Die leer van Bruno Gröning

Hulp en genesing op geestelike wyse

Bruno Gröning in einer Gemeinschaftsstunde.Die leer van Bruno Gröning is gebaseer op die invloed wat geestelike kragte op mense het. Die invloed van hierdie kragte is groter as wat meeste mense besef.

Die mens as "battery" - om sy funksies te vervul moet hy altyd weer nuwe lewensenergie opneem

Bruno Gröning vergelyk die mens met 'n battery. In die daaglikse lewe gee elkeen krag af. Nuwe lewensenergie word egter nie meer in toereikende mate opgeneem nie. Net soos wat 'n afgelope battery nie meer kan werk nie, kan 'n kragtelose liggaam ook nie meer sy funksies verrig nie. Gespannendheid, senuweeagtigheid, lewensangs en uiteindelik siekte is die gevolg.

Bruno Gröning verklaar hoe jy weer nuwe energie kan kry. Geloof in die goeie is hiervoor nodig, net so seer as die wil om gesond te word. 'n Mens word orals omring deur genesende golwe wat jy net moet opneem. Volgens Bruno Gröning is daar geen ongeneesbare siektes nie, soos bewysdeur talle suksesberigte wat deur medici bevestig is. Die genesings vind hier slegs op geestelike wyse plaas en is gevolglik nie afhanklik van Bruno Gröning se fisiese liggaam nie.

Hoe die mens die heilstroom die beste opneem

Om hierdie Heilstrom  op te neem, moet die hulpsoeker met geopende hande sit sonder om die arms of bene te vou, sodat die helende stroom ongehinderd kan deurvloei. Gedagtes oor die siekte en sorge sal dit teëwerk, terwyl gedagtes oor iets moois dit sal aanhelp.

Wanneer die Heilstrom deur die liggaam vloei, kom dit by siek organe uit en begin met sy reinigende werking. Dit kan pyn tot gevolg hê, wat juis 'n aanduiding is dat die genesing besig is om plaas te vind. Aangesien die siekte in sy wese nie die wil van God is nie, sal dit mettertyd verdwyn. In enkele gevalle vind die genesing selfs dadelik plaas. Dit is noodsaaklik dat die persoon nie meer aan die siekte dink nie, maar glo dat daar vir God nie so iets soos ongeneesbaar is nie.

Om verder ook gesond te bly, stel die Bruno Gröning vriendegroep hulle daagliks in op die Heilstrom. 'n Gesonde liggaam is die grondslag vir 'n lewe in harmonie met jouself, jou medemens en die natuur.

Bruno Gröning gee sy leer aan die mense

Die doel van die leer van Bruno Gröning is om van elkeen iemand vol lewensvreugde te maak, vry van liggaamlike en geestelike probleme.

Bruno Gröning woordeliks hieroor: "Hierdie leer van my is 'n uitgesproke lewenswysheid waarvolgens reeds baie van my vriende leef en daarmee sukses gehad het. Deur aanname van hierdie leer het daar in hulle 'n volledige ommekeer tot stand gekom, wat selfs in baie gevalle gelei het tot sukses in hulle gesondheid."

Bruno Gröning het net een doel voor oë gehad: om die wat ly te help. Hy het sy leer aan hulle gegee om mee te neem op die lewensweg, wat nie op intellektuele oorwegings berus nie, maar ontstaan het uit intuïtiewe aanvoeling van geestelike wetmatighede. Hy wat hom besighou met hierdie leer, kry 'n onverwagte kompleksiteit en sal erken dat hierdie leer veel verder oor die aspek van genesing gaan deurdat die mens nie net heil in sy liggaam ondervind nie maar ook in sy siel. Bruno Gröning het die mensdom opgeroep om in die goeie te glo en dit in die daad om te sit.

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning