Bruno Gröning (1906-1959)

'n Buitengewone mens in maatskaplike geskil

Bruno Gröning in HerfordIn 1949 het die naam van Bruno Gröning oornag wydbekend geword in Duitsland. Berigte het verskyn in die pers, op radio en op nuusfilms. Maande lank het die gebeure rondom die "wonderdoktor" soos hy spoedig bekend sou word, die hele land in rep en roer. 'n Film is oor hom gemaak, wetenskaplike ondersoekkomissies het bymekaargekom en regeringgesag op die hoogste vlak het by die geval Bruno Gröning betrokke geraak. Die welsynsminister van Noordryn-Wesfale het hom laat vervolg weens oortredings van die wet op alternatiewe genesers, terwyl die eerste minister van Beiere daarteenoor verklaar het dat so'n besondere verskynsel nie veroordeel moet word weens 'n paar paragrawe op papier nie. Die Beierse ministerie van binnelandse sake het Gröning se werking beskryf as 'n "kostelose liefdestaak."

Op alle vlakke van die samelewing is daar heftig oor die geval Bruno Gröning gediskuteer. Emosies het hoog geloop. Geestelikes, dokters, joernaliste, regslui, politici en sielkundiges: almal het Bruno Gröning bespreek. Vir party was sy wondergenesings 'n genade van bo, vir ander weer kwaksalwery. Dog die feit van sy genesings is deur mediese ondersoeke bevestig.

Wêreldwye belangstelling in ’n eenvoudige arbeider

Bruno Gröning was 'n eenvoudige arbeider wat in 1906 in Danzig gebore is en na die oorlog as vlugteling na Wes-Duitsland geëmigreer het. Hy het verskeie betrekkings gehad, o.a. skrynwerker, fabrieks- en hawe-arbeider. Skielik was hy die middelpunt van openbare belangstelling. Die nuus van sy wondergenesings het oor die hele wêreld versprei. Siek mense sowel as bedelbriewe en aanbiedings het van oraloor ingestroom. Tienduisende soekers na genesing het pelgrimstogte na sy genesingsoorde aangepak. 'n Ommekeer in die geneeskunde was op hande.

Ingeperk deur verbod, hofsake en winsgierige medewerkers

Daar was egter ook teenkanting. Alles is gedoen om hom te kortwiek. Hy is verbied om genesings te doen en hofsake is aanhangig gemaak. Alle pogings om sy werk in die bestaande sosiale struktuur op te neem, het skipbreuk gely. Enersyds was daar weerstand van die outoriteite, andersyds onvermoë of gierigheid van sy medewerkers. Met sy dood in Parys in 1959 was die laaste hofsaak nog in volle swang. Die verrigtinge is gestaak en 'n finale uitspraak is nooit gelewer nie. Vele vrae bly egter onbeantwoord.

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning