Eerstehandse getuie H. Steurer

Bruno Gröning help ’n oorlogsgestremde

Bruno Gröning am ZugfensterBruno Gröning was dikwels onderweg met die trein na hulpsoekers, toe daar op een van die reise die volgende gebeur:

H. Steurer: "Die trein waarin Bruno Gröning was, het die stasie van Innsbruck binnegekom. Dit sou vir 'n kort rukkie daar stop. Bruno Gröning skuif die venster van sy kompartement af en kyk na buite. Op dieselfde tyd was ek besig om te wag op dieselfde perron. Ek het erg pyn gehad.

Ek het in 'n koerantartikel gelees van Bruno Gröning en sy werk op die lydende mensheid. Teenoor my het die sneltrein gestaan waaruit Bruno Gröning gekyk het. Toe gaan ek na hom en vra hom om my te help want ek het soveel pyn gehad. Bruno Gröning gaan terug die koepee binne en oorhandig aan my deur die venster 'n balletjie van silwerpapier. Hy sê toe ek moet die balletjie op die pynlike plek plaas en bid. Daarna het die trein weer in beweging gekom.

Die pyn was as gevolg van 'n mynontploffing en die beserings wat deur die skerwe veroorsaak is. Sedertdien was ek sonder 'n regteroog en een arm. Ek het die advies van Bruno Gröning onmiddellik gevolg en die balletjie daarop geplaas. In 'n kort tydjie was die pyn weg en het nooit weer teruggekom nie. Direk vanaf die eerste moment het mnr Gröning op my 'n besondere en groot indruk gemaak. Ek het die gevoel gehad dat hy iemand was wat werklik kon help. Hy het ook geen geld vir die balletjie gevra nie maar my eenvoudig onbaatsugtig gehelp."

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning