Welkom by die Bruno Groening vriendekringGeloofsgenesing deur die leerstellings van Bruno Groening medies bewysbaar!- Wat die antieke volke van alle hoë beskawings geweet het Daar is 'n hoër mag wat die basis van alle lewe is en genesing kan gee! Mense het dit baie name gegee: Lewenskrag ("Vis vitalis"), Prana, Chi, Goddelike krag, ... Bruno Groening het daarvan 'n baie presiese intuïtiewe kennis gehad, wat hy deur sy eenvoudige leerstellings vir alle mense bruikbaar gemaak het. Die Bruno Groening-vriendekring is 'n vrye samekoms van mense wat die waarde van die leerstellings van Bruno Groening vir hulself besef het. In honderde van gemeenskappe in alle dele van die wêreld word sy leerstellings versprei. Deur 'n korrekte liggaams - en geestelike houding word daar geleer hoe om die Goddelike krag op te neem. Hierdie "helende stroom", wat in die liggaam waargeneem kan word, lewer hulp en genesing, selfs van chroniese, degeneratiewe en ernstige organiese siektes. "Vertrou en glo, die Goddelike krag help en genees." (Bruno Groening)Die genesings word in groot getalle opgeteken net soos kliniese gevallestudies. Die Medies-Wetenskaplike vakgroep (MWF) in die Bruno Groening-vriendekring, 'n forum van etlike duisende dokters en ander geneeskundiges, beproef die inhoud van die berigte en, waar moontlik, bekom hulle dokumente met geneeskundige kommentaar vanuit die mediese bevindings van onafhanklike dokters. Elkeen is vry om naas die geloofsgenesing ook mediese behandeling te ondergaan. Bruno Groening het in sy leeftyd samewerking met dokters verwelkom. Ooreenkomstig Bruno Groening se voorbeeld, vind daar in die Bruno Groening-vriendekring egter geen mediese berading, ondersoeke of behandeling plaas nie. Om aan die Bruno Groening-vriendekring te behoort, is altyd vrywillig en kosteloos, en staan los van enige nasionale, ideologiese of kerklike verband. Alle aktiwiteite word gratis onderneem en alle kostes word uit donasies gedek. Lees gerus meer op ons webblaaie wat hierop volg. Sou iets vir u nog te nuut of buitengewoon voorkom, ondersoek dit sonder vooroordeel! Net so kan u die waarheid herken - soos aanbeveel deur Bruno Groening: "Moenie alles vir soetkoek opeet nie, kom oortuig uself." |