Kindertyd en jeug

Gestraf, bespot, misverstaan, beskou as 'n kind anders as die ander

Bruno Gröning is op 31 Mei 1906 gebore in Danzig-Oliva as die vierde van sewe kinders

Ontvlugting uit 'n hartelose omgewing na die natuur: "Hier het ek God ervaar."

Bruno Gröning is op 31 Mei 1906 gebore in Danzig-Oliva as die vierde van sewe kinders van die egpaar August en Margarethe Gröning. Sy ouers het vroeg reeds die buitengewone aan hulle seun opgemerk. Diere wat gewoonlik sku is soos hase en bokkies het byvoorbeeld spontaan na hom gekom om gestreel te word sonder enige vrees.

Hoe ouer Bruno Gröning geword het hoe vreemder het sy omgewing vir hom geword. Gröning het vertel dat hy baie keer tuis pimpel en pers geslaan is. Die slae, het hy vertel, het nie sy liggaam seergemaak nie maar hy het misverstaan gevoel.

Deur die harteloosheid van sy omgewing verstoot, het die klein Bruno na die natuur gevlug. Hy was meer aangetrokke tot diere, bome en plante as tot baie mense. Dikwels verdwyn hy urelank in die nabygeleë bos.

"Hier het ek God ondervind, in elke plant, in elke boom, in elke dier, ja selfs in die klippe. Ek kon orals urelank staan en peins - daar was eintlik geen begrip van tyd nie - en steeds was dit vir my asof my hele innerlike lewe tot in die oneindigheid gestrek het."

Aan die wilde bakleiery van sy ouderdoms groep neem hy nie deel nie. So is hy dikwels die voorwerp van kwaadwillige spot en word weens sy andersheid geslaan en bestraf.

Gewilde genesings by mens en dier

Mettertyd het daardie aspek van die wesevan Bruno Gröning herkenbaar geword wat hom later in die openbare kollig sou bring: in sy teenwoordigheid word mense en diere gesond. Veral tydens die eerste wêreldoorlog besoek hy dikwels die veldhospitale waar hy welkom was. Die gewondes voel in sy aanwesigheid goed en vele genees. Siekes laat ook sy moeder roep om met die klein Bruno na hulle toe te kom. In die familie en vriendekring is die genesende werk van die seuntjie baie welkom.

Strewe na selfstandigheid

Bruno Gröning skryf in sy lewensverhaal: "Reeds as jong kind is siek mense in my teenwoordigheid van hulle klagtes bevry, en kinders sowel as volwassenes het by opgewondenheid of rusie deur enkele woorde van my weer rustig geword. Ek het ook as kind tot die gevolgtrekking gekom dat diere wat gewoonlik as sku of kwaai beskou is teenoor my kalm en mak opgetree het. My verhouding met my ouerhuis was daarenteen vreemd en gespanne. Spoedig streef ek na volle selfstandigheid om uit die omgewing van misverstand van my familie weg te kom."

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning