Eerstehandse getuie G. Clausen

Bevryding van jare lange beenpyn

Bruno Gröning auf dem SofaIn die vyftiger jare het ek in die omgewing van die lugmagbasis Uetersen gewoon. Op'n dag loop Bruno Gröning by ons venster verby en die kinders maak my op hom attent. Ons het van mnr Gröning geweet uit die koerant. Op die oomblik toe ons mnr Gröning by die venster sien, het ek gedink: 'Waar gaan hy heen?' Toe ek sien dat hy op pad was na my buurvrou, gaan ek agterom en klop aan die deur. Ek verneem toe dat my buurvrou Bruno Gröning se suster was. Ek word na die kombuis gebring en kon teenoor Bruno Gröning aan tafel gaan sit. Tussen ons, aan die breë kant van die tafel neem sy suster plaas. Bruno Gröning vra my om heel ontspanne te sit sonder om arms of bene te kruis en op te let wat ek voel. Hy sê: 'Neem soveel stroom op as wat u kan!' Toe voel ek tot my verbasing - hy het immers 'n hele entjie van my gesit - in my hande so'n lugstroom asof iemand daarop blaas. Dit kan ek bevestig. Onverwags voel sy suster toe skielik pyn in haar been en roep "Eina, eina, eina!"

Ek het gedink: "Dis tog my pyn wat my altyd so pla." Ek het vir jare die gevoel gehad asof my been nie aan my behoort het nie, asof dit net aangeplak was. Ook doktershulp kon my nie van hierdie toestand bevry nie.

Toe roep ek hardop uit: "Dis tog my pyn, sulkepyn het ek altyd!" Daarop sê Bruno Gröning net een woord: "Gehad!" Op daardie oomblik het die pyn van sy suster verdwyn en my been het weer volkome normaal gevoel. Ek was vry, het geen pyn meer gehad nie, my been het weer aan my behoort en sedertdien het ek nie meer mank geloop nie. Ek was nou gesond en dit het so gebly.

Bruno Gröning het geen geld gevra nie, juis die teendeel, hy gee my toe nog 'n stukkie silwerpapier waarop geskryf staan: "God seën u op al u weë!" Die besoek het 'n halfuur geduur en daarna is ek heel gesond terug na my eie huis.

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning