1949 - in die middelpunt van openbare belangstelling
Bruno Gröning se werk in Herford
Duisende siekes en hulpsoekers oorlaai Gröning
Die negejarige Dieter Hülsmann was reeds geruime tyd bedlêend. Hy het aan progressiewe spierdistrofie gely en nie een van die dokters en professore wat geraadpleeg is kon hom help nie. Nadat Bruno Gröning hom oor die kind ontferm het, kon hy weer loop. Ingenieur Hülsmann, oorweldig deur die skielike genesing van sy seun, vra die gas om aan te bly. Hy wou nog ander siekes uitnooi wat – volgens Hülsmann - deur die "wonderman" gehelp moes word. Bruno Gröning neem die aanbod aan en van dag tot dag kom meer en meer hulpsoekers. Meer en meer mense hoor van die wondergebeurtenisse rondom Gröning. Dit duur nie lank nie, of sy naam is op almal se lippe. Koerante berig oor die "wonderdokter" en in die Britse sone word dit 'n daaglikse besprekingspunt. Duisende stroom na die Wilhelmsplatz en die mensemassa pak die huis toe.
Manfred Lütgenhorst van die koerant Münchner Merkur skryf op 24 Junie1949 onder andere: "Toe ek die oggend om 10:30 in Herford aankom, staan daar voor die tweeverdieping huis op die Wilhelmsplatz omtrent 'n duisend mense. Dit was 'n onbeskryflike beeld van ellende. Tallose verlamdes in rystoele, ander wat deur hulle familie gedra word, blindes, doofstommes, moeders met geestelik en fisies gestremde kinders, oumatjies en jongmans, almal drom saam en kreun. Bykans honderd motors, vragmotors en busse was op die plein geparkeer, almal het van heinde en verre gekom."
Verlammings, maagsere, blindheid: "Mnr. Gröning kyk my aan en nou is ek weer ten volle genees."
Manfred Lütgenhorst verder: " 'Glo julle dat julle genees gaan word?' vra ek aan die siekes. Hulle knik. 'Jy moes gister hier gewees het', antwoord een. 'Mnr Gröning was nie hier nie maar in Viersen in die Rynland, en hier voor die huis het vyf verlamdes opgestaan en gesond huistoe gegaan. Afstandsgenesing - die huis het hulle genees.' Die ander siekes bevestig dit.
Ek gaan verder deur die skare en skryf hulle wonderlike vertellings neer. Dit alleen is genoeg om 'n boek vol te maak. Toe ek 'n sigaret aansteek, sê 'n jongman langs my: 'Verkoop asseblief vir my een!' Hy dra 'n uniformjas en lyk soos 'n teruggekeerde uit Rusland. Ek gee hom die sigaret. Hy steek dit aan en sê: 'Sien jy, ek kan alles weer self doen.' Hy beweeg sy regterarms en vingers en sy regterbeen. 'Is jy ook deur Gröning genees?' vra ek. 'Ja, in Rusland het ek verlamming aan die regterkant opgedoen. Mnr Gröning het my aangekyk en nou is ekweer volkome gesond, ek kan dit nog nie glo nie.' Vrolik swaai hy sy ledemate rond.
Ek loop na 'n groep wat om 'n blonde vrou van ongeveer veertig jaar geskaar is. 'Natuurlik', hoor ek die vrou sê, 'is ek ook deur mnr Gröning genees. Ek het enorme maagsere gehad, het al maerder geword en kon van die pyn nie meer slaap nie. Ons was twaalf persone by Gröning. [...] Hy het my aangekyk en skielik was dit asof die maagsere soos klippe na die grond val. Sedertdien het ek geen pyn meer nie, het begin om gewig aan te sit en die X-strale wat ek laat neem het, wys onteenseglik dat die maagsere verdwyn het. Ek het my beskikbaar gestel vir 'n mediese ondersoekkomitee. Ek kan julle verseker dat hulle stomgeslaan was!'
Die vrou gaan voort: 'Maar dis nog niks. Die vorige week staan hier 'n blinde man voor die huis. Hy het 'n paar dae en nagte aanmekaar gewag. Omdat ek dikwels hier verbykom, het dit my opgeval. Ek het hom jammer gekry en hom uitgenooi vir ete. 'Nee', wys hy dit van die hand, 'Ek mag die oomblik nie misloop wanneer mnr Gröning hier uitkom nie.' Toe bring ek vir hom broodrolletjies en sê vir hom dat ek sal sorg dat hy na die stasie geneem word. 'Ek het niemand nodig nie want ek sal alleen na die stasie kan stap.' En toe sien ek dit my eie oë. Mnr Gröning kom en die jongman skree 'Ek kan weer sien!' Werklikwaar, die sluier is van sy oë gelig. Hy beskryf aan my die aktetas wat ek in die hand het. Hy sê: 'Daar ry 'n motor, en daar is die nommerplaat', en op sy eie kry hy die pad na die stasie. Al dieomstanders het van vreugde gehuil."
Genesingsverbod deur die owerhede en die medici
Dit duur nie lank nie, of die owerheid - veral die gesondheidsowerhede - begin hulle met die saak bemoei. 'n Ondersoekkommissie word opgestel en Bruno Gröning word verbied om genesing te doen. 'n Paar invloedryke dokters was sy verklaarde vyande. Hulle doen alles in hul vermoë om sy werk in die wiele te ry en eis dat sy genesende vermoë aan wetenskaplike toetsing onderwerp word. Die werklike gesindheid wat agter die genesingsverbod geskuil het, word duidelik uit die volgende uitsprake van die betrokke medici: " Gröning kan bewys wat hy wil, hy sal nie toegelaat word om genesing te doen nie." "Dit druis in teen die professionaliteit van dokters, om hulle met Gröning in te laat." Aan die einde van Junie moes hy Herford finaal verlaat. Alle pogings om die genesingsverbod opgehef te kry het skipbreuk gely.