Eerstehandse getuie barones Anni Ebner von Eschenbach

"Asof die dokter eers weer ten volle gewoond moes raak aan sy gesonde vrou"

Bruno Gröning umringt von MenschenIn die jare 1950/51 het Bruno Gröning vir ’n tyd lank voordragte gehou in die gastehuis Weikersheim in Gräfelfing. Barones Anni Ebner von Eschenbach het hierdie voordragte bygewoon en verskillende gebeure skriftelik opgeteken. Hier is ’n voorbeeld:

"Eenkeer word ’n jong vrou met wasbleek gesig in ’n rolstoel binnegebring. Tydens die voordrag verloor sy haar bewussyn en dit lyk asof sy dood is. Bruno Gröning het haar net kortliks aangekyk en die aanwesiges wat ietwat bekommerd geraak het gerusgestel, in die besonder haar man aan haar sy.

Na net ’n halfuur word sy wakker, rek haar uit, het rooi wange gehad en staan op uit die rolstoel en gaan na Gröning toe, nog effens onseker maar met ’n stralende, verbaasde uitdrukking in haar oë.

'Mooi, goeie vrou, as mens weer so op eie bene kan staan en die hart weer normaal klop! Moet egter nie nou dadelik die verlore jare probeer inhaal nie – laat die liggaam stadigaan weer sy pligte hervat.'

Toe die vrou wou bedank, sê Gröning: 'Dank God! Ek is net sy klein helper. Bewys jy nou dat jy ’n ware kind van God is!'

Die man wat haar ingegebring het staan toe op en praat met bewoë stem: 'mnr. Gröning, ek is haar eggenoot en self ’n dokter. Vir my was my vrou ongeneesbaar, alhoewel ek alles probeer het. Sy het net die een wens gehad, om na u te kom. Ek was oortuig dat sy nog op die reis hierheen sou doodgaan want sy het so aan haar hart gely dat elke beweging lewensgevaarlik was. Ek is verbysterd oor hierdie wonder en kan dit skaars glo!'

Huilend van vreugde stoot hy die leë rolstoel uit en gaan sit saam met sy vrou op stoele en luister na die twee-uur lange voordrag. Dikwels kyk hy tersyde na sy vrou asof hy eers moes gewoondraak aan die voorkoms van sy gesonde gelukkige vrou."

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning