Sy laaste weg

Op 26 Januarie 1959 sterf Bruno Gröning in Parys

Bruno Gröning met vrou Josette

Diagnose: maagkanker in ’n gevorderde stadium

In die laatherfs van 1958 reis Bruno Gröning met sy tweede vrou Josette, met wie hy in Mei 1955 getroud is, na Parys en laat hom ondersoek deur 'n bevriende kankerspesialis dr Pierre Grobon. Na vele X-straal opnames was die uitslag maagkanker in 'n gevorderde stadium. Dr. Grobon wou dadelik opereer maar Bruno Gröning het dit van die hand gewys.

Hy reis terug na Duitsland en berei hom voor vir Kersfeesviering met die groepe. Op 4 Desember maak hy 'n bandopname wat by al die Kersfeesvieringe gespeel moes word. Daarna reis hy met sy vrou opnuut na Parys. Dr. Grobon het intussen die hoogaangeskrewe kankerchirurg dr. Bellanger ingelig. In sy kliniek, nie ver van Montmartre nie, is 'n operasie gedoen op 8 Desember. Die resultaat was vir die dokters skokkend: dit was nog veel erger as wat die X-strale hulle laat vermoed het - nie meer opereerbaar nie. Die wond is net so weer toegewerk.

Verbasend vinnige herstel

Josette Gröning het daaroor geskryf: "Hulle kon nie verstaan dat Bruno Gröning se uiterlike voorkoms so min van sy vreeslike innerlike lyding kon verberg nie, dat hy nog normaal kon asemhaal, dat uitskeiding nog in die laaste weke sonder probleme kon funksioneer, dat sy bloedtoestand uitstekend was. In hierdie gevorderde stadium is daar gewoonlik gereelde braking by die geringste voedselinname, en die swaar beproefde pasiënt moet stadigaan verhonger. By Bruno was dit nie die geval nie."

Tot die verbasing van sy dokters herstel hy vinnig en reis terug na Duitsland waar hy Kersfees deurbring. Middel Januarie 1959 vergader hy drie dae lank met die leiers van die nuwe vereniging en bepaal hoe die werk voortgesit moes word. Hulle het nie vermoed dat dit die laaste samekoms met Bruno Gröning sou wees nie.

Operasie in Parys tesame met onweer in die natuur

Op 21 Januarie vlieg hy weer terug na Parys. Weens verstopping van die dikderm was 'n operasie onvermydelik. Op 22 Januarie om 9:00 in die oggend - op dieselfde oomblik toe in München die hersieningsaak begin het - word Bruno Gröning opnuut geopereer. Hy moes dit ondergaan wat hy talle ander mense gespaar het, hy kon en durf homself nie help nie.

Terwyl hy daardie oggend onder narkose was, het daar skielik 'n swaar donderstorm oor Parys losgebars. Gröning se vrou berig daaroor: "Die volgende natuurverskynsel was ook merkwaardig: Op 22 Januarie 1959 terwyl my man onder narkose was, het 'n skielike storm met blits en donderweer die helder dag verdonker. Dit het so donker geword dat 'n mens helder oordag die ligte moes aanskakel. Die verpleegsters het hulle verbasing uitgespreek oor die swaar weer. In die dae wat sou volg op die operasie was Bruno se temperatuur, sy bloeddruk en polsslag heeltemal normaal. Hy het selfs tweemaal opgestaan en in 'n stoel gesit."

"Totaal verbrand van binne"

Op die 25ste verval hy in 'n koma en op die volgende dag, 26 Januarie 1959 sterf Bruno Gröning in die Henner kliniek aan kanker, soos deur die dokter op die doodsertifikaat aangedui. Was dit werklik kanker? Na die tweede operasie het dr. Bellanger gesê: "Die vernietiging in Bruno Gröning se liggaam is vreeslik, daar is totale inwendige verbranding. Hoe hy so lank en sonder om van die vreeslike pyn te beswyk, nog aan die lewe kon bly, is vir my 'n raaisel."

Bruno Gröning het reeds 'n jaar van te vore gesê: "As die werking my verbied word, sal ek van binne verbrand."

Doodsberig

Hoe Bruno Gröning hierdie bittere stryd gedra het, getuig 'n brief wat Dr. Grobon op 26 Februarie 1959 aan sy weduwee skryf: "Hierdie [behandeling van Bruno Gröning deur die dokters] was net natuurlik, en ek kan sê, dit het sterk ondersteuning gekry deur die moed en wilskrag van die besondere persoon Bruno Gröning.[...] "

In Desember 1974 het dr. Bellanger sy bewondering vir Bruno Gröning nogmaals in 'n brief uitgedruk: "Bruno Gröning was 'n man met 'n hart, 'n waardevolle mens, wat homself kon laat geld en sy waardigheid in die aangesig van lyding en die dood dwing vandag nog bewondering af."

Na verassing van die oorskot kom ’n finale regsuitspraak

Die liggaam van Bruno Gröning is in 'n krematorium in Parys veras en die as in 'n kruik ter ruste gelê in die boskerkhof van Dillenburg.

Weens oorlye van die aangeklaagde, is die hofsaak ter syde gestel en 'n finale oordeel is nooit gelewer nie.

Elkeen kan vanuit homself hulp en genesing ontvang

Die "Wonderdokter van Herford" wat duisende mense genees het, sterf eensaam en verlate in 'n agterstraatjie van Parys. Hoekom moes dit gebeur? Hoekom moes hy so 'n bittere lyding dra? Hoekom kon hy homself nie help nie?

In haar boek Ondervinding van genesing, dit is die waarheid skryf Grete Häusler (1922-2007), jarelange medewerker en geneesde van Bruno Gröning en stigter van die Bruno Gröning Vriendekring: "Bruno Gröning het in sy kort lewe op aarde baie wat goed is bewerkstellig. Die gawe van hulp en genesing is hom reeds van geboorte af geskenk. Orals waar hy gekom het, het wonderlike dinge gebeur wat nie met die menslike verstand te verklaar is nie. In 1949 het hy in die openbare oog gekom. Drie maande na die groot genesings in Herford en nadat hy in Duitsland sowel as buitelands op almal se lippe was, is hy verbied om genesing te doen. Hy is vervolg, belaster en aangekla en die mense wou hom straf en veroordeel. Waarom? Aan wie het hy kwaad gedoen? Aan niemand nie, maar aan duisende het hy meer goed gedoen as wat enigiemand anders ooit kon doen. As onskuldige wou die mense hom straf en hom keer om dit te doen waartoe God hom geroep het - om die mense te help! In bitterheid moes hy hierdie kwaadwilligheid verdra in die kankerkliniek in die rue Henner in Parys! Onder bittere pyn het hy van binne af deur die heilstroom verbrand wat hy nie meer mog uitstuur nie. Die menslike wet wou hom dit verbied in Duitsland. Onder alle leuens en laster het hy as aangeklaagde daar gestaan soos 'n misdadiger! Stil en alleen, geen vriend het daarvan geweet nie, het hy die leed van die mensheid gedra. Dit was nie tevergeefs nie. Dit moes so gebeur, anders was dit nie moontlik dat hy die mensheid kon help nie."

In haar boek Ek lewe, sodat die mensheid kan verder leef skryf sy: "Ons moet versigtig wees om die woord 'slagoffer' te gebruik. Maar hier in Parys wanneer Bruno Gröning sterf, is hierdie woord in al sy ernstigheid, die waarheid."

Slegs só was dit moontlik dat sy woord in vervulling kon gaan, soos vandag gestaaf word deur ontelbare suksesberigte: "Wanneer ek nie meer as mens op hierdie aarde is nie, d.w.s. wanneer ek my menslike liggaam verlaat het, dan sal die mensdom sover wees dat elkeen die hulp en genesing kan ervaar."

Voortsetting van die hofsaak

Appèl en hersiening

Bruno Gröning en prokureur Schwander

Nadelige uitkoms vir Gröning

By die appèlsaak van Januarie 1959 was dit tot Bruno Gröning se nadeel dat nie hy nie, maar die staatsaanklaer die appèlsaak aanhangig gemaak het. Dit was egter nie net hierdie nalatigheid van sy prokureur wat hom skade berokken het nie maar ook lg. se vertraging met die vrystelling van die dossier aan sy nuwe regsverteenwoordiger wat voorbereiding van die saak belemmer het.

'n Verdere nadeel was die veel meer sekere optrede van teengetuies, in teenstelling met die eerste verhoor. Hulle was skynbaar verenig oor die punt van "Verbod van die dokter."

Gevangenis en boete opgeskort, "’n Skande" sonder opklaring van die genesingsvraag

Hierdie keer was die vonnis: Agt maande gevangenis weens manslag deur nalatigheid en 5000 DM boete weens verbreking van die wet op alternatiewe genesing. Die vonnis is opgeskort.

Barones Anny Ebner von Eschenbach wat die eerste sowel as die tweede verhoor as toeskouer in die hof meegemaak het, het dievonnis beskryf as "'n skande vir Duitsland".

Bruno Gröning het verklaar dat hy bestraf word omdat hy goed gedoen het. Hy het dit betreur dat tydens die hele verhoor niemand daarin geïnteresseerd was oor hoe 'n genesing plaasvind nie, nie eers sy eie prokureurs nie. As 'n mens op hierdie vraag ingegaan het, sou mens sien dat sy werking niks in gemeen gehad het met mediese behandeling nie. Die saak sou teruggetrek moes word. Dog die antwoord op hierdie vraag het niemand by die gereg geïnteresseer nie. Daar was 'n voorop gestelde opinie omtrent Gröning en niemand was bereid om daarvan af te sien nie.

Opdrag vir revisie kort voor sy dood 

Dog ook dit was nie die einde van die saak nie. Hierdie keer het Bruno Gröning geappelleer. Die appèlsaak sou op die 22 Januarie 1959 in die Hooggeregshof van München verhoor word. Daar het egter niks van gekom nie omdat Bruno Gröning in dieselfde maand oorlede is.

"Sy woord verdryf die siekte"

Die genesings het voortgegaan ten spyte van die hofsake en die genesingsverbod

'N Paar danksy Bruno Gröning

Uitwendige gesondmaking en innerlike verandering

Tydens hierdie dispute en stryd het die werking van Bruno Gröning gewoon verder gegaan. So berig die mediese joernalis Dr. Horst Mann o.a. in 1957 in 'n artikel in Neuen Blatt onder die titel "Sy woord verdryf die siekte":

"Die volgende oggend ry ek van Hamelin na Springe, 'n klein dorpie op die walle van die Deister rivier. Ook hier is daar reeds 'n Gröning gemeenskap gestig. Die oorsaak daarvoor was die genesing van ’n hele aantal mense. Ook hier het ek ervaar wat ek reeds voorheen in verskeie plekke in Schleswig-Holstein gesien het, soos Augsburg, Hameln, Wien, Plochingen en andere: Mense het opgestaan en my van hulle siektes vertel. Hulle noem die dokters wat hulle behandel het. Hulle vertel van hulle genesing te danke aan Gröning. En altyd was hulle bereid om dit onder eed te bevestig.

'Reeds as baba was beide my heupgewrigte uit potjie', vertel die vyftigjarige Julie Prohnert uit Hannover. 'Later kon ek slegs met krukke loop. Die dokter kon my lyding slegs verlig. Toe ek 'n voordrag van mnr Gröning hoor, ondervind ek 'n sterk reaksie. My rug, wat reeds heeltemal kromgetrek was, het weer reguit geword. Ek kon weer loop. Ek het geen terugslae meer gehad nie...'

'Ek het gewrigsrumatiek gehad en was voortdurend gepla met uitslag en absesse. Mnr Gröning het my daarvan bevry,' sê Wilhelm Gabbert uit Hameln.

'My lyding aan gal kon slegs deur morfien draaglik gemaak word,' berig Kurt Severit uit Evestorf. 'Te danke aan Bruno Gröning is ek van hierdie siekte bevry.'

'Ek het hoë bloedsuiker gehad,' berig Robert Thies uit Springe. 'Nog meer bedreigend was hartversaking. Beide kwale is vandag geen kwelling vir my meer nie. Daarvoor het ek Bruno Gröning om te bedank.'

Hierdie lys kan nog verder uitgebrei word. Dit was mense van alle ouderdomme wat my vertel het, mans, vrouens en kinders. Baie siektes is genoem, beginnende by hoofpyn, deur senuweeontsteking, heupjig, nier en galblaas probleme, tot hartversteurings en verlamming.

Maar daar was nog iets anders wat my diep getref het. Vrymoediglik vertel heelwat van die toehoorders dat hulle deur Gröning 'n innerlike verandering ondergaan het. Dienajaag van sukses en 'n egoïstiese houding het plek gemaak vir innerlike rus, aanvaarding en gemeenskapdienende denke."

Eie vertroue maak suksesvolle genesing my elke mens moontlik

Dr. Horst Mann verder: "By al hierdie gesprekke met mense wat deur Bruno Gröning genees is, het een vraag al sterker na vore getree. Was die genesing by enigiemand of meer nog, by enige siekte moontlik? Waar was die grense van die krag wat van Gröning uitgegaan het? Was daar nie ook gevare daaraan verbonde nie? [...]

By my laaste besoek stel ek hierdie vraag aan hom. 'Ek kan, en wil geen mens dwing nie,' antwoord hy. 'As iemand hom afsluit en nie die bereidwilligheid in hom omdra om die krag te laat werk nie, dan ontbreek die bereidheid ook by my om in te gryp. Ek vra hierdie mense slegs om die grendel van die bose te ontsluit, wat die heil verhinder.'

Ek het nog 'n vraag gehad: 'Elke siekte is op 'n ander manier gevaarlik', sê ek. 'Veronderstel 'n swaar sieke, deur 'n aantal dokters reeds opgegee, ontbied u deur middel van 'n dokter wat nog nie opgegee het nie. Sou u kon help?'

'Ja', sê Gröning. Hy sê dit sonder huiwering. 'As 'n sieke daaraan glo en sy dokter vertrou, sal sukses nie uitbly nie. Die gesamentlike vertroue sal in die sieke ondenkbare kragte opwek. Dikwels kom die sukses juis die vinnigste daar waar die pasiënt uitvertwyfeling na die laaste grashalm gryp.'"

Skeiding met die Gröning verbond

Tyd om die skade in oënskou te neem

Skeiding met die Gröning verbond

Bekrompe burokrasie lê Gröning sommer ’n boete op

In Oktober 1957 was daar 'n woordewisseling tussen Bruno Gröning en die bestuur van die Gröning verbond. Deur bekrompe burokrasie het die vereniging Bruno Gröning heelwat skade berokken. Oorsaak van die dispuut was die hofuitspraak, waarvolgens Bruno Gröning binne 'n kort periode 2000 DM boete moes betaal. Omdat hy nooit geld vir sy werk gevra het nie en dus geen noemenswaardige fondse tot sy beskikking gehad het nie, het die bestuur van die Gröning verbond reeds voor die begin van die hofsaak besluit om alle kostes te dra. Of die boete egter daarby ingesluit sou wees, was binne die bestuur 'n twispunt. Deur middel van 'n lang uitgerekte burokratiese proses wou hulle vasstel of die vereniging wel aanspreeklik sou wees vir die boete van 2000 DM. Eers daarna sou hulle hulle bekommer oor waar die geld vandaan moes kom. Hieruit was dit duidelik dat die geld, indien hoegenaamd, Bruno Gröning telaat sou bereik. Die vereniging sou dus stilswyend toesien, sonder om enige aksie te neem, dat Bruno Gröning tronk toe gestuur sou moes word omdat hy nie die boete kon betaal nie. Hierdeur het dit tot ’n openlike konflik gekom en uiteindelik ’n breuk met die bond.

Valse vriende 

In sy omvattende geskrif van 62 bladsye oor die Balans oor die aktiwiteit van die bond het hy alle punte aangespreek waarin die bond hom skade berokken het. Samevattend verklaar hy: "As ek vandag 'n vergelyking maak tussen my vroeëre omgewing (Die profytmakers Meckelburg, Enderlin, Schmidt en Hülsmann) en vandag se omgewing (die verenigingsbestuurslede) kom ek tot dieselfde gevolgtrekking: Vandag is die eindresultaat dieselfde as destyds. Vandag, deur die werk van diegene wat veronderstel is om my beste en intiemste vriende te wees, is niks anders bereik as destyds nie. Destyds is ek bedrieg deur die gemene dade van daardie werkers. Vandag het vriende my verraai deurdat ek geen hulp ontvang het nie, deurdat ek die gemeenskappe nie kon opsoek nie omdat ek sonder vervoer was, deurdat niemand enigiets gedoen het teen die negatiewe pers aksie nie, deurdat net verwarring geskep is, deurdat niemand daar was vir my toe ek mense nodig gehad het nie. Mense wat deur hulle kennis en posisie in die lewe my sou kon en moes ondersteun, sodat bereik kon word waarvoor ek op hierdie aarde is.

Nie een van hierdie vriende het moeite gedoen om ter wille van my te veg vir myvryheid nie. Niemand het die moed gehad om werklik vir my in die bresse te tree nie. Niks het gebeur nie. Die een besluit na die ander is deur kleinlike burokrasie geneem. Niemand het werklik namens my opgetree nie, niemand het homself ten volle aangebied om my vir eens en altyd te bevry van die stryd teen die hofsake, teen die pers, vir 'n assistent, vir die kar wat stukkend was, teen die smeerveldtog en laster ens. ens. Daar was niemand wat vir my kom optree sodat ek dit kon doen waarvoor ek op die aarde gekom het nie, naamlik om die krag van die lewe aan die mense oor te dra en hulle te lei in die geloof.

Niemand het daaraan gedink dat ek daarvoor rus nodig gehad het en nie altyd deur uiterlike wêreldlike invloede onderbreek moes word nie, dat ek 'n werklike skans nodig gehad het sodat ek my gawe ongestoord kon laat werk. Niemand nie, ook nie onder my vriende, of diegene wat wou voorgee dat hulle my vriende wou wees nie. En dit is vir my mees teleurstellende en beskamende:

- Die profytmakers wat voordeel wou trek, is deur almal as slegte mense erken.
- Die vriende van diem Gröning verbond is te halfhartig, te ongeërg, te gemaklik, ek wil nie sê kwaadwillig nie.

Maar die resultaat is dieselfde: Ek is nie vry nie. Baie vriende van die Gröning verbond se bestuur het nie hulle belofte gehou nie. Ek is deur alle maatreëls slegs aan bande gelê."

Mislukking van die vereniging benadering

Weisser het uitgetree en die Gröning verbond, wat nooit daarin kon slaag om as amptelike vereniging geregistreer te word nie, is kort daarna ontbind. In die plek daarvan het die Vereniging vir die bevordering van geestelike en natuurlike lewensbeginsels gekom. Dit is gestig in 1958 en die leiers was Erich Pelz in Duitsland en Alexander Loy in Oostenryk. Maar ook hierdie vereniging, die laaste wat nog gedurende Bruno Gröning se lewe gestig is, kon nie lewer wat daarvan verwag is nie. Bruno Gröning se naam het nie eers in die konstitusie daarvan voorgekom nie.

Die groot hofsaak (1955-1957)

Aanklag van onopsetlike manslag en vryspraak met finale genesingsverbod

Bruno Grönings groot hofsaakOp 4 Maart 1955 het die staatsaanklaer 'n nuwe klag teen Bruno Gröning gelê. Weer is hy daarvan beskuldig dat hy die wet op alternatiewe genesing verbreek het. 'n Verdere aanklag was dat hy deur nalatigheid die dood van iemand veroorsaak het.

Gröning weerspreek die veronderstelde genesingsbelofte en die verbod op doktersbehandeling

Nadat die dagvaarding op hom bestel is, het hy hom tot sy vriende gewend: "My liewe vriende, In hierdie dae het die hele pers en die radio min of meer bekendgemaak dat die staatsaanklagkantoor II van München 'n saak teen my gemaak het as sou ek weens nalatigheid die dood van iemand veroorsaak het. Ek sou 'n sewentienjarige meisie wat aan tering gely het teen einde 1949 genesing belowe het en haar verhinder het om na 'n sanatorium te gaan en 'n dokter te gaan sien. Ek is glo skuldig aan die dood van hierdie meisie. Wie met helder verstand hierdie verklarings gelees het of gehoor het, sou herken het wat daarmee bedoel word: Om verwarring onder my vriende te saai en alle hulpsoekendes daarvan te weerhou om enigsins nader aan die strewe en kennis te kom wat ek verkondig het. Met alle middele word probeer om myself en die Gröning verbond sowel as julle aktiwiteitean bande te lê. Vanselfsprekend is dinge anders as wat hier voorgestel word! Ek hoef geen verduideliking aan my vriende te gee nie, hulle weet dat ek nooit enige 'genesingsbelofte' maak nie en nooit iemand afraai om doktersbehandeling te ondergaan nie."

Merkwaardige laat voorlegging van die ondersoeke

Gröning vêrder aan sy vriende: "Ek is in 1952 vrygespreek. Is dit nie eienaardig dat die "geval Kuhfuss" wat reeds aan die einde 1949, begin 1950 voorgekom het, destyds nie in die saak van 1951/1952 voorgelê is nie, al was alle dokumente daarvoor reeds voorberei en ter tafel gelê! Is dit nie opvallend dat die nuwe aanklagte teen my presies saamval met die tydstip waarop dit bekend gemaak is dat op 22 November 1953 in Murnau die Gröning verbond gestig is nie! Sedert Januarie 1954 is naamlik talle gemeenskapsleiers en vriende sowel as lede van die vereniging deur die polisie ondervra en dopgehou."

Vryspraak getuies weggewys, teengetuies welkom

Die voorbereiding van die saak het oor twee jaar gestrek. Bruno Gröning se verdediging is heelwat in die wiele gery. Omtrent allegetuies wat vir hom kon getuig is verbied, terwyl getuies vir die staat almal toegelaat is. Onder hulle was ook twee voormalige medewerkers van Gröning: Eugen Enderlin en Otto Meckelburg. In die besonder Meckelburg - in die eerste saak nog mede-aangeklaagde - het nou skerp teen Gröning gedraai. Hy het alles in sy vermoë gedoen om hom skade aan te doen. In die aanklag van dood deur nalatigheid het hy 'n beduidende rol gespeel. Dit was 'n geval wat afgespeel het in die tyd toe Meckelburg as "bestuurder" vir Gröning opgetree het.

Die gemanipuleerde geval van Ruth Kuhfuss

In November 1949 was die bankamptenaar Emil Kuhfuss met sy sewentienjarige dogter Ruth wat aan tuberkulose in albei longe gely het, by een van Bruno Gröning se voordragte. Gröning het dadelik besef dat niks meer vir die meisie gedoen kon word nie en dit ook aan 'n dokter wat teenwoordig was, genoem. Meckelburg het egter heftig aangedring dat Bruno Gröning die geval moes behandel. Na die voordrag was daar gevolglik 'n persoonlike ontmoeting tussen Bruno Gröning en Ruth Kuhfuss. Gröning het die sieke moed ingepraat en die vader versoek om 'n ondersoek deur 'n spesialis te laat doen na nege dae. Hy wou daarmee bewerkstellig dat die meisie weer onder mediese toesig kon kom aangesien sy niks meer van dokters wou weet nie. Die vader het verseker dat hy dit sou doen.

Korrespondensie wat daarna plaasgevind het is deur Meckelburg gehanteer en het nooit by Bruno Gröning uitgekom nie. Eers in Mei 1950 het hy weer van Ruth Kuhfuss gehoor. Die vader het intussen heelwat versoekbriewe om hulp aan Gröning gerig en om 'n besoek gesmeek. Meckelburg het die briewe egter nooit aangestuur nie maar op eie houtjie en sonder Gröning se medewete, 'n afspraak met Kuhfuss gemaak. Eers kort voor die afspraak het hy vir Gröning ingelig en hom gedwing om saam te kom.

Later het Meckelburg beweer dat Bruno Gröning aan die meisie 'n genesingsbelofte gemaak het. In der waarheid was dit Meckelburg self wat die vader verseker het dat hy Gröning so ver sou kry om sy dogter te genees. Meckelburg het in die bankamptenaar 'n goeie geldbron gesien wat hy kon melk, dog daarvoor het hy Gröning nodig gehad. Kort na hierdie besoek het Gröning hom van Meckelburg gedistansieer.

'n Erger aanklag wat teen Bruno Gröning gemaak is, was dat hy Ruth Kuhfuss verbied het om doktersbehandeling te ontvang. Daarteenoor staan egter die feit - en dit is deur getuies bevestig - dat hy die meisie reeds by die eerste ontmoeting na 'n dokter gestuur het. Ook in 'n radiopraatjie in die herfs van 1949 het hy die mense opgeroep om "hulle tot die einde aan 'n na-ondersoek deur 'n dokter te onderwerp". Hy het hulpsoekers steeds aangeraai om vertroue in hulle dokters te hê.

Ruth Kuhfuss, wat reeds 'n paar pynlike en onsuksesvolle behandelings agter die rug gehad het, het steeds geweier om verdere behandeling te ondergaan. Op 30 Desember 1950 sterf sy aan die gevolge van haar siekte.

Mediese sertifisering bevestig genesing hopeloos

Uit 'n mediese oogpunt het dr. med Otto Freihofer in 'n verklaring as deskundige getuie die geval Ruth Kuhfuss toegelig: "By nugtere ondersoek moet elke leek tot die oortuiging kom dat 'n genesing in die lig van die 'baie ernstige toestand' wat volgens doktersbevinding 'lewensbedreigend' was, menslik gesien buite die kwessie was. Dit is bevestig deur die gesondheidsowerhede van Säckingen. Net so sou elke eerlike regdenkende dokter in besit van die nuutste medisyne, en nie te selfvoldaan om te dink dat hy die kragte van die natuur kan ignoreer nie, met die deskundige getuienis van Prof Lydtin van München moes saamstem dat voor 5 November 1949 'daar nie 'n hoë waarskynlikheid vir genesing was nie.' Dit is in my opinie meer as wonderlik dat die pasiënt hoegenaamd nog tot 30 Desember 1950 aan die lewe kon bly. Die invloed van Gröning kon dus tog 'n mate van lewensverlenging gehad het. Samevattend wil ek dus my getuienis daarmee afsluit dat die idees dat: 'daar 'n vooruitsig van genesing was', 'of 'dat die lewenstyd van die pasiënt Kuhfuss nog verleng sou kon word as mnr Gröning nie in die nabyheid was nie' nòg met sekerheid voorspelbaar, nòg geregverdig is."

Mislukte regsuitspraak 

Einde Julie 1957 het die saak toe voorgekom in die Münchense distrikshof. Onder die aanklag van dood deur nalatigheid is Bruno Gröning vrygespreek. Onder die aanklag van verbreking van die wet op alternatiewe genesing is 'n boete van 2000 DM opgelê.

Alhoewel die uitspraak by eerste oogopslag positief voorkom, was dit vir Gröning onaanvaarbaar. Dit het effektief neergekom op 'n finale verbod op sy werk. Deur 'n oordeelsfout van sy prokureur, wat die vonnis heelwat meer positief beskou het as Gröning self, appelleer nie hy nie, maar wel die staatsaanklaer. Die tweede saak het in die middel van 1958 weer in München plaasgevind.

Die Gröning verbond

Hoop op vrye werking deur ’n vereniging

Bruno Gröning heeft een Gemeenskappe uurOm ten spyte van die geneesverbod so veel as moontlik mense te bereik het Bruno Gröning reeds aan die begin van die vyftiger jare plaaslike groepe gestig. Hier het hy van tyd tot tyd voordragte gelewer e alles daarvoor ingespan om sy kennis aan hulpsoekers oor te dra.

Wetlike beskerming en beroemde bestuur

As oorkoepelende organisasie stig hy op 22 November 1953 in Murnau/Seehausen die Gröning verbond. Die verbond moes as vereniging geregistreer word en Bruno Gröning so wettige ondersteuning vir sy werk bied. Hierdeur sou verdere konflik met die wet op alternatiewe geneeskunde finaal verhoed word.

Die bestuur van die Gröning verbond het onder andere bestaan uit: graaf Zeppelin, graaf Matuschka, Anny barones Ebner von Eschenbach, argitek en ingenieur Hermann Riedinger en direkteur Konstantin Weisser met aan die begin ook Rudolf Bachmann as stigterslid, van wie die verbond egter heel gou afgeskei het. Lewenslange president was Bruno Gröning.

Verslaggewer stel sy eie winsbejag bo die welsyn van die siekes

Sekretaris vir die verbond was die Heidelbergse joernalis en lektor Egon Arthur Schmidt. Hy was reeds in Herford na aan die "wonderdokter" en het die vereniging Ring van Bruno Gröning vriende gestig. Dit het egter nie opgetree soos Bruno Gröning verlang het nie en is na 'n kort tydjie ontbind. Gröning het hom destyds van Schmidt gedistansieer omdat laasgenoemde geldbydraes verduister het.

In 1952 wend Schmidt hom opnuut tot Gröning en verklaar dat hy sy dwaling ingesien het. Hy vra om toegelaat te word om weer by die opbou van die werk betrokke te wees en Bruno Gröning neem hom weer as medewerker aan. So het Schmidt weer die geleentheid gekry om te wys of hy die welsyn van die siekes werklik op die hart gedra het of maar weer net in sy eie finansiële voordeel belanggestel het.

In 1955 het Bruno Gröning finaal met Schmidt gebreek aangesien laasgenoemde nie sy gesindheid verander het nie. Hy het weer soos voorheen probeer om uit die vermoëns van Gröning te profiteer. Na die skeiding maak Schmidt ook 'n aantaldagvaardigings aanhangig teen Gröning. Hy wou ook met terugwerkende krag geld vir sy vrywillige medewerking afdwing.

Wie is nou vir wie daar – die verbond vir Gröning se werking of Gröning se werking vir die verbond?

Konstantin Weisser en Hermann Riedinger het gesamentlik bestuur van die verbond oorgeneem. Aan die eenkant was dit belowend want hulle het heelwat ondervinding gehad en hulle opleiding kon tot Bruno Gröning se voordeel gebruik word. Aan die ander kant weer, was daar die gevaar dat hulle hulself verhewe bo die eenvoudige arbeider sou beskou en dus teen sy wil sou optree omdat hy nie tot dieselfde vlak as hulle opgelei was nie.

Mettertyd het dinge inderdaad in hierdie rigting ontwikkel en was dit vir beide swaar om hulle enigiets deur Bruno Gröning te laat voorsê. Hulle skyn te vergeet het dat die verbond nie alleen die naam van Gröning gedra het nie maar ook ter wille van hom bestaan het. Vir hulle word die Gröning verbond al hoe meer 'n doel in sigself. Van sy eintlike doelstelling, naamlik om die noodlydendes te help, vergeet hulle heeltemal. Dit het gelyk asof hulle nie meer besef het dat die genesings deur Gröning plaasgevind het nie en nie die verbond nie.

So ontwikkel die Gröning verbond alhoemeer in die teenoorgestelde rigting as waarvoor dit oorspronklik bedoel was. Vir die man wie se naam dit gedra het, word dit 'n gevangenis wat in plaas van hom vry te maak, meer beperk.

Die eerste hofsaak oor die genesingsverbod (1951-1952)

Is Bruno Gröning se werking genesingspraktyk in die mediese sin?

Bruno Gröning aangeklaagd

Aanklag weens verbode uitoefening van geneeskunde

In 1951/52 staan Bruno Gröning in München vir die eerste keer in die hof, aangekla van verbode uitoefening van genesing. Waar die Beierse ministerie van binnelandse sake voorheen sy doen en late as 'n liefdestaak beskou het, word dit nou as genesing in die mediese sin beoordeel. Die aanklag het berus op die wet op alternatiewe geneeskunde van 1939 wat die vryheid van genesers wat tot daardie tyd gegeld het, verwyder het en in die hande van die nasionaal-sosialistiese (Nazi) dokters geplaas het.

Die ja en nee van die oortreding teen die alternatiewe genesingswet 

Bruno Gröning is op die eerste sowel as die tweede verhoor vrygespreek. Die voorsitter van die streekhof in München het in sy uitspraak van Maart 1952 verklaar:

"Die hof vind dit nie toepaslik om die beskuldigde te veroordeel op die basis van eensydige deskundige getuienis nie. Of die aktiwiteite van Gröning onder die wet op alternatiewe geneeskunde val is twyfelagtig omdat dit onder iets ressorteer waarvan ons vandag heeltemal te min kennis het."

In die appèl is die uitspraak van onskuldig voorbehou maar die aktiwiteite van Gröning is duidelik gedefinieer as synde geneespraktyk onder die wet op alternatiewe geneeskunde:

"Die aangeklaagde het dus sonder permit en sonder om 'n dokter te wees, diagnose, genesing en verligting van siektes, lyding of fisiese skade by mense toegepas, wat onder die wet as genesende aktiwiteit beskryf kan word.[…]"

Eerlike fout ooreenstemmend met genesingsverbod

Die uitspraak verder: "Die aangeklaagde kan egter nie veroordeel word nie omdat hy weens die objektiewe aard van geneespraktyk 'n eerlike oordeelsfout begaan het en dus nie met voorbedagte rade opgetree het nie."

Omdat die eerlike oordeelsfout wat Bruno Gröning sou gemaak het, in die uitspraak genoem is, was dit ten spyte van die onskuldig bevinding 'n effektiewe verbod op sy geneespraktyk. Van hierdie tydstip af het Bruno Gröning geweet dat sy aktiwiteite sou ressorteer onder die geneespraktyk soos vervat in die wet op alternatiewe geneeskunde en dus verbied sou wees. Die werklike inhoud van sy werk wat demonstreer dat sy werksmetode niks te doen gehad het met geneespraktyk in diemediese sin nie, is nie erken nie.

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning