Die mens is gees

Die liggaam is slegs die aardse omhulsel vir gees en siel

Bruno Gröning lachtBruno Gröning verklaar aan sy toehoorders die ware wese van die mens: "Wie is julle?" vra hy. Geeneen van sy toehoorders weet dit behalwe om sy naam te noem nie. Dit tel egter nie by Bruno Gröning nie. "Is jy jou liggaam?" vra hy verder. Op ons swye lê hy vir ons uit dat ons oorspronklik 'n gees is, nie liggaam nie. Ons liggaam is maar slegs aan ons deur God geleen vir die aardse bestaan, verkry by geboorte en om terug te gee aan die aarde by ons dood. Ons siel vorm die verbinding tussen gees en liggaam en neem die ervarings van goed en kwaad saam na die hiernamaals. Die siel is die draer van die goddelike vonk wat die verhouding met God moontlik maak vanaf die oomblik dat die mens hom in die geloof oopstel. As die siel hom in ongeloof afsluit, bly die verbinding met God afgesny.

Die liggaam is dus nie die wese van die mens nie maar slegs die aardse omhulsel van gees en siel. So is met die sterwe van die liggaam alles nie verby, soos deesdae baie mens glo nie, maar gaan die lewe voort. Dit is nie aan die liggaam gebonde nie.

Die mens is nie sleg nie – net as hy homself verwaarloos verval hy in die bose

Die mens is gees, sy liggaam 'n geskenk wat God aan hom beskikbaar stel as werktuig vir sy lewe op aarde. Die eintlike bestemming van die mens is om die liggaam ten goede te benut en met die hulp daarvan goeie gedagtes in dade om te sit. Deur die vrye wil het die mens egter ook die moontlikheid om die liggaam ten kwade te misbruik, om te steel, te dood, te vernietig. Aan die dade van 'n mens kan mens sien met wie hy in verbinding is, in wie se diens hy staan: in diens van God of in diens van Satan. Dit wil nie sê dat die mens as sodanig goed of sleg is nie, maar:

"Die mens is en bly goddelik, hy is nooit duiwels, nooit satanies, nooit sleg nie. Hy kan slegs as hy God verlaat, as hy homself verwaarloos, deur die kwade oorgeneem word. Die kwade gryp hom en hy moet vervolgens die kwade dien. Dit is nie die mens wat die kwade doen nie maar die kwade self. Van die kwade kan ons niks goeds verwag nie, maar eweneens niks kwaads van God nie!"

"As hy [die mens] te swak is, verval hy in die kwade, val hy na benede, dan kan hy hierdie weg wat omhoog voer nie meer bewandel nie. Dit ontbreek hom aan die krag, hy val na benede, val in die arms van die kwade en is aan die kwade oorgelewer. As daar nie 'n reddende helpende hand kom om hom daaruit te trek nie, is hy vir 'n hele tyd verlore. Hy sal daar dan die kwade moet dien."

Elke gedagte het ’n uitwerking

Dit is elke mens se plig om sy liggaam in orde te hou. Elke negatiewe gedagte, elke kwade woord en elke slegte daad doen skade aan die liggaam, d.w.s. wanneer die gees nie met God in verbinding is nie en hom oorgee aan die negatiewe krag, dan kan dit lei tot siekte van die liggaam.

As die siel egter opnuut oopgestel word vir die goddelike krag om in te stroom en met die gees verbind word, sal die genesing van die liggaam volg. Om hierdie rede is die eie geesteshouding so beslissend. Genesing mag nooit belowe word nie. Dit hang van die mens self af hoe hy hom oopstel vir die goeie en hoe hy die leer van Bruno Gröning ter harte neem. Behandeling van die liggaam kan slegs die uitwerking bestry maar nie die oorsaak uit die weg ruim nie. Dit kan die mens slegs self doen deurdat hy die "groot ommekeer" bewerkstellig.

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning