Bedrieërs toegelaat

Bruno Gröning gee alle mense die kans om te verander

Bruno Gröning omringd door mensen

Gedwonge geldbetalings – medewerkers wys hulle ware kleure

Oor en oor het mense opgeduik onder die voorwendsel van ondersteuning vir Bruno Gröning. Baie was egter maar net geïnteresseerd daarin om besigheid met sy vermoëns te bedryf. Hy het blykbaar 'n onweerstaanbare aantrekkingskrag vir sulke mense gehad. Wanneer hulle dan nie hulle doelstellings kon bereik nie of hy probeer het om van hulle weg te breek, het hulle dikwels met langdurige hofsake probeer om hom te dwing om hulle te betaal.

So was daar byvoorbeeld mev Hülsmann wat saam met haar man in Maart 1949 Bruno Gröning as gas in hulle huis in Herford ingeneem het uit dankbaarheid vir die genesing van hulle seun. Nadat dit geblyk het dat sy niks geld uit Gröning kon maak nie, kla sy hom voor die arbeidshof aan. Sy bereken die tyd wat sy haarself voorheen vrywillig aan hom beskikbaar gestel het as werksure en eis terugwerkende betaling daarvoor. Tot sy dood toe moes Bruno Gröning haar maandeliks afbetaal. Dit was ook geen enkelgeval nie. Op hierdie of 'n soortgelyke manier wys baie van sy voormaligemedewerkers hulle ware kleure.

"Daar moet ook sulke mense wees om te wys wie die mens is"

Waarom het Bruno Gröning hoegenaamd hierdie sogenaamde helpers so naby aan hom toegelaat? Waarom het hy sulke "besigheidsmense" nie eenvoudig op 'n afstand gehou nie? In 'n voordrag op 31 Augustus 1950 in München laat hy hom hieroor uit: "Wat mense tot dusver nie ongedaan kon laat nie was om te probeer om met hierdie klein man met sy kennis en vermoë geld te verdien. Hulle het geglo dat hier 'n goudmyn was. Hulle het ook gedeeltelik die moontlikheid gehad om geld te verdien maar kon goddank die geleentheid nie benut nie. Sulke mense moet daar ook wees, en weliswaar juis daarom om aan te toon wie die mens is, dat hy oor lyke sal loop en nie omgee of die siekes gehelp word of nie. Daar is mense wat oor lyke sal loop en die siekes eenvoudig sal laat linkslê. Hierdie mense het nooit daarvoor gevra nie, het niks ongedaan gelaat om in my nabyheid te kom nie. Ek weet die vraag het hier en daar opgekom, 'as die man dan soveel weet, hoekom het hy dit nie sien kom nie, miskien weet hy niks nie.' Of en in welke mate ek iets weet sal julle nog later stuk vir stuk agterkom. Hierdie materiaal was juis nodig vir die ontwikkeling om vir julle almal die pad oop te maak."

" – dan weet elkeen wie hulle is"

Grete Häusler (1922-2007), geneesde en medewerker van Bruno Gröning oor baie jare sowel as stigter van die "Bruno Gröning Vriendekring" beskryf in haar boek Hier ist die Wahrheit an und um Bruno Gröning (Hier is die waarheid van en oor Bruno Gröning) die volgende gebeurtenis: "Toe ek eenmaal afskeid van Bruno Gröning neem en hom alles van die beste toewens en sê 'Mnr Gröning, ek wens dat u slegs rus vir die werk sal vind en geen las van valse medewerkers sal hê nie', toe antwoord hy tot my grootste verbasing: 'Nee, heeltemal verkeerd, dit moet so wees!' Ek het dit destyds nie verstaan nie, maar hy het verduidelik hoekom hy dit alles moes doen en deurmaak. Hiermee het hy aan my 'n groot geheim openbaar: 'Ek weet wat 'n mens in hom omdra. As ek egter vir die mense sou sê: 'Daar is 'n leuenaar, daar is 'n bedrieër, 'n dief,' dan sou niemand my glo nie. Wat moet ek doen? Ek moet hierdie mense na my toe trek, om hulle die goeie te leer, hulle tot ommekeer te bring en hulle dan die geleentheid te gee om te lieg, te bedrieg en te steel. As hulle dit dan nogtans doen, dan weet elkeen wie hulle is. Dan laat ek hulle na aan my kom, dan is ek nie bang nie, dan veg ek.'"

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning