Die "fenomeen Gröning" en die wetenskap

Mediese toetse in Heidelberg belowe skriftelike sertifisering

Bruno GröningIn hierdie Herfordse tyd begin mediese medewerkers van die tydskrif Revue om Gröning se genesingswelslae te ondersoek. Prof. dr. H. G. Fischer, sielkundige en medikus van Marburg, reis met 'n aantal spesiale korrespondente na Herford. Daar voer hy onderhoude met mense wat genees is en moes tot sy verrassing vasstel dat Gröning se "metode" inderdaad suksesvol was. Daarop besluit die Revue om saam te werk om 'n wetenskaplike verklaring te probeer kry van die "fenomeen Gröning." In die universiteitskliniek te Heidelberg moes die "geneesmetode" van die "wonderdokter" ondersoek word.

Bruno Gröning gaan akkoord met die voorstelle van Fischer want hy word 'n positiewe getuigskrif belowe as die ondersoeke goed afloop. Gröning het gehoop om hierdeur 'n manier te vind om sy werk weer vrylik te kan doen.

Genesings voor die oë van die dokters – "Bruno Gröning is geen kwaksalwer nie"

Op 27 Julie begin die ondersoeke. Die persone op wie hy sy vermoë moet bewys, word gekies uit oor die 80 000 siekes wat smeekbriewe aan hom geskryf het. Daarby kom nog 'n paar pasiënte van die LudolfKrehl kliniek in Heidelberg. Hulle word almal sorgvuldig ondersoek voor die tyd en noukeurige diagnoses word opgestel. Daarna gaan hulle na Gröning wat sy "metode" op hulle moet toepas. Daar was die hele tyd dokters teenwoordig. Hulle word getuies daarvan hoe siektes gedeeltelik spontaan verdwyn. Dit word na die tyd deur ondersoeke in die kliniek bevestig. Selfs ongeneesbare siektes soos Bechterewse siekte word genees.

In die getuigskrif wat in die Revue verskyn, verklaar Prof. dr. Fischer uitdruklik dat Bruno Gröning geen kwaksalwer is nie maar op 'n natuurlike manier 'n begaafde sielkundige is. Daardeur probeer hy om die "fenomeen Gröning" vanuit sy sienswyse te verklaar sonder om billik te wees teenoor hom.

Gröning weier kommersialisering

Die finale sertifikaat sou opgestel word nadat al die gebeurtenisse ondersoek is. Bruno Gröning is belowe dat hy sy genesende vermoë weer vrylik sou kon toepas. Intussen maak die professore Fischer en Weizsäcker (onder wie se beskerming die hele onderneming gestaan het) aan Bruno Gröning die volgende voorstel: Spesiale genesingsentra sou opgerig word waar hy saam met dokters moes werk. Leiding en keuse van pasiënte sou hulle egter vir hulself voorbehou.

Hierop Bruno Gröning se antwoord: "Die finansiële voorwaardes wat in hierdie verband deur Prof. F. aan my gemaak is, was vir my onaanvaarbaar. Natuurlik is heelwat besprekings hieroor gevoer, ook met mense wat die werk wou finansier. Ek kon my nie met die voorstelle van Prof. F vereenselwig nie en het dit van die hand gewys omdat ek eerstens nie oor 'n enkele pennie geld beskik het nie en dus ook geen finansiële verpligting op my kon neem wat ek nie sou kon nakom nie; en tweedens nooit daaraan sou dink om 'n besigheid uit hierdie plan te maak nie. Dit was dus alles vir my 'n onmoontlike versoek. Buitendien wou ek net dit doen waartoe ek geroepe was: om hulpsoekers te help en my dus tot die beskikking van dokters en psigoterapeute te stel maar nooit daaruit 'n besigheid te maak nie."

Weerhouding van die sertifikaat en potensiële konflik met die wet

Die weiering van Bruno Gröning maak dat die professore belangstelling in hom verloor. Die beloofde sertifikaat word nooit gelewer nie. In plaas daarvan om dit vir hom moontlik te maak om sy werk vrylik voort te sit, word dit vir hom nog moeiliker gemaak. Tydens die ondersoeke word begrippe soos "behandeling", "pasiënt" ens. aan sy "geneesmetode" toegevoeg. Hierdeur was konflik met die wet op alternatiewe geneespraktyk natuurlik 'n uitgemaakte saak.

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning