Eerstehandse getuie mev Hinz

Oorlogsgestremde spring oor die heining

Menschenmenge am TraberhofVan 'n bekende het ek van die werk van Bruno Gröning by die Traberhof gehoor. Daarop gaan ek toe ook vir twee dae soontoe. By my aankoms was daar ten minste tien- tot twintigduisend mense aanwesig en Bruno Gröning was nog nêrens te sien nie. Ons het ure lank op hom gewag.

Toe kom hy op die balkon uit en spreek die mense toe. Ek het 'n elektriese stroom, 'n vibrering en en krieweling in my hele liggaam gevoel. Ook ander mense het beweeg en hulle ledemate reguit uitgestrek. Ek sou so iets nooit geglo het as ek dit nie self beleef het nie. Enkele aanwesiges het begin skree: "Ek het nie meer 'n kierie nodig nie!" of: "Ek kan weer loop!"

Ons het dig opmekaar gestaan maar ek het nogtans deur die mensemassa geloop omdat ek baie geïnteresseerd was in wat daar gebeur het.

Rooikruis werkers help 'n man om regop te kom want hy lê op primitiewe hout plank. Hulpsoekend lig hy sy arms terwyl hy in sweet uitslaan. Op my vraag wat hom makeer, antwoord hy : "Ek is 'n oorlogsgestremde." Later staan hierdie man heeltemal op van sy lêplek.

Dan sien ek 'n huilende oupa wat met sy agtjarige kleinkind daar was. Die kind kon nie loop nie. Van eenvoudige plankies het hulle 'n karretjie aanmekaar getimmer om die kind na die Traberhof en na Bruno Gröning tebring. Die ou man vertel my in trane dat sy kleinkind nou weer kan loop.

'n Ander man spring oor die heining en ek sê vir hom: "jy is nou op die verkeerde plek!" Daarop antwoord hy: "Sondag was ek nog verlam en het met krukke oor die weg gekom." Vyf dae later spring dieselfde man oor heinings. Hy straal 'n groot geluksaligheid uit en wys my sy oorlog­ongeskiktheidsbewys.

Ter plaatse ontmoet ek ook 'n ou man. Hy het in 'n rolstoel gesit. Hy het sy genesing verloor. Mense het beweer dat die genesings nie blywend sou wees nie en dat Gröning 'n kwaksalwer was. Hierdie woorde het hy geglo.

Die mense was dag en nag daar. Die hele tyd wat ek by die Traberhof was, het ek nooit honger geword nie. Die mensemenigte was nie histeries nie, almal het geglo en gehoop om gesond te word. Toe ek hierdie mense daar op die planke sien lê of op krukke sien steun, was ek innerlik so ontroerd dat ek nie kon praat nie en dit nouliks kon aanskou.

Ek glo dat Bruno Gröning 'n besondere Godsverbondenheid gehad het. Ek was spyt dat ek hom nie meer dikwels kon ontmoet nie en dink nou nog dikwels aan wat ek destyds meegemaak het.

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning