Eerstehandse getuie Gottfried Kalz

"Die nuus 'sy kan weer loop!' het soos ’n veldbrand versprei"

Bruno Gröning mit KrankerDie moeder van my kollega was reeds 25 jaar aan 'n rolstoel gekluister. Toe die gesprek op Bruno Gröning kom, sê ek: "Probeer dit 'n slag, laat die man kom." As ek reg onthou was dit in 1956. Hulle maak toe kontak met Bruno Gröning op en hy maak 'n oggendafspraak.

Toe Bruno Gröning daar was, het etlike kennisse van die familie W. uit nuuskierigheid ook opgedaag. Die ou mev W. is uit die bed opgetel en in die rolstoel gesit teenoor Bruno Gröning in die woonkamer. Niemand anders mog in die kamer bly nie, almal moes uitgaan.

Net die ou mev W. en mnr Gröning bly agter. Gespanne luister ons buite die woonkamerdeur of ons iets kon hoor. Skielik hoor ons hard en duidelik die woorde van Bruno Gröning: "Staan op en loop..." Ek kan onder eed sweer dat die ou dame voorheen nie 'n enkele tree kon loop nie! Toe ons hierdie woorde hoor, kon ons dit nie meer hou nie. Ons ruk die deur oop en sien dat ou mev W. nou kan loop. Die vrou van my kollega wou behulpsaam haar hand vashou maar Bruno Gröning sê dat mev W. nou alleen kan loop. Sy het werklik opgestaan en sonder hulp alleen geloop! Ons het almal trane in die oë gehad en kon dit skaars glo maar ons het dit beleef en met ons eie oë gesien!

Bruno Gröning het die ou mev W. nòg gehipnotiseer nòg aangeraak, niks nie. Hy het slegs vas in haar oë gekyk en gesê: "Staan op en loop..." en siedaar, sy het geloop.

Ek het destyds gedink: 'Bestaan daar wel 'n God?' Daar was nie 'n enkele mens in die vertrek wat nie van blydskap gehuil het nie. Dit was eenvoudig 'n aangrypende gebeurtenis. Verder sê Bruno Gröning: "U kan nou loop."

Mev W. was die onderwerp van die dag in die buurt. Dit was 'n sensasie. Die verhaal het soos 'n veldbrand versprei: 'Sy kan loop!'. Binne 'n kort tyd het ongeveer 200 mense gekom om te sien hoe mev W. loop. Sy het op en af in die straat gestap en vir die mense gewys.

Vir sy koms het Bruno Gröning geen geld gevra nie. Ek kan net goeie dinge oor hom vertel, hy het 'n heel besondere uitstraling gehad. Die genesing van mev W. was blywend.

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning