Lesings

Inleidingslesings in die leer van Bruno Groening vir belangstellendes en hulpsoekers.

In die plaaslike gemeenskappe van die Bruno Groening vriendekring word gereeld spesiale inleidingslesings gereël in die leer van Bruno Groening vir belangstellendes en hulpsoekers.

  • In die lesings word daar gewys hoe om die helende krag bewustelik in die liggaam op te neem en te ervaar. Hierdie helende krag reinig, stel reg, en genees.
  • Belangstellendes kan tydens die aanbieding die helende krag self ondervind en kry dus op 'n eenvoudige en natuurlike manier toegang tot 'n bron van krag wat kan help met die herstel of behoud van gesondheid, sowel as by alle private en beroepsgerigte aangeleenthede.
  • Die belangrikste grondbegrippe van die leer van Bruno Groening word meegedeel.
  • Hulpsoekers en belangstellendes word op hierdie manier hulle eie geneesheer en kan later ook by die huis enige tyd hulself instel op die ontvangs van die helende krag.
  • Die inleidingslesings is sonder verpligting en oop vir almal. Toegang is gratis.

Belangstellendes en hulpsoekers wat 'n inleidingslesing by die naaste groep in hulle omgewing wil bywoon, moet asseblief met die ooreenstemmende kontakpersoon in verbinding tree.