Die Vriendekring: 'n OorsigBruno Groening - 'n eenvoudige man met besondere vermoënsBruno Groening is op die 31ste Mei 1906 as die vierde van sewe kinders in Danzig-Olivia gebore. Reeds as 'n klein seuntjie was hy in staat om 'n helende invloed op siek mense en diere uit te oefen. As gevolg van die Eerste Wêreldoorlog kon hy die Volkskool net tot die vyfde jaar bywoon. Bruno Groening het vir timmerman geleer maar het ook verskeie ander beroepe beoefen. Hy is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die weermag opgeroep en was later 'n krygsgevangene. Deur genesing van 'n seun in Herford, Duitsland, wat deur dokters as ongeneesbaar opgegee is, het hy in 1949 baie in die openbaar bekend geword. Die massagenesings in Traberhof by Rosenheim naby München het wêreldwye opspraak verwek. Nogtans is hy verbied om verder in die openbaar te genees. Op 26 Januarie 1959 het die aardse lewe van Bruno Groening in Parys tot 'n einde gekom. Die leer van Bruno Groening - hulp en genesing op geestelike wyseBruno Groening het sy leerstellings nie gestudeer of ontwikkel nie, dit is vir hom as geestelike inspirasie gegee. Hy het sy leerstellings in openbare voordragte aan sy gehoor oorgedra. Die waarheid daarvan word bewys deur die goeie gevolge of "goeie vrugte" wat die volg van sy leerstellings lewer. In sy voordragte het Bruno Groening steeds van die standpunt uitgegaan dat geestelike kragte op die mens inwerk. Die invloed van hierdie kragte is groter as wat meeste mense dink. Veral gedagtes is deel van hierdie geestelike kragte. Al meer en meer word die geestelike samestelling van die lewe deur die wetenskap erken. Hulp en genesing op geestelike manier, deur die leer van Bruno Groening, open vir alle mense die moontlikheid om hulself van siekte, sorge en nood te laat bevry. In watter mate die hulpsoekende hierdie leerstellings volg, hang natuurlik van elkeen self af. Bruno Groening het gesê: "God is die sender en die mens die ontvanger van die krag van genesing." By Bruno Groening se voordragte het daar dikwels Bybelse tonele afgespeel. Blindes kon weer sien en verlamdes kon weer loop. Hierdie feite is deur vele openbaarmakings en berigte van ooggetuies verewig. En hierdie 'wonderwerke' gaan verder: die 'helende stroom' waarvan Bruno Groening die mensdom bewus gemaak het, werk vandag nog. Duisende suksesberigte - grotendeels reeds beproef en opgeteken uit die bevindinge van mediese ondersoeke deur onafhanklike dokters van die Medies-Wetenskaplike vakgroep (MWF) in die Bruno Groening-vriendekring - spreek duidelik vir hulself. "Alle mense moet sterf, ek ook, maar ek sal nie dood wees nie. En as iemand my dan roep, dan kom ek en help verder, as God wil", het Bruno Groening geprofeteer. Die leer van Bruno Groening - Oortuiging uit positiewe resultateBruno Groening het mense nie behandel of in die mediese sin genees nie. Hy het ook nooit na die siektes van die hulpsoekende gevra nie. Inteendeel: hy het homself baie heftig daarteen verweer om enigiets oor 'n siekte te hoor of selfs net die naam van die siekte te hoor. Sy uitwerking het alleen deur sy geloofsvoordragte gevolg, waarin hy die hulpsoekendes geroep het tot 'n groot ommekeer. Hy het geen beloftes van genesing gemaak nie. Sy voordragte het gedeeltelik op band en gedeeltelik op skrif behoue gebly. So ongelooflik as wat dit mag klink: deur sy woorde - sy leerstellings - te hoor en daarna te luister, het mense, diere en plante gesond geword en dit gebeur tot vandag nog - nou net soos destyds. Behalwe vir hulp en genesings is daar ook 'n positiewe uitwerking op die lewensgesindheid en die verloop van die lewe sigbaar. Hierdie feit word deur vele mense beaam wat berig dat hulle 'n positiewe persoonlikheidsontwikkeling ondergaan het. Bruno Groening het gesê: "Ek gee vir julle die reëls van die spel vir die lewe, sodat julle meesters van die lewe kan word!" Die leer van Bruno Groening - 'n weg na GodBruno Groening het gesê: "My dade en werke dien slegs daartoe om alle mense op hierdie aarde weer op die regte weg, op die Goddelike pad te bring." Hy het geroepe gevoel om vir die mense die deure na goddelike insig en belewing oop te maak en hulle daardeur na vertroue in God terug te bring; dit was altyd die kern van sy boodskap. Hy het homself as die wegwyser, die middelaar van die goddelike krag gesien. Die omvattende werking van hierdie Godvertroue as die oorspronklike bron van alle positiewe gebeure, is oeroud. Dit word ook in die letterkunde erken. Bruno Groening het hieroor gesê: "Ek vertel julle niks nuut nie, ek sê net vir julle dit wat julle nie meer weet nie." Dit is dus verstaanbaar waarom Bruno Groening nooit self dank wou hê nie. "Moenie vir my dankie sê nie, dank God, Hy het dit gedoen." Die aanneming van sy leer lei baiemaal na 'n weerondekte, oftewel versterkte geloof. Die leer van Bruno Groening en die wetenskapWat in alle antieke beskawings bekend was en in Asië vandag nog bekend is, word nou eers deur die wetenskap nuut ontdek. Strome van hoër energie bestuur en bestem ons lewens. Wat in 1922 deur die Rus Prof. Gurwitsch as selstraling ontdek is, het in die Akademie van Wetenskap gedien as bewys dat hierdie biologiese uitstraling die noodsaaklike draer van inligting vir alle selle in elke lewende organisme is. Intussen is hierdie ontdekkings bevestig en uitgebrei. Aan die spits staan die werk van Prof. Popp aan die Universiteit van Kaiserslautern, wat in 1975 met baie sensitiewe instrumentasie hierdie seluitstraling kon demonstreer as 'n koherente, d.w.s. hoogs geordende elektromagnetiese uitstraling, meetbaar in die ultra-violet golflengte. Hierdeur is 'n volkome nuwe kennis en insig van lewe self geopenbaar. Bruno Groening het gesê: "Dat ek hier is, behoort die wetenskap van vandag baie interesseer, al is dit slegs omdat my dade 'n rede tot navorsing is, en wel vir die werk van môre." Met hierdie kennis begin mens verstaan hoe genesings tot stand kan kom deur sulke subtiele energiestrome, b.v. volgens die leer van Bruno Groening. Bruno Groening, deur 'n "helende stroom" wat in die liggaam gevoel kan word. Hy het 'n baie presiese en omvattende kennis oor die natuurwette van hierdie energieë gehad, en dit met sy eenvoudige leerstellings tot heil van die mensdom oorgedra. Die vriendekring - vriende op 'n gesamentlike wegReeds in die lewenstyd van Bruno Groening was daar 'n vriendekring. Toe dit bekend word dat hulp en genesings ook na die dood van Bruno Groening voortgaan, het Mev. Grete Häusler in 1979 begin om die Bruno Groening-vriendekring (BGV) uit te bou, sodat sy leerstellings en voortspruitend daaruit, die voorwaardes vir hulp en genesing, wyer bekend kon word. Die beskrywing "vriendekring" is toepaslik omdat dit hier gaan oor 'n los versameling van mense wat dieselfde erkende ideale volg en liefdevol, in vriendskap, met mekaar omgaan. Die vriendekring brei die leer van Bruno Groening verder uitDie Leerstellings word in gereelde gemeenskapsbyeenkomste (gewoonlik elke 3de week) meegedeel (voordragte, mededeling van ervarings). Voordat 'n hulpbehoewende of belangstellende so 'n gemeenskap besoek, word hy uitgenooi na 'n inleidingsvoordrag, om die basis van die leerstellings van Bruno Groening aan te hoor. Jaarliks vind daar verskeie inter-streekse konferensies plaas. Hierdie byeenkomste dien as geleenthede vir die uitruil van ervarings en berigte van vriende wat hul gesondheid geheel of gedeeltelik teruggevind het. Daarby word die helende stroom gesamentlik opgeneem. Hierdie aktiwiteite word ondersteun deur verslae en kassette wat alle vriende gereeld en kosteloos ontvang. 'n Groot hoeveelheid boeke, klank- en videokassette oor die leer van Bruno Groening is beskikbaar by 'n uitgewery en daar is ook 'n filmmaatskappy. Die vriendekring - mense van alle nasies, gelowe en vlakke van die samelewingDie vriendekring is nie 'n splintergroep van 'n spesifieke geloof nie. Bruno Groening het gesê: "In die vriendekring moet elkeen die krag van die geloof aanneem. Ek wil geen nuwe geloof stig nie. Elkeen moet by sy kerk en sy geloof bly, maar wat hy daar gehoor het, moet hy glo en ook omsit in dade. Ek het vir alle mense gekom, ongeag van geloof of nasie. Daarom is die Bruno Groening-vriendekring geen sekte nie." Bruno Groening: "Alle mense is werd om gehelp te word." Die vriendekring is geheel en al vry van alle kerklike bande. Die vriendekring - onaantasbaarheid van die vrye wilBruno Groening het besonder klem gelê op die onaantasbaarheid van elke mens se vrye wil: "Ek mag iemand help om die pad na die goeie te vind, maar ek mag nie sy vermoë om daaroor