Die groot ommekeer

Skei van die siekte en glo in gesondheid

Tausende suchten die Hilfe bei Bruno Gröning am Wilhelmsplatz.

Om jou in die gedagte met die siekte besig te hou beteken om daaraan vas te hou

Bruno Gröning het die mense steeds weer opgeroep tot die "groot ommekeer". Hy het hulle aangespoor om die geloof in die goeie in die daad om te sit en af te sien van slegte gewoontes. In die eerste plek vra hy die mense om nie aan siekte te dink nie. Hy hou steeds vol dat die siekte van die kwade kom en die kwade is. Om jou hiermee besig te hou beteken dat jy met die kwade besig is. Dit verhinder die genesingsproses en kan dit selfs onmooontlik maak. "Hy wat homself met siekte besighou, hou dit vas en versper die weg aan die goddelike krag."

Die mens moet hom van die siekte losmaak en dit nie as sy eiendom beskou nie maar hierin die euwel sien. "Siekte hoort nie by die mens nie!"

Gee die siekte af aan Bruno Gröning

Bruno Gröning het aan die mense 'n aanbod gemaak om die siekte van hulle weg te neem. "Gee my jou siekte en jou sorge! Alleen gaan jy nie daarmee regkom nie. Ek dra dit vir jou. Maar gee dit vrywillig, ek sal nie steel nie!"

"As jy die siekte blootlê sodat ek dit van jou kan wegneem, is dit goed; as jy daaraan vashou dan mag ek ook niks doen nie. Die sewende gebod verbied dit: 'Jy mag nie steel nie!' As ek die siekte met geweld van die mens verwyder, sou ek sondig. Ek mag nie steel nie! Wie van sy siekte hou, hou dit vas, die wat daarvan kan vergeet, van hulle neem ek dit weg in so verre dat hulle dit vrystel, nie slegs in die gedagte nie, ook in dade. Luister na my woorde! Ek wil jou nie beïnvloed nie. As jy die siekte vrystel, dan neem ek alle kwale van jou af!"

Eerstens moet die mens ’n innerlike ommekeer in homself berwerkstellig

Hoe belangrik Bruno Gröning die innerlike ommekeer van elkeen beskou het, verduidelik die volgende uittreksel uit die boek Die große Umkehr van Kurt Trampler (geneesde, sporadiese medewerker van Bruno Gröning, joernalis en skrywer): "Ook in persoonlike gesprekke het ek dikwels van Gröning die besliste standpunt gehoor dat hy die verantwoordelikheid voor God dra om die 'genesing deur suiwer goddelike krag' slegs aan diegene te voltrek wat ten minste die goeie wil het om volgens die goddelike wet telewe, en dit te weerhou van diegene wat nie bereid is om van die kwade af te sien nie."

'Ek sou,' so het hy gesê,''n massagenesing so kon voltrek dat ek kon sê: Alle siekes van 'n stad of 'n land word gesond! Maar sou daarmee nie meer verloor word as wat gewen word nie? Sou die slegtes onder die siekes daarmee tot ommekeer bereid wees? Sou hulle nie slegs die herwonne gesondheid misbruik nie? Nee, eers moet die mens 'n innerlike ommekeer in homself bewerkstellig, eers moet hy bereid wees om die duiwelse uit homself uit te skeur en die pad na God te vind. Eers dan is hy werd om genees te word.'"

Die oorspronklike mens was nie siek nie

Die volgende woorde van Bruno Gröning verduidelik hierdie uitspraak en verklaar die ontstaan van siekte: "Hoe het dit hoegenaamd daartoe gekom dat die mens siek geword het? Die oorspronklike mens was nie siek nie. Die mense het sleg geword, steeds slegter van geslag tot geslag. Die slegtigheid het so wyd uitgebrei dat dit spoedig nie meer moontlik is om te leef nie. Twis en stryd, selfs in die gesin, meer oorlog as vrede onder die volkere! Die sorge het 'n geestelike leed oor die mensheid gebring en dit is so diep gewortel dat die mense moes siek word. Die een belas geestelik die ander. Die mense is bedorwe, hulle het hulself van die natuurlike verwyder, baie het geloof in God verloor. Wie egter die goddelike pad byster raak, raak ook sy gesondheid kwyt."

As die mens gesondheid wil terugkry deur Bruno Gröning, dan moet hy bereid wees om van die "slegtigheid" af te sien. Hy moet syrug draai op die slegte, die siekte, hom daarvan losmaak, nie meer dink aan "my asma, my rumatiek ensovoorts" nie. Dit is nie altyd so maklik nie. Dit vereis 'n innerlike verandering. Die mens moet sy denke fundamenteel omskakel. Hy moet nie meer soos gewoonlik aan die siekte nie, maar aan die gesondheid glo. Hy moet die geloof opneem dat selfs ongeneeslike siektes genees kan word.

"Met blote verstand kan ek nie begryp word nie"

Wat verwag Bruno Gröning daar van diegene wat hulp soek! Kom logiese denke nie in verset om so'n eis ernstig op te neem nie? Hoe moet gewrigte wat misvorm is deur gewrigsontsteking weer in orde kom, verlamde ledemate weer in staat kom om te funksioneer? Hoe kan dit moontlik wees om siekte aan Bruno Gröning af te gee sonder dat hy die kleinste behandeling verrig, ja selfs sonder dat die siekte selfs aan hom beskryf word? Is dit nie 'n belediging vir elke nugter denkende mens nie?

Dit is inderdaad 'n groot ommekeer wat Bruno Gröning van die mens verwag. Dit beteken om elke wetenskaplike verstandsgeöriënteerde denke opsy te skuif en die geloof op te neem in iets hoërs. Sy leer berus op heeltemal ander prinsiepe as die van die huidige gebruiklike verstandige denke wat uit die materialistiese tydgees voortgekom het. Daarom het hy dikwels gesê: "Ek kan beslis nie met die verstand begryp word nie."

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning