Die Gröning verbond
Hoop op vrye werking deur ’n vereniging
Om ten spyte van die geneesverbod so veel as moontlik mense te bereik het Bruno Gröning reeds aan die begin van die vyftiger jare plaaslike groepe gestig. Hier het hy van tyd tot tyd voordragte gelewer e alles daarvoor ingespan om sy kennis aan hulpsoekers oor te dra.
Wetlike beskerming en beroemde bestuur
As oorkoepelende organisasie stig hy op 22 November 1953 in Murnau/Seehausen die Gröning verbond. Die verbond moes as vereniging geregistreer word en Bruno Gröning so wettige ondersteuning vir sy werk bied. Hierdeur sou verdere konflik met die wet op alternatiewe geneeskunde finaal verhoed word.
Die bestuur van die Gröning verbond het onder andere bestaan uit: graaf Zeppelin, graaf Matuschka, Anny barones Ebner von Eschenbach, argitek en ingenieur Hermann Riedinger en direkteur Konstantin Weisser met aan die begin ook Rudolf Bachmann as stigterslid, van wie die verbond egter heel gou afgeskei het. Lewenslange president was Bruno Gröning.
Verslaggewer stel sy eie winsbejag bo die welsyn van die siekes
Sekretaris vir die verbond was die Heidelbergse joernalis en lektor Egon Arthur Schmidt. Hy was reeds in Herford na aan die "wonderdokter" en het die vereniging Ring van Bruno Gröning vriende gestig. Dit het egter nie opgetree soos Bruno Gröning verlang het nie en is na 'n kort tydjie ontbind. Gröning het hom destyds van Schmidt gedistansieer omdat laasgenoemde geldbydraes verduister het.
In 1952 wend Schmidt hom opnuut tot Gröning en verklaar dat hy sy dwaling ingesien het. Hy vra om toegelaat te word om weer by die opbou van die werk betrokke te wees en Bruno Gröning neem hom weer as medewerker aan. So het Schmidt weer die geleentheid gekry om te wys of hy die welsyn van die siekes werklik op die hart gedra het of maar weer net in sy eie finansiële voordeel belanggestel het.
In 1955 het Bruno Gröning finaal met Schmidt gebreek aangesien laasgenoemde nie sy gesindheid verander het nie. Hy het weer soos voorheen probeer om uit die vermoëns van Gröning te profiteer. Na die skeiding maak Schmidt ook 'n aantaldagvaardigings aanhangig teen Gröning. Hy wou ook met terugwerkende krag geld vir sy vrywillige medewerking afdwing.
Wie is nou vir wie daar – die verbond vir Gröning se werking of Gröning se werking vir die verbond?
Konstantin Weisser en Hermann Riedinger het gesamentlik bestuur van die verbond oorgeneem. Aan die eenkant was dit belowend want hulle het heelwat ondervinding gehad en hulle opleiding kon tot Bruno Gröning se voordeel gebruik word. Aan die ander kant weer, was daar die gevaar dat hulle hulself verhewe bo die eenvoudige arbeider sou beskou en dus teen sy wil sou optree omdat hy nie tot dieselfde vlak as hulle opgelei was nie.
Mettertyd het dinge inderdaad in hierdie rigting ontwikkel en was dit vir beide swaar om hulle enigiets deur Bruno Gröning te laat voorsê. Hulle skyn te vergeet het dat die verbond nie alleen die naam van Gröning gedra het nie maar ook ter wille van hom bestaan het. Vir hulle word die Gröning verbond al hoe meer 'n doel in sigself. Van sy eintlike doelstelling, naamlik om die noodlydendes te help, vergeet hulle heeltemal. Dit het gelyk asof hulle nie meer besef het dat die genesings deur Gröning plaasgevind het nie en nie die verbond nie.
So ontwikkel die Gröning verbond alhoemeer in die teenoorgestelde rigting as waarvoor dit oorspronklik bedoel was. Vir die man wie se naam dit gedra het, word dit 'n gevangenis wat in plaas van hom vry te maak, meer beperk.
Die eerste hofsaak oor die genesingsverbod (1951-1952)
Is Bruno Gröning se werking genesingspraktyk in die mediese sin?
Aanklag weens verbode uitoefening van geneeskunde
In 1951/52 staan Bruno Gröning in München vir die eerste keer in die hof, aangekla van verbode uitoefening van genesing. Waar die Beierse ministerie van binnelandse sake voorheen sy doen en late as 'n liefdestaak beskou het, word dit nou as genesing in die mediese sin beoordeel. Die aanklag het berus op die wet op alternatiewe geneeskunde van 1939 wat die vryheid van genesers wat tot daardie tyd gegeld het, verwyder het en in die hande van die nasionaal-sosialistiese (Nazi) dokters geplaas het.
Die ja en nee van die oortreding teen die alternatiewe genesingswet
Bruno Gröning is op die eerste sowel as die tweede verhoor vrygespreek. Die voorsitter van die streekhof in München het in sy uitspraak van Maart 1952 verklaar:
"Die hof vind dit nie toepaslik om die beskuldigde te veroordeel op die basis van eensydige deskundige getuienis nie. Of die aktiwiteite van Gröning onder die wet op alternatiewe geneeskunde val is twyfelagtig omdat dit onder iets ressorteer waarvan ons vandag heeltemal te min kennis het."
In die appèl is die uitspraak van onskuldig voorbehou maar die aktiwiteite van Gröning is duidelik gedefinieer as synde geneespraktyk onder die wet op alternatiewe geneeskunde:
"Die aangeklaagde het dus sonder permit en sonder om 'n dokter te wees, diagnose, genesing en verligting van siektes, lyding of fisiese skade by mense toegepas, wat onder die wet as genesende aktiwiteit beskryf kan word.[…]"
Eerlike fout ooreenstemmend met genesingsverbod
Die uitspraak verder: "Die aangeklaagde kan egter nie veroordeel word nie omdat hy weens die objektiewe aard van geneespraktyk 'n eerlike oordeelsfout begaan het en dus nie met voorbedagte rade opgetree het nie."
Omdat die eerlike oordeelsfout wat Bruno Gröning sou gemaak het, in die uitspraak genoem is, was dit ten spyte van die onskuldig bevinding 'n effektiewe verbod op sy geneespraktyk. Van hierdie tydstip af het Bruno Gröning geweet dat sy aktiwiteite sou ressorteer onder die geneespraktyk soos vervat in die wet op alternatiewe geneeskunde en dus verbied sou wees. Die werklike inhoud van sy werk wat demonstreer dat sy werksmetode niks te doen gehad het met geneespraktyk in diemediese sin nie, is nie erken nie.
Bedrieërs toegelaat
Bruno Gröning gee alle mense die kans om te verander
Gedwonge geldbetalings – medewerkers wys hulle ware kleure
Oor en oor het mense opgeduik onder die voorwendsel van ondersteuning vir Bruno Gröning. Baie was egter maar net geïnteresseerd daarin om besigheid met sy vermoëns te bedryf. Hy het blykbaar 'n onweerstaanbare aantrekkingskrag vir sulke mense gehad. Wanneer hulle dan nie hulle doelstellings kon bereik nie of hy probeer het om van hulle weg te breek, het hulle dikwels met langdurige hofsake probeer om hom te dwing om hulle te betaal.
So was daar byvoorbeeld mev Hülsmann wat saam met haar man in Maart 1949 Bruno Gröning as gas in hulle huis in Herford ingeneem het uit dankbaarheid vir die genesing van hulle seun. Nadat dit geblyk het dat sy niks geld uit Gröning kon maak nie, kla sy hom voor die arbeidshof aan. Sy bereken die tyd wat sy haarself voorheen vrywillig aan hom beskikbaar gestel het as werksure en eis terugwerkende betaling daarvoor. Tot sy dood toe moes Bruno Gröning haar maandeliks afbetaal. Dit was ook geen enkelgeval nie. Op hierdie of 'n soortgelyke manier wys baie van sy voormaligemedewerkers hulle ware kleure.
"Daar moet ook sulke mense wees om te wys wie die mens is"
Waarom het Bruno Gröning hoegenaamd hierdie sogenaamde helpers so naby aan hom toegelaat? Waarom het hy sulke "besigheidsmense" nie eenvoudig op 'n afstand gehou nie? In 'n voordrag op 31 Augustus 1950 in München laat hy hom hieroor uit: "Wat mense tot dusver nie ongedaan kon laat nie was om te probeer om met hierdie klein man met sy kennis en vermoë geld te verdien. Hulle het geglo dat hier 'n goudmyn was. Hulle het ook gedeeltelik die moontlikheid gehad om geld te verdien maar kon goddank die geleentheid nie benut nie. Sulke mense moet daar ook wees, en weliswaar juis daarom om aan te toon wie die mens is, dat hy oor lyke sal loop en nie omgee of die siekes gehelp word of nie. Daar is mense wat oor lyke sal loop en die siekes eenvoudig sal laat linkslê. Hierdie mense het nooit daarvoor gevra nie, het niks ongedaan gelaat om in my nabyheid te kom nie. Ek weet die vraag het hier en daar opgekom, 'as die man dan soveel weet, hoekom het hy dit nie sien kom nie, miskien weet hy niks nie.' Of en in welke mate ek iets weet sal julle nog later stuk vir stuk agterkom. Hierdie materiaal was juis nodig vir die ontwikkeling om vir julle almal die pad oop te maak."
" – dan weet elkeen wie hulle is"
Grete Häusler (1922-2007), geneesde en medewerker van Bruno Gröning oor baie jare sowel as stigter van die "Bruno Gröning Vriendekring" beskryf in haar boek Hier ist die Wahrheit an und um Bruno Gröning (Hier is die waarheid van en oor Bruno Gröning) die volgende gebeurtenis: "Toe ek eenmaal afskeid van Bruno Gröning neem en hom alles van die beste toewens en sê 'Mnr Gröning, ek wens dat u slegs rus vir die werk sal vind en geen las van valse medewerkers sal hê nie', toe antwoord hy tot my grootste verbasing: 'Nee, heeltemal verkeerd, dit moet so wees!' Ek het dit destyds nie verstaan nie, maar hy het verduidelik hoekom hy dit alles moes doen en deurmaak. Hiermee het hy aan my 'n groot geheim openbaar: 'Ek weet wat 'n mens in hom omdra. As ek egter vir die mense sou sê: 'Daar is 'n leuenaar, daar is 'n bedrieër, 'n dief,' dan sou niemand my glo nie. Wat moet ek doen? Ek moet hierdie mense na my toe trek, om hulle die goeie te leer, hulle tot ommekeer te bring en hulle dan die geleentheid te gee om te lieg, te bedrieg en te steel. As hulle dit dan nogtans doen, dan weet elkeen wie hulle is. Dan laat ek hulle na aan my kom, dan is ek nie bang nie, dan veg ek.'"
