Welkom by die
Bruno Gröning vriendekring
Geloofsgenesing deur die leerstellings
van Bruno Gröning medies bewysbaar!
Wat die antieke volke van alle hoë beskawings geweet het
wat beroemde geneeshere van die Nuwe Tyd (Paracelsus, Hahnemann, ens.)
gebruik het
wat die wetenskap in verskeie grondleggende ontdekkings kon bewys:
Daar is 'n hoër mag wat die basis van alle lewe is en genesing kan gee!
Mense het dit baie name gegee: Lewenskrag ("Vis vitalis"), Prana, Chi,
Goddelike krag, ...
Bruno Gröning het daarvan 'n baie presiese intuïtiewe kennis gehad, wat hy
deur sy eenvoudige leerstellings vir alle mense bruikbaar gemaak het.
Die Bruno Gröning-vriendekring is 'n vrye samekoms van mense wat die
waarde van die leerstellings van Bruno Gröning vir hulself besef het. In
honderde van gemeenskappe in alle dele van die wêreld word sy
leerstellings versprei. Deur 'n korrekte liggaams - en geestelike houding
word daar geleer hoe om die Goddelike krag op te neem. Hierdie "helende
stroom", wat in die liggaam waargeneem kan word, lewer hulp en genesing,
selfs van chroniese, degeneratiewe en ernstige organiese siektes.
"Vertrou en glo, die Goddelike krag help en genees." (Bruno Gröning)
Die genesings word in groot getalle opgeteken net soos kliniese
gevallestudies. Die Medies-Wetenskaplike vakgroep (MWF) in die Bruno
Gröning-vriendekring, 'n forum van etlike duisende dokters en ander
geneeskundiges, beproef die inhoud van die berigte en, waar moontlik,
bekom hulle dokumente met geneeskundige kommentaar vanuit die mediese
bevindings van onafhanklike dokters.
Elkeen is vry om naas die geloofsgenesing ook mediese behandeling te
ondergaan. Bruno Gröning het in sy leeftyd samewerking met dokters
verwelkom. Ooreenkomstig Bruno Gröning se voorbeeld, vind daar in die
Bruno Gröning-vriendekring egter geen mediese berading, ondersoeke of
behandeling plaas nie.
Om aan die Bruno Gröning-vriendekring te behoort, is altyd vrywillig en
kosteloos, en staan los van enige nasionale, ideologiese of kerklike
verband. Alle aktiwiteite word gratis onderneem en alle kostes word uit
donasies gedek.
Lees gerus meer op ons webblaaie wat hierop volg. Sou iets vir u nog te
nuut of buitengewoon voorkom, ondersoek dit sonder vooroordeel! Net so kan
u die waarheid herken - soos aanbeveel deur Bruno Gröning:
"Moenie alles vir soetkoek opeet nie, kom oortuig uself." (Bruno Gröning)
Bruno Gröning - Vriendekring |