te besluit van hom wegneem nie en hom ook nie na die goeie dwing nie. Elkeen moet sy pad self vind." Elkeen moet vir homself kan besluit en self vir sy lewe verantwoordelik wees. Daar is geen dogma in die BGV nie, en 'n eenvormige manier van optrede word nòg geleer, nòg verwag. Kinders en jeugdiges in die vriendekringIn die vriendekring is daar kinder- en jeugbyeenkomste, binnelands sowel as buitelands. Hierdie byeenkomste vind, soos by die volwassenes, elke 3 weke plaas. Ook hier is deelname vrywillig. Hier gaan dit ook oor die mededeling van die leerstellings van Bruno Groening, maar natuurlik op gepaste wyse vir die betrokke groep (saam met aktiwiteite soos speletjies, dans, berguitstappies, sing of musiekmaak). Die vriendekring - in agneming van privaatheidIn die BGV is daar geen voorskrifte oor die privaatlewe nie. Elke vriend besluit self hoe om hom in die openbaar te gedra en met die samelewing om te gaan. Baie vriende berig dat hulle die uitdagings van die daaglikse lewe op eie verantwoordelikheid baie beter kan bemeester - veral as gevolg van die versterking van hul liggaamlike en geestelike kragte. Vriende vertel gereeld van 'n nuutgevonde selfbewussyn of innerlike balans. Die vriendekring - geen politieke doelstellings nieDie BGV het geen politieke aspirasies nie en skryf aan geen vriend 'n spesifieke rigting voor nie. Die leerstellings van Bruno Groening is volkome vry van enige ideologiese inslag. Die vriendekring bestaan uit alle beroepe en vlakke van die samelewing. Daaronder is dokters, onderwysers, huisvroue, prokureurs, handwerkers, ens.; alle ouderdomsgroepe is verteenwoordig en natuurlik ook verskeie politiese sienings. Finansies in die Bruno Groening-vriendekringBruno Groening het nooit geld gevra nie. Dit geld ook, na sy voorbeeld, vir die huidige Bruno Groening-vriendekring. Alle vriende, sonder uitsondering, werk vir die vriendekring sonder betaling. Dit geld sonder uitsondering vir alle persone, sowel vir Mev. Grete Häusler, die leidster van die vriendekring, as vir alle vriende in alle gemeenskappe. Vanselfsprekend is alle werk vrywillig en kan dit te enige tyd beëindig word. Alle onkostes van die Bruno Groening-vriendekring word slegs uit vrywillige bydraes gedek. Daar is nie soiets soos ongeneeslik nieBruno Groening het die woorde van die beroemde geneesheer Paracelsus beaam, wat lui dat alle siektes, maar nie alle mense nie genees kon word. Vir die "helende stroom" met sy Goddelike natuur is daar geen grense, geen ongeneesbare siektes nie; dit geld selfs vir organiese, chroniese en degeneratiewe siektes. Bruno Groening het in sy leerstellings eenvoudige en duidelike reëls gegee oor hoe 'n genesing ontvang en behou kan word. Die afloop van die genesing kan vir dieselfde siektetoestand verskillend plaasvind by verskillende persone. Daarom is dit nie moontlik om genesing te waarborg nie, en word dit ook nie in die Bruno Groening-vriendekring gedoen nie. Die Medies-Wetenskaplike Vakgroep (MWF)Sedert 1929 het die Medies-Wetenskaplike Vakgroep in die Bruno Groening-Vriendekring - 'n internasionale samevoeging van etlike duisende vaklui uit alle geneeskundige beroepe (professors, dokters, terapeute, geneeskundiges, verpleegsters, ens.) - onderneem om die hulp en genesings op te teken wat op geestelike wyse deur die leer van Bruno Groening plaasvind. Op verskeie vakgebiede en deur 'n spesiale vaktydskrif word dokters en ander geneeskundiges oor die leerstellings, oor genesings van mense, diere en plante en oor hulp en beskerming in die daaglikse lewe ingelig. Die stigter van die MWF was Dr. Matthias Kamp (Boekverwysing: Matthias Kamp, "Bruno Groening - Revolution der Medizin", ISBN 3-927-685-20-8, van Grete Häusler GmbH Verlag). Geloofsgenesings deur die leerstellings van Bruno Groening geneeskundig bewysbaar - dokters en ander geneeskundiges berigDie groot aantal geregistreerde genesings van alle soorte en studie van die meganismes daarvan het vir die vakkundiges 'n eenduidige bewys gelewer dat op hierdie manier baie siekes genees kan word wat tot nou toe geen kans op genesing gehad het nie. Dokters en geneeskundiges van die MWF hou internasionale voordragte om voor medici en leke oor hul ervarings met die leerstellings te berig en om hul aandag te vestig op nog wyer moontlikhede. |