop van die lewe sigbaar. Hierdie feit word deur
vele mense beaam wat berig dat hulle 'n positiewe persoonlikheidsontwikkeling
ondergaan het.
Bruno Groening het gesê: "Ek gee vir julle die reëls van die spel vir die lewe,
sodat julle meesters van die lewe kan word!"
Die leer van Bruno Groening - 'n weg na God
Bruno Groening het gesê: "My dade en werke dien slegs daartoe om alle mense op
hierdie aarde weer op die regte weg, op die Goddelike pad te bring."
Hy het geroepe gevoel om vir die mense die deure na goddelike insig en
belewing oop te maak en hulle daardeur na vertroue in God terug te bring; dit
was altyd die kern van sy boodskap. Hy het homself as die wegwyser, die
middelaar van die goddelike krag gesien.
Die omvattende werking van hierdie Godvertroue as die oorspronklike bron van
alle positiewe gebeure, is oeroud. Dit word ook in die letterkunde erken.
Bruno Groening het hieroor gesê: "Ek vertel julle niks nuut nie, ek sê net vir
julle dit wat julle nie meer weet nie."
Dit is dus verstaanbaar waarom Bruno Groening nooit self dank wou hê nie.
"Moenie vir my dankie sê nie, dank God, Hy het dit gedoen." Die aanneming van
sy leer lei baiemaal na 'n weerondekte, oftewel versterkte geloof.
Die leer van Bruno Groening en die wetenskap
Wat in alle antieke beskawings bekend was en in Asië vandag nog bekend is,
word nou eers deur die wetenskap nuut ontdek. Strome van hoër energie bestuur
en bestem ons lewens. Wat in 1922 deur die Rus Prof. Gurwitsch as selstraling
ontdek is, het in die Akademie van Wetenskap gedien as bewys dat hierdie
biologiese uitstraling die noodsaaklike draer van inligting vir alle selle in
elke lewende organisme is. Intussen is hierdie ontdekkings bevestig en
uitgebrei. Aan die spits staan die werk van Prof. Popp aan die Universiteit
van Kaiserslautern, wat in 1975 met baie sensitiewe instrumentasie hierdie
seluitstraling kon demonstreer as 'n koherente, d.w.s. hoogs geordende
elektromagnetiese uitstraling, meetbaar in die ultra-violet golflengte.
Hierdeur is 'n volkome nuwe kennis en insig van lewe self geopenbaar.
Bruno Groening het gesê: "Dat ek hier is, behoort die wetenskap van vandag baie
interesseer, al is dit slegs omdat my dade 'n rede tot navorsing is, en wel
vir die werk van môre."
Met hierdie kennis begin mens verstaan hoe genesings tot stand kan kom deur
sulke subtiele energiestrome, b.v. volgens die leer van Bruno Groening. Bruno
Groening, deur 'n "helende stroom" wat in die liggaam gevoel kan word. Hy het
'n baie presiese en omvattende kennis oor die natuurwette van hierdie energieë
gehad, en dit met sy eenvoudige leerstellings tot heil van die mensdom
oorgedra.
Die vriendekring - vriende op 'n gesamentlike weg
Reeds in die lewenstyd van Bruno Groening was daar 'n vriendekring. Toe dit
bekend word dat hulp en genesings ook na die dood van Bruno Groening voortgaan,
het Mev. Grete Häusler in 1979 begin om die Bruno Groening-vriendekring (BGV)
uit te bou, sodat sy leerstellings en voortspruitend daaruit, die voorwaardes
vir hulp en genesing, wyer bekend kon word.
Die beskrywing "vriendekring" is toepaslik omdat dit hier gaan oor 'n los
versameling van mense wat dieselfde erkende ideale volg en liefdevol, in
vriendskap, met mekaar omgaan.
Die vriendekring brei die leer van Bruno Groening verder uit
Die Leerstellings word in gereelde gemeenskapsbyeenkomste (gewoonlik elke 3de
week) meegedeel (voordragte, mededeling van ervarings). Voordat 'n
hulpbehoewende of belangstellende so 'n gemeenskap besoek, word hy uitgenooi
na 'n inleidingsvoordrag, om die basis van die leerstellings van Bruno Groening
aan te hoor. Jaarliks vind daar verskeie inter-streekse konferensies plaas.
Hierdie byeenkomste dien as geleenthede vir die uitruil van ervarings en
berigte van vriende wat hul gesondheid geheel of gedeeltelik teruggevind het.
Daarby word die helende stroom gesamentlik opgeneem.
Hierdie aktiwiteite word ondersteun deur verslae en kassette wat alle vriende
gereeld en kosteloos ontvang. 'n Groot hoeveelheid boeke, klank- en
videokassette oor die leer van Bruno Groening is beskikbaar by 'n uitgewery en
daar is ook 'n filmmaatskappy.
Die vriendekring - mense van alle nasies, gelowe en vlakke van die samelewing
Die vriendekring is nie 'n splintergroep van 'n spesifieke geloof nie.
Bruno Groening het gesê: "In die vriendekring moet elkeen die krag van die
geloof aanneem. Ek wil geen nuwe geloof stig nie. Elkeen moet by sy kerk en sy
geloof bly, maar wat hy daar gehoor het, moet hy glo en ook omsit in dade. Ek
het vir alle mense gekom, ongeag van geloof of nasie. Daarom is die Bruno
Groening-vriendekring geen sekte nie."
Bruno Groening: "Alle mense is werd om gehelp te word."
Die vriendekring is geheel en al vry van alle kerklike bande.
Die vriendekring - onaantasbaarheid van die vrye wil
Bruno Groening het besonder klem gelê op die onaantasbaarheid van elke mens se
vrye wil: "Ek mag iemand help om die pad na die goeie te vind, maar ek mag nie
sy vermoë om daaroor te besluit van hom wegneem nie en hom ook nie na die
goeie dwing nie. Elkeen moet sy pad self vind."
Elkeen moet vir homself kan besluit en self vir sy lewe verantwoordelik wees.
Daar is geen dogma in die BGV nie, en 'n eenvormige manier van optrede word
nòg geleer, nòg verwag.
Kinders en jeugdiges in die vriendekring
In die vriendekring is daar kinder- en jeugbyeenkomste, binnelands sowel as
buitelands. Hierdie byeenkomste vind, soos by die volwassenes, elke 3 weke
plaas. Ook hier is deelname vrywillig. Hier gaan dit ook oor die mededeling
van die leerstellings van Bruno Groening, maar natuurlik op gepaste wyse vir
die betrokke groep (saam met aktiwiteite soos speletjies, dans,
berguitstappies, sing of musiekmaak).
Die vriendekring - in agneming van privaatheid
In die BGV is daar geen voorskrifte oor die privaatlewe nie. Elke vriend
besluit self hoe om hom in die openbaar te gedra en met die samelewing om te
gaan. Baie vriende berig dat hulle die uitdagings van die daaglikse lewe op
eie verantwoordelikheid baie beter kan bemeester - veral as gevolg van die
versterking van hul liggaamlike en geestelike kragte. Vriende vertel gereeld
van 'n nuutgevonde selfbewussyn of innerlike balans.
Die vriendekring - geen politieke doelstellings nie
Die BGV het geen politieke aspirasies nie en skryf aan geen vriend 'n
spesifieke rigting voor nie. Die leerstellings van Bruno Groening is volkome
vry van enige ideologiese inslag.
Die vriendekring bestaan uit alle beroepe en vlakke van die samelewing.
Daaronder is dokters, onderwysers, huisvroue, prokureurs, handwerkers, ens.;
alle ouderdomsgroepe is verteenwoordig en natuurlik ook verskeie politiese
sienings.
Finansies in die Bruno Groening-vriendekring
Bruno Groening het nooit geld gevra nie. Dit geld ook, na sy voorbeeld, vir die
huidige Bruno Groening-vriendekring. Alle vriende, sonder uitsondering, werk
vir die vriendekring sonder betaling. Dit geld sonder uitsondering vir alle
persone, sowel vir Mev. Grete Häusler, die leidster van die vriendekring, as
vir alle vriende in alle gemeenskappe. Vanselfsprekend is alle werk vrywillig
en kan dit te enige tyd beëindig word.
Alle onkostes van die Bruno Groening-vriendekring word slegs uit vrywillige
bydraes gedek.
Daar is nie soiets soos ongeneeslik nie
Bruno Groening het die woorde van die beroemde geneesheer Paracelsus beaam, wat
lui dat alle siektes, maar nie alle mense nie genees kon word. Vir die
"helende stroom" met sy Goddelike natuur is daar geen grense, geen
ongeneesbare siektes nie; dit geld selfs vir organiese, chroniese en
degeneratiewe siektes.
Bruno Groening het in sy leerstellings eenvoudige en duidelike reëls gegee oor
hoe 'n genesing ontvang en behou kan word. Die afloop van die genesing kan vir
dieselfde siektetoestand verskillend plaasvind by verskillende persone. Daarom
is dit nie moontlik om genesing te waarborg nie, en word dit ook nie in die
Bruno Groening-vriendekring gedoen nie.
Die Medies-Wetenskaplike Vakgroep (MWF)
Sedert 1929 het die Medies-Wetenskaplike Vakgroep in die Bruno
Groening-Vriendekring - 'n internasionale samevoeging van etlike duisende
vaklui uit alle geneeskundige beroepe (professors, dokters, terapeute,
geneeskundiges, verpleegsters, ens.) - onderneem om die hulp en genesings op
te teken wat op geestelike wyse deur die leer van Bruno Groening plaasvind.
Op verskeie vakgebiede en deur 'n spesiale vaktydskrif word dokters en ander
geneeskundiges oor die leerstellings, oor genesings van mense, diere en plante
en oor hulp en beskerming in die daaglikse lewe ingelig.
Die stigter van die MWF was Dr. Matthias Kamp (Boekverwysing: Matthias Kamp,
"Bruno Groening - Revolution der Medizin", ISBN 3-927-685-20-8, van Grete
Häusler GmbH Verlag).
Geloofsgenesings deur die leerstellings van Bruno Groening geneeskundig
bewysbaar - dokters en ander geneeskundiges berig
Die groot aantal geregistreerde genesings van alle soorte en studie van die
meganismes daarvan het vir die vakkundiges 'n eenduidige bewys gelewer dat op
hierdie manier baie siekes genees kan word wat tot nou toe geen kans op
genesing gehad het nie.
Dokters en geneeskundiges van die MWF hou internasionale voordragte om voor
medici en leke oor hul ervarings met die leerstellings te berig en om hul
aandag te vestig op nog wyer moontlikhede.