Skeiding met die Gröning verbond
Tyd om die skade in oënskou te neem
Bekrompe burokrasie lê Gröning sommer ’n boete op
In Oktober 1957 was daar 'n woordewisseling tussen Bruno Gröning en die bestuur van die Gröning verbond. Deur bekrompe burokrasie het die vereniging Bruno Gröning heelwat skade berokken. Oorsaak van die dispuut was die hofuitspraak, waarvolgens Bruno Gröning binne 'n kort periode 2000 DM boete moes betaal. Omdat hy nooit geld vir sy werk gevra het nie en dus geen noemenswaardige fondse tot sy beskikking gehad het nie, het die bestuur van die Gröning verbond reeds voor die begin van die hofsaak besluit om alle kostes te dra. Of die boete egter daarby ingesluit sou wees, was binne die bestuur 'n twispunt. Deur middel van 'n lang uitgerekte burokratiese proses wou hulle vasstel of die vereniging wel aanspreeklik sou wees vir die boete van 2000 DM. Eers daarna sou hulle hulle bekommer oor waar die geld vandaan moes kom. Hieruit was dit duidelik dat die geld, indien hoegenaamd, Bruno Gröning telaat sou bereik. Die vereniging sou dus stilswyend toesien, sonder om enige aksie te neem, dat Bruno Gröning tronk toe gestuur sou moes word omdat hy nie die boete kon betaal nie. Hierdeur het dit tot ’n openlike konflik gekom en uiteindelik ’n breuk met die bond.
Valse vriende
In sy omvattende geskrif van 62 bladsye oor die Balans oor die aktiwiteit van die bond het hy alle punte aangespreek waarin die bond hom skade berokken het. Samevattend verklaar hy: "As ek vandag 'n vergelyking maak tussen my vroeëre omgewing (Die profytmakers Meckelburg, Enderlin, Schmidt en Hülsmann) en vandag se omgewing (die verenigingsbestuurslede) kom ek tot dieselfde gevolgtrekking: Vandag is die eindresultaat dieselfde as destyds. Vandag, deur die werk van diegene wat veronderstel is om my beste en intiemste vriende te wees, is niks anders bereik as destyds nie. Destyds is ek bedrieg deur die gemene dade van daardie werkers. Vandag het vriende my verraai deurdat ek geen hulp ontvang het nie, deurdat ek die gemeenskappe nie kon opsoek nie omdat ek sonder vervoer was, deurdat niemand enigiets gedoen het teen die negatiewe pers aksie nie, deurdat net verwarring geskep is, deurdat niemand daar was vir my toe ek mense nodig gehad het nie. Mense wat deur hulle kennis en posisie in die lewe my sou kon en moes ondersteun, sodat bereik kon word waarvoor ek op hierdie aarde is.
Nie een van hierdie vriende het moeite gedoen om ter wille van my te veg vir myvryheid nie. Niemand het die moed gehad om werklik vir my in die bresse te tree nie. Niks het gebeur nie. Die een besluit na die ander is deur kleinlike burokrasie geneem. Niemand het werklik namens my opgetree nie, niemand het homself ten volle aangebied om my vir eens en altyd te bevry van die stryd teen die hofsake, teen die pers, vir 'n assistent, vir die kar wat stukkend was, teen die smeerveldtog en laster ens. ens. Daar was niemand wat vir my kom optree sodat ek dit kon doen waarvoor ek op die aarde gekom het nie, naamlik om die krag van die lewe aan die mense oor te dra en hulle te lei in die geloof.
Niemand het daaraan gedink dat ek daarvoor rus nodig gehad het en nie altyd deur uiterlike wêreldlike invloede onderbreek moes word nie, dat ek 'n werklike skans nodig gehad het sodat ek my gawe ongestoord kon laat werk. Niemand nie, ook nie onder my vriende, of diegene wat wou voorgee dat hulle my vriende wou wees nie. En dit is vir my mees teleurstellende en beskamende:
- Die profytmakers wat voordeel wou trek, is deur almal as slegte mense erken.
- Die vriende van diem Gröning verbond is te halfhartig, te ongeërg, te gemaklik, ek wil nie sê kwaadwillig nie.
Maar die resultaat is dieselfde: Ek is nie vry nie. Baie vriende van die Gröning verbond se bestuur het nie hulle belofte gehou nie. Ek is deur alle maatreëls slegs aan bande gelê."
Mislukking van die vereniging benadering
Weisser het uitgetree en die Gröning verbond, wat nooit daarin kon slaag om as amptelike vereniging geregistreer te word nie, is kort daarna ontbind. In die plek daarvan het die Vereniging vir die bevordering van geestelike en natuurlike lewensbeginsels gekom. Dit is gestig in 1958 en die leiers was Erich Pelz in Duitsland en Alexander Loy in Oostenryk. Maar ook hierdie vereniging, die laaste wat nog gedurende Bruno Gröning se lewe gestig is, kon nie lewer wat daarvan verwag is nie. Bruno Gröning se naam het nie eers in die konstitusie daarvan voorgekom nie.