Einstellen

Die korrekte liggaams- en sielshouding vir opname van die goddelike heilstrom

Bruno Gröning mit HundDie geestelike krag wat die genesing bewerkstellig noem Bruno Gröning die heilstrom. Daarmee saam gebruik hy ook die begrippe heilgolf en goddelike krag. Hoe kan die mens die Heilstrom in homself opneem en hom oopmaak vir die goddelike krag? Bruno Gröning het vir die hulpsoeker die volgende posisie aanbeveel: arms en bene moet nie gekruis wees nie en die handpalms moet oop na bo op die bobeen rus. Behalwe vir hierdie uiterlike is dit ook belangrik om alle steurende gedagtes af te skakel en heeltemal te konsentreer op wat in die liggaam gebeur. 'n Oop gelowige geesteshouding is die basiese voorwaarde. Op hierdie manier kan 'n mens jou oopmaak vir die instroom van die genesende krag. Bruno Gröning het gesê: "God gee ons al die goeie, ons moet slegs alles van Hom wat Hy vir ons stuur in ons opneem. Dus - doen dit!"

Hoekom die liggaamshouding so belangrik is, verklaar hy as volg: "Wie nog 'n vry beweeglike liggaam het, verkramp dit dikwels so graag. Dit is ook 'n mag, die mag van gewoonte. Om bene te kruis, oormekaar geslaan; sekerlik kan jy dan lekker luierig sit, d.w.s. sy liggaam eers lekker uitrek. Moet dit egter nie doen as jy die goddelike, die goeie wil ontvang nie. Dan moet jy vry en ontspanne wees met oop hande, met leë hande moet jy daar sit of staan."

In sy boek Die grosse Umkehr (Die groot ommekeer) skryf Kurt Trampler (geneesde, sporadiese medewerker van Bruno Gröning, joernalis en skrywer): "Belangrik [...] is behalwe innerlike voorbereiding ook 'n skynbaar klein maar tog wesenlike uiterlike. 'n Mens moet regop sit sonder om teen iets te leun en die bene en hande moet nie aan mekaar raak nie. As die hande mekaar sou raak, ontstaan volgens Gröning 'n kortsluiting van die lewenstroom in die bolyf en as die bene mekaar raak of selfs oormekaar geslaan is, lei dit tot dieselfde skade in die onderlyf. Diegene wat sulke foute uit gewoonte maak, sou selfs op die lange duur werklik onaangename siektes na hulle aantrek."

Let op wat jy in jou eie liggaam waarneem

Die bewustelike opneem van die krag het Bruno Gröning "einstellen" genoem. Die mens stel om dus in op die ontvangs van die heilstroom. Waar en wanneer dit plaasvind is nie deurslaggewend nie. Dit is slegs belangrik dat 'n mens rustig is, alle steurende gedagtes afskakel en noukeurig oplet wat in die liggaam gebeur. Bruno Gröning het sy toehoorders altyd weer gevra wat hulle gevoel het.

"Jy moet jou maar net daarop instel om hierdie ware goddelike uitsending te ontvang, beter gesê, te verkry. Hoe jy hierdie uitsending verkry, vind jy self uit. Maar ek moet steeds weer sê, eers dan as jy werklik aandag aan jou liggaam skenk, sal jy oplet wat daarin gebeur, nie buite om nie maar slegs daarbinne, in jou eie liggaam."

Elke mens kan die Heilstrom aan eie lyf bespeur. Die een voel 'n krieweling, die ander 'n koue of warm rilling. 'n Ander weer, moet arms of bene beweeg, 'n volgende homself skud. So veroorsaak die Heilstrom die mees verskillende reaksies by verskillende mense.

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning