Lesings
Inligtingaanbiedings deur dokters en alternatiewe genesers van die MWF
Dokters en alternatiewe genesers van die Medies-wetenskaplike studiegroep (MWF - Medizinsich-Wissenschaftliche Fachgruppe) hou gereeld
inligtingsaanbiedings oor geloofsgenesing volgens die leer van Bruno Groening.
Mense wat genees is berig oor hoe hulle van emosionele, organiese en selfs sogenaamde "ongeneeslike" siektes bevry is.
Medies gedokumenteerde genesings word aangebied en bespreek op 'n maklik verstaanbare manier.
Tydens die aanbieding kan die gehoor self die helende krag ondervind en kry dus op 'n natuurlike manier toegang tot 'n besondere bron van krag wat
kan help met die herstel of behoud van gesondheid sowel as met beroepsgerigte of privaat aangeleenthede.
Die uitnodiging word gerig aan dokters, alternatiewe genesers en verteenwoordigers van ander vertakkings van die geneeskunde, sowel as
belangstellende leke en hulpsoekers.
Toegang is gratis.