Nuwe rigtings en doodloop strate
Sakemanne rondom Gröning
’n Selfbenoemde Gröning-bestuurder met alleenaanspraak
Uit dankbaarheid vir die genesing van sy vrou wou die sakeman Otto Meckelburg uit Wangerooge vir Bruno Gröning ondersteun en lê aan hom konkrete planne voor vir die oprigting van genesingsentra. Bruno Gröning gaan akkoord daarmee en Meckelburg word sy "bestuurder". Aan die einde van Desember gaan hulle altwee na Wangerooge. Hier spreek Gröning byeenkomste toe wat deur Meckelburg gereël is en doen ontelbare gensings. Hy gee sy volle vertroue aan die man. In 'n beëdigde verklaring wat op 8 Januarie 1950 in Wangerooge uirgereik is, lê hy die toekoms van sy werk heeltemal in die hande van Meckelburg:
"Mnr Gröning verklaar sy ooreenstemming met hierdie planne van mnr Meckelburg en is verplig om sy persoon tot die bereiking van hierdie doel ten volle beskikbaar te stel. Hysal alles in sy vermoë doen om die nodige ondersteuning te verleen aan Meckelburg by die stigting van die vereniging en die daaropvolgende aktiwiteite daarvan.
Mnr Gröning neem hierdie verantwoordelikheid in die teenwoordigheid nie alleen van mnr Meckelburg persoonlik nie, maar ook in die teenwoordigheid van diegene betrokke by die stigting van die vereniging met bogemelde doelstellings.
Verder verbind mnr Gröning hom daartoe om hierdie ondersteuning aan geen ander persoon of groep te verleen nie. Hy sal sy aktiwiteite beperk tot voordeel van die vereniging en slegs in ooreenstemming met mnr Meckelburg."
Reeds in Januarie stig Meckelburg die Vereniging vir die navorsing van die genesingsmetodes van Gröning. Hy self word besturende direkteur teen 'n maandelikse salaris van 1000 DM. Bruno Gröning ontvang geen geld nie. Dit blyk dat Meckelburg sy belofte nie nakom nie. Hy sien Gröning slegs as 'n bron van geld en verwys spottend na hom as die "beste perd in die stal." Vir die siekes voel hy vere. Hy het Gröning met 'n kontrak aan hom verbind en die "wonderhelper" moes doen wat hy van hom verlang.
Eers teen Junie 1950 kon Gröning homself van Meckelburg bevry, waarop laasgenoemde wraak gesweer het: "Gröning sal ek nog vernietig, ek breek elke been in syliggaam."
’n Alternatiewe geneser met voordragaanbiedings
Hierna werk Gröning 'n paar maande lank saam met die Münchense alternatiewe geneser Eugen Enderlin. Laasgenoemde het by dieTraberhof genesing ontvang en nooi Bruno Gröning uit om in sy praktyk voordragte te hou. Dog ook Enderlin blyk 'n besigheidsmaker te wees. Dit het nie vir hom gegaan om te help nie, hy wou net uit die "fenomeen Gröning" geldmaak. Teen die einde van die jaar skei Gröning ook van hom en ook 'n daaropvolgende vennootskap van 1952/53 loop ten einde om dieselfde redes.
’n Loopbaan as alternatiewe geneser
In die tyd wat hierop volg, hou Gröning voordragte in die pension Weikersheim in Gräfelfing. Die joernalis dr. Kurt Trampler het hom ingeneem en die byeenkomste georganiseer. Hy het Gröning reeds geken sedert herfs 1949. Destyds was hy verslaggewer van 'n Münchense koerant wat na die Traberhof gekom het en onverwags genesing ontvang het van 'n beenkwaal. Uit dankbaarheid skryf hy die boek Die groot ommekeer en tree namens Gröning by die owerhede op. Net soos by Enderlin is die voordragte in Gräfelfing goed bygewoon. Ongelooflike genesings het plaasgevind. Dog ook die verbinding met Trampler was van korte duur. Op 'n dag het hy gedink dat hy nou genoeg van Gröning geleer het. Hy het van hom weggebreek en begin om selfstandig as alternatiewe geneser op te tree.
Die Traberhof – massatoestroming in Rosenheim
Tot 30 000 hulpsoekende mense het daagliks voor Gröning opgedaag in September 1949
Na afloop van die Heidelbergse ondersoeke gaan Bruno Gröning in Augustus 1949 na Suid-Duitsland. Hy wou ontkom aan die opskudding wat rondom sy persoon geskep is en het homself teruggetrek na 'n privaat landgoed by Rosenheim, naby München. Aanvanklik kon hy sy teenwoordigheid geheim hou. Nadat die eerste koerante egter oor sy aankoms berig het, het 'n massa toestroming gevolg.
Tot 30 000 mense het daagliks op die Traberhof by Rosenheim toegesak. Die pers, radio en nuusfilms het daaroor berig. Selfs 'n film is gemaak met die titel "Gröning" wat die gebeurtenisse rondom hom gedokumenteer het.
Bybelse tonele
In 'n spesiale uitgawe in die tweede week van September berig die koerant Zeitungsblitz: "Intussen het meer as tienduisend mense versamel wat in bloedige hitte op die groot oomblik wag dat Gröning op die balkon sou verskyn, met die menigte praat en sy genesende krag uitstraal. Dig opmekaar staan die mense saamgepak om die volle werking van sy 'genesende strale' op te vang. Gou begin die reaksies by die ernstigste siekes in hulle rystoele en drastoele te werk of by die alleenstaandes op die rand van die skare. Weer begin halfblindes te sien, weer staan mense op wat voorheen nie kon loop nie, weer beweeg die verlamdes hulle stywe ledemate. Honderdes berig van verergerde pyne in die aangetaste dele, van trekkings, steke en krieweling, van 'n onbeskryflike 'gevoel van ligtheid' of van hoofpyne wat skielik verdwyn."
Nie net by Traberhof het Bybelse tonele hulle afgespeel nie. Waar Gröning ookal verskyn het was hy omring van ontelbare siekes. Anita Höhne beskryf die toestand rondom Gröning in haar boek Geistheiler heute (Geloofsgenesers vandag): "As Gröning net maar sy koms aankondig, begin daar reeds pelgrimstogte. Tipiese tonele wat deur die joernalis Rudolf Spitz opgeteken is by so'n besoek van Gröning in September 1949 aan München:
'Om 19:00 staan duisende in die Sonnenstrasse. Om 22:30 staan hulle nog daar. Ek het in vyf jaar van oorlog baie meegemaak, nooit was ek egter meer getref nie as in die vier ure waarin ek regoor Bruno Gröning gesit het en 'n ontsettende parade van ellende en lyding ervaar het. Epileptici, blindes, en verlamdes op krukke het om hom saamgedrom. Moeders het hulle verlamdekinders opgehou. Daar was floutes, 'n geroep het opgeklink, daar was desperate hulpgeroep, smekings, wense, diepe sugte.'"
Staatsinstansies betuig welbehae
Anita Höhne haal die joernalis Rudof Spitz verder aan: "'Siekes op draagbare, verlamdes en 'n groot mensemassa is waargeneem deur 'n ander joernalis van München, dr. Kurt Trampler, ook by die Traberhof by Rosenheim waar Bruno Gröning destyds gewoon het. Trampler het as verslaggewer van die weekblad Münchner Allgemeine gekom - 'n nugtere joernalis wat slegs weergegee het wat hy self gesien en gehoor het: 'Van die balkon hoor ons 'n stem wat nie Gröning s'n is nie, en haas ons na die venster. Die polisiehoof van München, Pitzer, is besig om die versameldes toe te spreek. Hy verklaar dat hy reeds jare aan heupjig gely het, wat nou in die teenwoordigheid van Gröning beter geword het. Pitzer is beslis nie iemand wat homself aan hipersensitiewe verbeelding sal oorgee nie, maar wat hy self ondervind het, daarvan kan hy getuig. Nou gee hy openlike erkenning aan Gröning en die CSU-afgevaardigde Hagen volg met 'n soortgelyke verklaring.'"
Ook die Beierse owerhede was Bruno Gröning goedgesind. Die dagblad Münchner Merkur berig op 7 September 1949 onder die opskrif "Welwillendheid teenoor Gröning": "Die ministerpresident Dr. Ehard het op Maandag by 'n perskonferensie verklaar dat 'n mens die werking van so'n 'uitsonderlike verskynsel' soos Bruno Gröning nie as gevolg van 'n paar paragrawe op papier moet laat skipbreuk ly nie. Volgens sy mening isdaar geen groot probleme om Gröning toe te laat om in Beiere te werk nie.
Die ministerie van binnelandse sake in Beiere het by ons terperse gaan bekend gemaak dat aanvanklike ondersoek van die aktiwiteite van Bruno Gröning getoon het dat dit as 'n vrye liefdestaak beskou kan word en dus nie toestemming vereis onder die wet op alternatiewe geneespraktyk nie."
Na naamskending tot by mediese dokumentasie van die genesings
By die Traberhof het 'n groot geskarrel om Gröning ontstaan. Daar was besigheidsmense wat uit sy vermoëns wou geldmaak. Hulle het sy naam en aansien skade aangedoen en 'n distansiëring van die owerhede veroorsaak. Toe die toestande onhoudbaar word, trek Gröning homself terug na die berge van Beiere. Hy wou 'n paar aanbiedings oor die oprigting van genesingsentra oorweeg. Dit was sy doelstelling om inrigtings daar te stel waar hulpsoekers op geordende wyse genesing kon ontvang. Dokters sou voor- en na-ondersoeke doen volgens die Heidelbergse voorbeeld en die genesings dokumenteer.
Die "fenomeen Gröning" en die wetenskap
Mediese toetse in Heidelberg belowe skriftelike sertifisering
In hierdie Herfordse tyd begin mediese medewerkers van die tydskrif Revue om Gröning se genesingswelslae te ondersoek. Prof. dr. H. G. Fischer, sielkundige en medikus van Marburg, reis met 'n aantal spesiale korrespondente na Herford. Daar voer hy onderhoude met mense wat genees is en moes tot sy verrassing vasstel dat Gröning se "metode" inderdaad suksesvol was. Daarop besluit die Revue om saam te werk om 'n wetenskaplike verklaring te probeer kry van die "fenomeen Gröning." In die universiteitskliniek te Heidelberg moes die "geneesmetode" van die "wonderdokter" ondersoek word.
Bruno Gröning gaan akkoord met die voorstelle van Fischer want hy word 'n positiewe getuigskrif belowe as die ondersoeke goed afloop. Gröning het gehoop om hierdeur 'n manier te vind om sy werk weer vrylik te kan doen.
Genesings voor die oë van die dokters – "Bruno Gröning is geen kwaksalwer nie"
Op 27 Julie begin die ondersoeke. Die persone op wie hy sy vermoë moet bewys, word gekies uit oor die 80 000 siekes wat smeekbriewe aan hom geskryf het. Daarby kom nog 'n paar pasiënte van die LudolfKrehl kliniek in Heidelberg. Hulle word almal sorgvuldig ondersoek voor die tyd en noukeurige diagnoses word opgestel. Daarna gaan hulle na Gröning wat sy "metode" op hulle moet toepas. Daar was die hele tyd dokters teenwoordig. Hulle word getuies daarvan hoe siektes gedeeltelik spontaan verdwyn. Dit word na die tyd deur ondersoeke in die kliniek bevestig. Selfs ongeneesbare siektes soos Bechterewse siekte word genees.
In die getuigskrif wat in die Revue verskyn, verklaar Prof. dr. Fischer uitdruklik dat Bruno Gröning geen kwaksalwer is nie maar op 'n natuurlike manier 'n begaafde sielkundige is. Daardeur probeer hy om die "fenomeen Gröning" vanuit sy sienswyse te verklaar sonder om billik te wees teenoor hom.
Gröning weier kommersialisering
Die finale sertifikaat sou opgestel word nadat al die gebeurtenisse ondersoek is. Bruno Gröning is belowe dat hy sy genesende vermoë weer vrylik sou kon toepas. Intussen maak die professore Fischer en Weizsäcker (onder wie se beskerming die hele onderneming gestaan het) aan Bruno Gröning die volgende voorstel: Spesiale genesingsentra sou opgerig word waar hy saam met dokters moes werk. Leiding en keuse van pasiënte sou hulle egter vir hulself voorbehou.
Hierop Bruno Gröning se antwoord: "Die finansiële voorwaardes wat in hierdie verband deur Prof. F. aan my gemaak is, was vir my onaanvaarbaar. Natuurlik is heelwat besprekings hieroor gevoer, ook met mense wat die werk wou finansier. Ek kon my nie met die voorstelle van Prof. F vereenselwig nie en het dit van die hand gewys omdat ek eerstens nie oor 'n enkele pennie geld beskik het nie en dus ook geen finansiële verpligting op my kon neem wat ek nie sou kon nakom nie; en tweedens nooit daaraan sou dink om 'n besigheid uit hierdie plan te maak nie. Dit was dus alles vir my 'n onmoontlike versoek. Buitendien wou ek net dit doen waartoe ek geroepe was: om hulpsoekers te help en my dus tot die beskikking van dokters en psigoterapeute te stel maar nooit daaruit 'n besigheid te maak nie."
Weerhouding van die sertifikaat en potensiële konflik met die wet
Die weiering van Bruno Gröning maak dat die professore belangstelling in hom verloor. Die beloofde sertifikaat word nooit gelewer nie. In plaas daarvan om dit vir hom moontlik te maak om sy werk vrylik voort te sit, word dit vir hom nog moeiliker gemaak. Tydens die ondersoeke word begrippe soos "behandeling", "pasiënt" ens. aan sy "geneesmetode" toegevoeg. Hierdeur was konflik met die wet op alternatiewe geneespraktyk natuurlik 'n uitgemaakte saak.
1949 - in die middelpunt van openbare belangstelling
Bruno Gröning se werk in Herford
Duisende siekes en hulpsoekers oorlaai Gröning
Die negejarige Dieter Hülsmann was reeds geruime tyd bedlêend. Hy het aan progressiewe spierdistrofie gely en nie een van die dokters en professore wat geraadpleeg is kon hom help nie. Nadat Bruno Gröning hom oor die kind ontferm het, kon hy weer loop. Ingenieur Hülsmann, oorweldig deur die skielike genesing van sy seun, vra die gas om aan te bly. Hy wou nog ander siekes uitnooi wat – volgens Hülsmann - deur die "wonderman" gehelp moes word. Bruno Gröning neem die aanbod aan en van dag tot dag kom meer en meer hulpsoekers. Meer en meer mense hoor van die wondergebeurtenisse rondom Gröning. Dit duur nie lank nie, of sy naam is op almal se lippe. Koerante berig oor die "wonderdokter" en in die Britse sone word dit 'n daaglikse besprekingspunt. Duisende stroom na die Wilhelmsplatz en die mensemassa pak die huis toe.
Manfred Lütgenhorst van die koerant Münchner Merkur skryf op 24 Junie1949 onder andere: "Toe ek die oggend om 10:30 in Herford aankom, staan daar voor die tweeverdieping huis op die Wilhelmsplatz omtrent 'n duisend mense. Dit was 'n onbeskryflike beeld van ellende. Tallose verlamdes in rystoele, ander wat deur hulle familie gedra word, blindes, doofstommes, moeders met geestelik en fisies gestremde kinders, oumatjies en jongmans, almal drom saam en kreun. Bykans honderd motors, vragmotors en busse was op die plein geparkeer, almal het van heinde en verre gekom."
Verlammings, maagsere, blindheid: "Mnr. Gröning kyk my aan en nou is ek weer ten volle genees."
Manfred Lütgenhorst verder: " 'Glo julle dat julle genees gaan word?' vra ek aan die siekes. Hulle knik. 'Jy moes gister hier gewees het', antwoord een. 'Mnr Gröning was nie hier nie maar in Viersen in die Rynland, en hier voor die huis het vyf verlamdes opgestaan en gesond huistoe gegaan. Afstandsgenesing - die huis het hulle genees.' Die ander siekes bevestig dit.
Ek gaan verder deur die skare en skryf hulle wonderlike vertellings neer. Dit alleen is genoeg om 'n boek vol te maak. Toe ek 'n sigaret aansteek, sê 'n jongman langs my: 'Verkoop asseblief vir my een!' Hy dra 'n uniformjas en lyk soos 'n teruggekeerde uit Rusland. Ek gee hom die sigaret. Hy steek dit aan en sê: 'Sien jy, ek kan alles weer self doen.' Hy beweeg sy regterarms en vingers en sy regterbeen. 'Is jy ook deur Gröning genees?' vra ek. 'Ja, in Rusland het ek verlamming aan die regterkant opgedoen. Mnr Gröning het my aangekyk en nou is ekweer volkome gesond, ek kan dit nog nie glo nie.' Vrolik swaai hy sy ledemate rond.
Ek loop na 'n groep wat om 'n blonde vrou van ongeveer veertig jaar geskaar is. 'Natuurlik', hoor ek die vrou sê, 'is ek ook deur mnr Gröning genees. Ek het enorme maagsere gehad, het al maerder geword en kon van die pyn nie meer slaap nie. Ons was twaalf persone by Gröning. [...] Hy het my aangekyk en skielik was dit asof die maagsere soos klippe na die grond val. Sedertdien het ek geen pyn meer nie, het begin om gewig aan te sit en die X-strale wat ek laat neem het, wys onteenseglik dat die maagsere verdwyn het. Ek het my beskikbaar gestel vir 'n mediese ondersoekkomitee. Ek kan julle verseker dat hulle stomgeslaan was!'
Die vrou gaan voort: 'Maar dis nog niks. Die vorige week staan hier 'n blinde man voor die huis. Hy het 'n paar dae en nagte aanmekaar gewag. Omdat ek dikwels hier verbykom, het dit my opgeval. Ek het hom jammer gekry en hom uitgenooi vir ete. 'Nee', wys hy dit van die hand, 'Ek mag die oomblik nie misloop wanneer mnr Gröning hier uitkom nie.' Toe bring ek vir hom broodrolletjies en sê vir hom dat ek sal sorg dat hy na die stasie geneem word. 'Ek het niemand nodig nie want ek sal alleen na die stasie kan stap.' En toe sien ek dit my eie oë. Mnr Gröning kom en die jongman skree 'Ek kan weer sien!' Werklikwaar, die sluier is van sy oë gelig. Hy beskryf aan my die aktetas wat ek in die hand het. Hy sê: 'Daar ry 'n motor, en daar is die nommerplaat', en op sy eie kry hy die pad na die stasie. Al dieomstanders het van vreugde gehuil."
Genesingsverbod deur die owerhede en die medici
Dit duur nie lank nie, of die owerheid - veral die gesondheidsowerhede - begin hulle met die saak bemoei. 'n Ondersoekkommissie word opgestel en Bruno Gröning word verbied om genesing te doen. 'n Paar invloedryke dokters was sy verklaarde vyande. Hulle doen alles in hul vermoë om sy werk in die wiele te ry en eis dat sy genesende vermoë aan wetenskaplike toetsing onderwerp word. Die werklike gesindheid wat agter die genesingsverbod geskuil het, word duidelik uit die volgende uitsprake van die betrokke medici: " Gröning kan bewys wat hy wil, hy sal nie toegelaat word om genesing te doen nie." "Dit druis in teen die professionaliteit van dokters, om hulle met Gröning in te laat." Aan die einde van Junie moes hy Herford finaal verlaat. Alle pogings om die genesingsverbod opgehef te kry het skipbreuk gely.