Regelungen
Reiniging van die liggaam kan aanvanklik pyn veroorsaak
"Regelungen" is deel van ’n reinigingsproses
Sommige mense ervaar pyn met die opneem van die Heilstrom. Hierdie verskynsel het Bruno Gröning beskryf as "Regelung". Dit is 'n teken van die omskakeling wat in die liggaam begin. Die pyn van die Regelung is nie te vergelyk met die pyn van die siekte nie. Die reëlingspyn word deur die heilstrom veroorsaak en is die effek van reiniging van die siek organe. Daaroor skryf Kurt Trampler (geneesde, sporadiese medewerker van Bruno Gröning, joernalis en skrywer): "Ook die reëlingspyn verwar hulpsoekers dikwels genoeg. Die reëlingspyn moet daar wees. Dit maak enkele mense angstig as die reëlingspyn kom, as sou dit 'n terugslag wees. Hulle word bang en sê: "Dis nog erger, laat ons na die dokter gaan." Volgens Gröning: 'Daarom maak ek julle daarop attent, as die reëlingspyn kom, om dit te verdra. Niks ergs sal gebeur nie, slegs maar dat die mens gesond word.' "
Die vorm van Regelungen kan deurgaans verskillend wees. Die pyn kan dieselfde wees as dié van die siekte, soms selfs erger. Dit kan egter ook heel anders tot uiting kom. Dit wissel van geval tot geval omdat elke menslike liggaam individueel op die genesende krag reageer. Die mens kan die reëlingspyn nie vryspring nie. Dit is deel van 'n reinigingsproses waardeur die onreinheid van die siekte op 'n geestelike manier uit die liggaam verwyder word.
Verloop van die Regelung
Bruno Gröning het die fenomeen van Regelungen verduidelik met die voorbeeld van 'n vuil melkkan. Hy vra wat gedoen moet word as die suur, stinkende melk in die kan vervang moet word met vars melk. Die antwoord lê voor die hand: Eers moet die slegte melk uitgegooi word, dan moet die kan gewas word. Dit is heeltemal dieselfde – figuurlik gesien - by die mens. Laat ons die liggaam beskou as die kan, die siekte as die slegte melk en die gesondheid as die goeie melk. Eers moet die mens hom in die gedagte van die siekte losmaak - die slegte melk uitgooi. Daarna word die liggaam van die "vuil" van die siekte gesuiwer - dit is die Regelungen. Eers in die gewaste vat kan die vars melk ingegooi word – die gesondheid kom in die mens in.
In 'n ander voorbeeld vergelyk hy die mens met 'n vrugtebak: "Neem 'n bak wat met iets gevul is, sê maar met vrugte wat al dae lank staan, d.w.s gestaan het sonder dat iemand daaroor bekommerd was of dit versorg het en dit het vrot geword. Nou kan jy nie meer van die vrugte geniet nie. En as daar nou iemand sou kom en jou nuwe gesonde vrugte wil gee, dan sou dit erg dom wees as jy die goeie, nuwe, gesonde vrugte op die slegte sou sit want die goeie sal ook sleg word.
As jy gesonde vrugte wil hê moet jy tog eers die slegte, ongesonde, oneetbares weggooi. Nie net dit nie, jy moet ook die bak self skoonmaak voor jy die gesonde vrugte daarin kan sit. Vergelyk nou dit, hierdie bak, met jou liggaam en die vrugte met jou siek organe. Die gesonde is waarop jy hoop. Maar dit is onmoontlik as jy nie die slegtes kan weggooi nie want in daardie geval beteken dit dat jy jou met jou siekte besighou."
Einstellen
Die korrekte liggaams- en sielshouding vir opname van die goddelike heilstrom
Die geestelike krag wat die genesing bewerkstellig noem Bruno Gröning die heilstrom. Daarmee saam gebruik hy ook die begrippe heilgolf en goddelike krag. Hoe kan die mens die Heilstrom in homself opneem en hom oopmaak vir die goddelike krag? Bruno Gröning het vir die hulpsoeker die volgende posisie aanbeveel: arms en bene moet nie gekruis wees nie en die handpalms moet oop na bo op die bobeen rus. Behalwe vir hierdie uiterlike is dit ook belangrik om alle steurende gedagtes af te skakel en heeltemal te konsentreer op wat in die liggaam gebeur. 'n Oop gelowige geesteshouding is die basiese voorwaarde. Op hierdie manier kan 'n mens jou oopmaak vir die instroom van die genesende krag. Bruno Gröning het gesê: "God gee ons al die goeie, ons moet slegs alles van Hom wat Hy vir ons stuur in ons opneem. Dus - doen dit!"
Hoekom die liggaamshouding so belangrik is, verklaar hy as volg: "Wie nog 'n vry beweeglike liggaam het, verkramp dit dikwels so graag. Dit is ook 'n mag, die mag van gewoonte. Om bene te kruis, oormekaar geslaan; sekerlik kan jy dan lekker luierig sit, d.w.s. sy liggaam eers lekker uitrek. Moet dit egter nie doen as jy die goddelike, die goeie wil ontvang nie. Dan moet jy vry en ontspanne wees met oop hande, met leë hande moet jy daar sit of staan."
In sy boek Die grosse Umkehr (Die groot ommekeer) skryf Kurt Trampler (geneesde, sporadiese medewerker van Bruno Gröning, joernalis en skrywer): "Belangrik [...] is behalwe innerlike voorbereiding ook 'n skynbaar klein maar tog wesenlike uiterlike. 'n Mens moet regop sit sonder om teen iets te leun en die bene en hande moet nie aan mekaar raak nie. As die hande mekaar sou raak, ontstaan volgens Gröning 'n kortsluiting van die lewenstroom in die bolyf en as die bene mekaar raak of selfs oormekaar geslaan is, lei dit tot dieselfde skade in die onderlyf. Diegene wat sulke foute uit gewoonte maak, sou selfs op die lange duur werklik onaangename siektes na hulle aantrek."
Let op wat jy in jou eie liggaam waarneem
Die bewustelike opneem van die krag het Bruno Gröning "einstellen" genoem. Die mens stel om dus in op die ontvangs van die heilstroom. Waar en wanneer dit plaasvind is nie deurslaggewend nie. Dit is slegs belangrik dat 'n mens rustig is, alle steurende gedagtes afskakel en noukeurig oplet wat in die liggaam gebeur. Bruno Gröning het sy toehoorders altyd weer gevra wat hulle gevoel het.
"Jy moet jou maar net daarop instel om hierdie ware goddelike uitsending te ontvang, beter gesê, te verkry. Hoe jy hierdie uitsending verkry, vind jy self uit. Maar ek moet steeds weer sê, eers dan as jy werklik aandag aan jou liggaam skenk, sal jy oplet wat daarin gebeur, nie buite om nie maar slegs daarbinne, in jou eie liggaam."
Elke mens kan die Heilstrom aan eie lyf bespeur. Die een voel 'n krieweling, die ander 'n koue of warm rilling. 'n Ander weer, moet arms of bene beweeg, 'n volgende homself skud. So veroorsaak die Heilstrom die mees verskillende reaksies by verskillende mense.
Die "Heilstrom"
Lewenstroom uit die goddelike kragbron
Gröning as "transformator" tussen die "kragsentrale" van God en die "gloeilampie" van die mens
Bruno Gröning het homself beskryf as 'n bemiddelaar van 'n geestelike krag wat direk van God kom en genesing bewerkstellig. Hierdie goddelike krag het hy die "heilstrom" genoem. Om die wese van die heilstrom te verklaar, het hy 'n voorbeeld gebruik. Hy vergelyk God met 'n kragsentrale, die mens met 'n gloeilamp. Vir soverre as wat die gloeilamp slegs kan werk as die stroom van die sentrale hom bereik, so kan die mens slegs in goddelike orde leef as hy gevoed word met die krag van God. Gröning vergelyk homself met 'n transformator. Hy verander die oneindig hoë goddelike energieë sodanig dat elke mens slegs soveel kry as wat hy kan opneem. Sy eie vermoë tot opname van die krag was onbeperk. So was dit byvoorbeeld by die Traberhof naby Rosenheim moontlik dat duisende mense gelyktydig die genesende krag kon voel en dat massagenesings kon plaasvind.
As die verbinding tussen God en die mense breek
Bruno Gröning het verklaar dat in die oorspronklike oertoestand daar 'n direkte verbinding was tussen die "sentrale" God en die "ontvanger" mens. Die mense het op aarde geleef soos kinders van God in hoogste eenheid met hul Vader. Maar omdat hulle hulself van God afgewend het, het hulle uit die goddelike orde geval en hulself oorgegee aan nood en ellende. Die verbinding tussen God en die mens is verbreek. Mettertyd het 'n steeds dieperwordende kloof ontstaan wat die mense nie meer uit hulself kon oorbrug nie.
Die brug oor die kloof tussen God en die mens na ’n nuw lewensgevoel
Bruno Gröning merk op: "Omdat die mense nooit meer kon terugkom na die goddelike weg nie, omdat die brug wat daarnatoe lei opgeblaas is, is hy saamgepers tot 'n hopie wat doelloos rondgedwaal het. Die brug na hierdie ware goddelike weg het ek gebou, weer opgerig, en as jy hierdie brug oorsteek kom jy op die goddelike weg waar jy dan self die verbinding kan opneem tot die groot, enigste, goddelike werk. Jy kan dan weer die ware, egte, juiste goddelike lewenstroom ontvang om dan weer goed en veral gesond jou lewe te kan lei."
"Hy wat oor hierdie brug gaan en verder loop op die ware, goddelike weg, sal 'n heel ander gevoel kry en verbaas wees oor alles wat daar is wat hy tot nou toe nie van geweet het nie. Eers daar ontvang jy werklik die aansluiting tot die groot goddelike werk."
Hy wat die leer van Bruno Gröning volg en homself oopstel vir die goddelike krag, sal die heilstrom aan eie lyf voel. 'n Volledig nuwe lewensgevoel sal ervaar word: pyn, sorge en nood sal padgee, gesondheid, harmonie en vreugde sal die plek inneem. Hy begin om te ervaar dat God nie as onbarmhartige regter bo die sterre troon nie maar as liefdevolle Vader by die mense is en hulle wil help. Die kloof is oorbrug. Die mens beleef weer die oertoestand.
Die groot ommekeer
Skei van die siekte en glo in gesondheid
Om jou in die gedagte met die siekte besig te hou beteken om daaraan vas te hou
Bruno Gröning het die mense steeds weer opgeroep tot die "groot ommekeer". Hy het hulle aangespoor om die geloof in die goeie in die daad om te sit en af te sien van slegte gewoontes. In die eerste plek vra hy die mense om nie aan siekte te dink nie. Hy hou steeds vol dat die siekte van die kwade kom en die kwade is. Om jou hiermee besig te hou beteken dat jy met die kwade besig is. Dit verhinder die genesingsproses en kan dit selfs onmooontlik maak. "Hy wat homself met siekte besighou, hou dit vas en versper die weg aan die goddelike krag."
Die mens moet hom van die siekte losmaak en dit nie as sy eiendom beskou nie maar hierin die euwel sien. "Siekte hoort nie by die mens nie!"
Gee die siekte af aan Bruno Gröning
Bruno Gröning het aan die mense 'n aanbod gemaak om die siekte van hulle weg te neem. "Gee my jou siekte en jou sorge! Alleen gaan jy nie daarmee regkom nie. Ek dra dit vir jou. Maar gee dit vrywillig, ek sal nie steel nie!"
"As jy die siekte blootlê sodat ek dit van jou kan wegneem, is dit goed; as jy daaraan vashou dan mag ek ook niks doen nie. Die sewende gebod verbied dit: 'Jy mag nie steel nie!' As ek die siekte met geweld van die mens verwyder, sou ek sondig. Ek mag nie steel nie! Wie van sy siekte hou, hou dit vas, die wat daarvan kan vergeet, van hulle neem ek dit weg in so verre dat hulle dit vrystel, nie slegs in die gedagte nie, ook in dade. Luister na my woorde! Ek wil jou nie beïnvloed nie. As jy die siekte vrystel, dan neem ek alle kwale van jou af!"
Eerstens moet die mens ’n innerlike ommekeer in homself berwerkstellig
Hoe belangrik Bruno Gröning die innerlike ommekeer van elkeen beskou het, verduidelik die volgende uittreksel uit die boek Die große Umkehr van Kurt Trampler (geneesde, sporadiese medewerker van Bruno Gröning, joernalis en skrywer): "Ook in persoonlike gesprekke het ek dikwels van Gröning die besliste standpunt gehoor dat hy die verantwoordelikheid voor God dra om die 'genesing deur suiwer goddelike krag' slegs aan diegene te voltrek wat ten minste die goeie wil het om volgens die goddelike wet telewe, en dit te weerhou van diegene wat nie bereid is om van die kwade af te sien nie."
'Ek sou,' so het hy gesê,''n massagenesing so kon voltrek dat ek kon sê: Alle siekes van 'n stad of 'n land word gesond! Maar sou daarmee nie meer verloor word as wat gewen word nie? Sou die slegtes onder die siekes daarmee tot ommekeer bereid wees? Sou hulle nie slegs die herwonne gesondheid misbruik nie? Nee, eers moet die mens 'n innerlike ommekeer in homself bewerkstellig, eers moet hy bereid wees om die duiwelse uit homself uit te skeur en die pad na God te vind. Eers dan is hy werd om genees te word.'"
Die oorspronklike mens was nie siek nie
Die volgende woorde van Bruno Gröning verduidelik hierdie uitspraak en verklaar die ontstaan van siekte: "Hoe het dit hoegenaamd daartoe gekom dat die mens siek geword het? Die oorspronklike mens was nie siek nie. Die mense het sleg geword, steeds slegter van geslag tot geslag. Die slegtigheid het so wyd uitgebrei dat dit spoedig nie meer moontlik is om te leef nie. Twis en stryd, selfs in die gesin, meer oorlog as vrede onder die volkere! Die sorge het 'n geestelike leed oor die mensheid gebring en dit is so diep gewortel dat die mense moes siek word. Die een belas geestelik die ander. Die mense is bedorwe, hulle het hulself van die natuurlike verwyder, baie het geloof in God verloor. Wie egter die goddelike pad byster raak, raak ook sy gesondheid kwyt."
As die mens gesondheid wil terugkry deur Bruno Gröning, dan moet hy bereid wees om van die "slegtigheid" af te sien. Hy moet syrug draai op die slegte, die siekte, hom daarvan losmaak, nie meer dink aan "my asma, my rumatiek ensovoorts" nie. Dit is nie altyd so maklik nie. Dit vereis 'n innerlike verandering. Die mens moet sy denke fundamenteel omskakel. Hy moet nie meer soos gewoonlik aan die siekte nie, maar aan die gesondheid glo. Hy moet die geloof opneem dat selfs ongeneeslike siektes genees kan word.
"Met blote verstand kan ek nie begryp word nie"
Wat verwag Bruno Gröning daar van diegene wat hulp soek! Kom logiese denke nie in verset om so'n eis ernstig op te neem nie? Hoe moet gewrigte wat misvorm is deur gewrigsontsteking weer in orde kom, verlamde ledemate weer in staat kom om te funksioneer? Hoe kan dit moontlik wees om siekte aan Bruno Gröning af te gee sonder dat hy die kleinste behandeling verrig, ja selfs sonder dat die siekte selfs aan hom beskryf word? Is dit nie 'n belediging vir elke nugter denkende mens nie?
Dit is inderdaad 'n groot ommekeer wat Bruno Gröning van die mens verwag. Dit beteken om elke wetenskaplike verstandsgeöriënteerde denke opsy te skuif en die geloof op te neem in iets hoërs. Sy leer berus op heeltemal ander prinsiepe as die van die huidige gebruiklike verstandige denke wat uit die materialistiese tydgees voortgekom het. Daarom het hy dikwels gesê: "Ek kan beslis nie met die verstand begryp word nie."
Die oorsaak van siektes
Wanneer die verbinding na die goddelike kragbron ontbreek
’n Siekte is geen toeval nie
Baie mense leef vandag in die geloof datsiekte iets toevalligs is wat plotseling opduik en die mens as't ware uit die niet oorval. Daarenteen sê Bruno Gröning: "Hoe verder die mens hom van God afwend, wetend of onwetend, hoe minder lewe is daar in sy liggaam, sodat daar skaars nog genoeg lewe oor is vir die organe om te kan reageer soos hulle deur hom bepaal word. Hy kan nie meer met volle krag deur die lewe gaan nie. Hy het losgeraak van die kragbron. Uiteindelik het hy die verbinding met die groot goddelike kragbron verloor. Hy kan nie meer die kragvan God in homself opneem nie. En so verander sy liggaam in 'n wrak."
Tussen God en die mens het 'n groot kloof onstaan
Hoe die mens weer tot gesondheid kan terugkeer, beskryf Bruno Gröning as volg: "God het die mens mooi, goed en gesond geskape. So wil Hy hom ook hê. Oorspronklik was die mense geheel en al met God verbonde, daar was slegs liefde, harmonie en gesondheid, alles was een. Maar toe die eerste mens na die stem, na die kwade wat buite hierdie eenheid gespreek het, geluister het en dit gedoen het, toe is hierdie verbinding vebreek en sedertdien staan God hier en die mens daar. Tussen God en die mens het 'n groot kloof ontstaan. Daar is geen verbinding meer nie.
Die mens – op homself aangewese - kan so gelowig wees as wat hy wil en bid, hy sal op sy lewensweg steeds deur die kwade aangeval word en in die diepte ingetrek word. Op jou lewensweg het jy daar aangekom, daar onder. Jy beleef ongeluk, pyn, ongeneeslike kwale. Ek sê vir jou: moenie nog dieper gaan nie, ek roep jou op tot 'n groot ommekeer! Kom op en ek bou vir jou 'n brug oor die kloof! Gaan van die lydenswegoor na die goddelike weg! Hierop is geen ongelukkigheid, geen pyn, geen ongeneeslikheid nie - daar is alles goed. Hierdie weg lei terug na God!"
Die leer van Bruno Gröning
Hulp en genesing op geestelike wyse
Die leer van Bruno Gröning is gebaseer op die invloed wat geestelike kragte op mense het. Die invloed van hierdie kragte is groter as wat meeste mense besef.
Die mens as "battery" - om sy funksies te vervul moet hy altyd weer nuwe lewensenergie opneem
Bruno Gröning vergelyk die mens met 'n battery. In die daaglikse lewe gee elkeen krag af. Nuwe lewensenergie word egter nie meer in toereikende mate opgeneem nie. Net soos wat 'n afgelope battery nie meer kan werk nie, kan 'n kragtelose liggaam ook nie meer sy funksies verrig nie. Gespannendheid, senuweeagtigheid, lewensangs en uiteindelik siekte is die gevolg.
Bruno Gröning verklaar hoe jy weer nuwe energie kan kry. Geloof in die goeie is hiervoor nodig, net so seer as die wil om gesond te word. 'n Mens word orals omring deur genesende golwe wat jy net moet opneem. Volgens Bruno Gröning is daar geen ongeneesbare siektes nie, soos bewysdeur talle suksesberigte wat deur medici bevestig is. Die genesings vind hier slegs op geestelike wyse plaas en is gevolglik nie afhanklik van Bruno Gröning se fisiese liggaam nie.
Hoe die mens die heilstroom die beste opneem
Om hierdie Heilstrom op te neem, moet die hulpsoeker met geopende hande sit sonder om die arms of bene te vou, sodat die helende stroom ongehinderd kan deurvloei. Gedagtes oor die siekte en sorge sal dit teëwerk, terwyl gedagtes oor iets moois dit sal aanhelp.
Wanneer die Heilstrom deur die liggaam vloei, kom dit by siek organe uit en begin met sy reinigende werking. Dit kan pyn tot gevolg hê, wat juis 'n aanduiding is dat die genesing besig is om plaas te vind. Aangesien die siekte in sy wese nie die wil van God is nie, sal dit mettertyd verdwyn. In enkele gevalle vind die genesing selfs dadelik plaas. Dit is noodsaaklik dat die persoon nie meer aan die siekte dink nie, maar glo dat daar vir God nie so iets soos ongeneesbaar is nie.
Om verder ook gesond te bly, stel die Bruno Gröning vriendegroep hulle daagliks in op die Heilstrom. 'n Gesonde liggaam is die grondslag vir 'n lewe in harmonie met jouself, jou medemens en die natuur.
Bruno Gröning gee sy leer aan die mense
Die doel van die leer van Bruno Gröning is om van elkeen iemand vol lewensvreugde te maak, vry van liggaamlike en geestelike probleme.
Bruno Gröning woordeliks hieroor: "Hierdie leer van my is 'n uitgesproke lewenswysheid waarvolgens reeds baie van my vriende leef en daarmee sukses gehad het. Deur aanname van hierdie leer het daar in hulle 'n volledige ommekeer tot stand gekom, wat selfs in baie gevalle gelei het tot sukses in hulle gesondheid."
Bruno Gröning het net een doel voor oë gehad: om die wat ly te help. Hy het sy leer aan hulle gegee om mee te neem op die lewensweg, wat nie op intellektuele oorwegings berus nie, maar ontstaan het uit intuïtiewe aanvoeling van geestelike wetmatighede. Hy wat hom besighou met hierdie leer, kry 'n onverwagte kompleksiteit en sal erken dat hierdie leer veel verder oor die aspek van genesing gaan deurdat die mens nie net heil in sy liggaam ondervind nie maar ook in sy siel. Bruno Gröning het die mensdom opgeroep om in die goeie te glo en dit in die daad om te sit.